MELKSNYSELS

Kuier Combo - - Winterpoedings -

Ge­noeg vir 6 BESTANDDELE

250 ml koek­meel, ge­sif ’n K­nip­pie sout 15 ml bot­ter 30 ml koue wa­ter 2,5 li­ter melk 2 ka­neel­stok­kies ’n Reep droë le­moen­skil So­wat 250 ml sui­ker Ka­neel- of si­trus­sui­ker

ME­TO­DE

1. Vryf die bot­ter by die meel en sout in tot­dat dit soos grow­we brood­krum­mels lyk. Voeg die wa­ter bie­tjie-bie­tjie by en meng tot ’n sty­we deeg vorm. Knie dit op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak tot glad en rol dit dan baie dun uit. S­trooi ’n dik laag meel bo-oor en rol die deeg styf op soos ’n pan­ne­koek. Sny met ’n skerp mes­sie baie dun frum­mels af. Sit die frum­mels in ’n bak­kie meel ter­wyl jy die res sny, en roer dit kort-kort met ’n vurk soos jy nog frum­mels by­voeg. 2. Bring die melk tot kook­punt met die ka­neel­stok­ke en le­moen­skil daar­in. Roer die sui­ker by tot dit op­ge­los is. S­trooi die sny­sels ge­lei­de­lik by die melk ter­wyl jy deur­gaans met ’n bal­lonk­lit­ser roer. Laat kook vir so 3–5 mi­nu­te tot lek­ker dik. Ver­wy­der van die hit­te en sit voor met ek­stra ka­neel- of si­trus­sui­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.