Kuier Combo

PRAWN-WRAP

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Vir die garnale 2 eetlepels botter 2 eetlepels olie 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, pitte en naatjies verwyder 400 g prawns (garnale), koppe en ontlasting­pypies verwyder Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Vir die samestelli­ng 4 wraps Roket of blare van jou keuse 1 groot of 2 kleiner avokado’s, ontpit, geskil en in blokkies gesny 1 eetlepel balsamiese asyn 2 eetlepels mayonnaise Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Verhit die botter en olie in ’n groot pan oor matige tot hoë hitte en braai die knoffel en rissie daarin vir ’n minuut of twee. Voeg die prawns by, geur met sout en peper en braai vir 2 – 3 minute totdat die prawns pienk verkleur en net-net gaar is. Laat effens afkoel en verwyder die doppe versigtig om die vleis mooi heel te hou. Laat heeltemal afkoel. Pak blare in die middel van die wraps en rangskik die prawns en avokadoblo­kkies bo-op. Meng die balsamiese asyn met die mayonnaise en giet ‘n bietjie oor elkeen van die hopies op die wraps. Geur met sout en peper, rol op en bedien. Garneer met skyfies suurlemoen. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa