OOP KWEPER EN GEMMERTERT

Kuier Combo - - Winterpoedings -

Ge­noeg vir 4 – 6

Kweper is een van daar­die vrug­te­soor­te wat soms ge­ring ge­skat en mis­ge­kyk word. Maar as jy nie weet wat om met jou kwe­pers te doen nie, pro­beer ge­rus dié re­sep.

BESTANDDELE

1 rol klaar­be­rei­de puff pa­stry, teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur 3 groot kwe­pers, ge­skil, ont­pit en in sky­we ge­sny 1 duim­groot­te stuk vars gem­mer, ge­skil en in dun re­pies ge­sny 3 eet­le­pels ge­sou­te bot­ter 4 eet­le­pels sag­te bruin­sui­ker ¼ tee­le­pel fyn­ge­maal­de kar­da­mom ’n K­nip­pie va­nil­la-saad­jies 1 eet­le­pel suur­le­moen­sap 2 eet­le­pels strooi­sui­ker 1 ei­er, ge­klits vir smeer

ME­TO­DE

Voor­ver­hit jou oond tot 180°C. Smelt die bot­ter in ’n kleef­vrye pan. Voeg die kwe­pers, gem­mer, kar­da­mom en va­nil­la-saad­jies by. Roer deur, voeg die bruin­sui­ker en suur­le­moen­sap by en roer weer. Prut oor ma­ti­ge hit­te vir on­ge­veer 20 mi­nu­te, maar moe­nie dat dit aan­brand nie. Voeg ’n skeut­jie wa­ter by in­dien no­dig. Haal ná 20 mi­nu­te van die plaat af en laat ef­fens af­koel. Voer ’n bak­plaat met bak­pa­pier en spuit met Spray and Cook. Rol die deeg oop op die bak­plaat en skep die vrug­te­meng­sel in die mid­del van die deeg. Vou die rand­te van die deeg om, so­dat dit ’n wal­le­tjie maak wat die vrug­te bin­ne hou. Verf die deeg met ’n ge­klits­te ei­er. S­prin­kel strooi­sui­ker oor die deeg en die vrug­te en bak vir 30 – 40 mi­nu­te. Haal uit die oond en laat ef­fens af­koel voor jy dit met ge­klop­te room be­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.