MIKROGOLF-SJOKOLADEPOEDING IN KOP­PIES

Kuier Combo - - Winterpoedings -

Ge­noeg vir 1 – 2

Die re­sep is kin­der­spe­le­tjies en kan in ’n kits aan­me­kaar ge­slaan word.

BESTANDDELE

3 eet­le­pels bot­ter, ge­smelt ¼ kop­pie koek­meel ¼ kop­pie sui­ker ¼ tee­le­pel bak­poei­er ’n K­nip­pie sout ½ tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce 2 eet­le­pels co­coa-poei­er 2 eet­le­pels kook­wa­ter 2 eet­le­pels kar­ring­melk 2 eet­le­pels cho­co­la­te chips 2 eet­le­pels neu­te van jou keu­se (op­si­o­neel)

ME­TO­DE

Meng al die bestanddele saam in ’n groot kof­fie­be­ker en mikrogolf op 100% krag vir 2 mi­nu­te. Laat staan vir 3 mi­nu­te in die mikrogolf vir die kook­pro­ses om te vol­tooi. Be­dien met room­ys in die so­mer of ge­klop­te room of vla in die win­ter. Vir ’n klei­ner por­sie, kan die be­slag tus­sen 2 kop­pies ver­deel word. Volg dan die­self­de stap­pe soos bo om die poeding gaar te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.