MINI-BRANDEWYNPOEDINGS MET VANIELJEROOM

Kuier Combo - - Winterpoedings -

Le­wer 1 groot poeding of 6 – 8 klein­tjies, af­han­gend van jou bak­kies BESTANDDELE

Vir die koek­be­slag 280 g ont­pit­te da­dels 300 ml kook­wa­ter 1 tee­le­pel koek­so­da 60 g bot­ter of mar­ga­rien 200 ml sui­ker 2 groot ei­ers 200 g koek­meel ’n Ruim k­nip­pie sout 1 tee­le­pel fyn gem­mer ½ tee­le­pel ge­meng­de spe­se­rye 1 tee­le­pel bak­poei­er Vir die stroop 250 ml sui­ker 250 ml wa­ter 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce 120 ml bran­de­wyn

ME­TO­DE

Koek­be­slag: Plaas die da­dels, koek­so­da en kook­wa­ter in ’n bak­kie en roer deur. Room die bot­ter en sui­ker saam in ’n an­der bak. Voeg dan die ei­ers een vir een by die bot­ter-en-sui­ker-meng­sel en roer goed na el­ke by­voe­ging. Sif die droë bestanddele saam en roer by die ei­er­meng­sel in. Roer dan dié meng­sel ver­sig­tig by die da­del-meng­sel en meng lig­gies. Skep in ra­mek­ins of in­di­vi­du­e­le klein tert­bak­kies. Plaas op ’n bak­plaat en bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C vir 20 – 25 mi­nu­te. Stroop: Kook die wa­ter en sui­ker vir ’n paar mi­nu­te saam of tot die sui­ker op­ge­los is. Haal van die plaat af en roer die va­nil­la es­sen­ce en bran­de­wyn by. Giet die warm stroop oor die warm poe­dings en be­dien met room of vla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.