SJOKOLADEPANNEKOEKE

Kuier Combo - - Winterpoedings -

Ge­noeg vir so­wat 30 mid­del­slag-pan­ne­koe­ke BESTANDDELE

2 x 250 ml (240 g) koek­meel 50 ml ka­kao 3 ml bak­poei­er 5 ml sout 15 ml strooi­sui­ker 4 ek­stra­groot ei­ers 500 ml melk 250 ml o­lie 5 ml va­niel­je­geur­sel of bran­de­wyn

ME­TO­DE

1. Sif die koek­meel, ka­kao, bak­poei­er, sout en sui­ker saam. K­lits die ei­ers en klop die melk ge­lei­de­lik by. 2. K­lits die melk­meng­sel ge­lei­de­lik by die meel­meng­sel om te keer dat klon­te vorm – die meng­sel moet glad en lo­pe­rig wees. As dit klon­te­rig is, kan jy ’n voed­sel­ver­wer­ker of hand­men­ger ge­bruik om van die klon­te ont­slae te raak óf jy kan dit deur ’n sif gooi. 3. Klop die o­lie in ’n dun straal­tjie by – die be­slag sal ef­fens ver­dik. Roer die va­niel­je­geur­sel by en laat die be­slag vir so­wat ’n uur staan voor­dat jy die eer­ste pan­ne­koek bak. 4. Ver­hit ’n staal- of giet­ys­ter­pan. Skep net ge­noeg be­slag in die pan om die bo­dem te be­dek, kan­tel die pan dat die be­slag oor die bo­dem kan ver­sprei en sit die pan te­rug op die hit­te. Bak dit vir so­wat ’n mi­nuut. Keer die pan­ne­koek om en braai vir nog so­wat ’n mi­nuut. Hou die pan­ne­koe­ke warm op ’n bord oor ’n ka­strol met warm wa­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.