PANNEKOEK MET SALM EN MAASKAAS

Kuier Combo - - Wraps -

Ge­noeg vir 4 BESTANDDELE

Vir die pan­ne­koe­ke 2 ei­ers 2½ kop­pies wa­ter ½ kop­pie kook­o­lie 2 eet­le­pels a­syn ½ tee­le­pel koek­so­da ½ tee­le­pel sout 2 kop­pies koek­meel 2 tee­le­pels bak­poei­er Ek­stra o­lie vir bak Vir die vul­sel ’ n Hand­vol jong­spi­na­sie­bla­re (En­g­lish S­pi­nach), grof­weg ge­kap 200 g ge­rook­te salm (die oor­skotstuk­kies – off-cuts – is goed­ko­per en net so lekker), in klei­ner stuk­kies ge­kap 1 x 250 g hou­er glad­de maaskaas (smooth cot­ta­ge c­hee­se) Ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen 1 eet­le­pel suur­le­moen­sap 5 ma­ti­ge pep­pa­dews, ge­snip­per Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak

METODE

K­lits die ei­ers goed en voeg ½ kop­pie van die wa­ter by. Voeg die o­lie en a­syn by. Sif die koek­meel, koek­so­da en sout saam en voeg om die beurt met die res van die wa­ter by die meng­sel. Roer die bak­poei­er laas­te by. Laat die meng­sel 30 mi­nu­te lank staan. Ge­bruik net ’n ei­na-klein bie­tjie o­lie om die eer­ste pannekoek te bak. Giet net ge­noeg van die be­slag in die pan om die bo­dem net-net te be­dek. Wag tot klein bla­sies vorm en draai die pannekoek om om aan die an­der kant ook lig­goud van kleur te bak. Plaas die gaar pan­ne­koe­ke op ’n bord ter­wyl jy die res bak. Ek sny ge­woon­lik klein vier­kant­jies bak­pa­pier vir tus­sen­in die pan­ne­koe­ke so­dat hul­le nie aan me­kaar vas­sit nie, maar dis nie reg­tig no­dig nie. Meng al die bestanddele vir die vul­sel in ’n klei­ne­ri­ge meng­bak. Skep ’n bie­tjie van die vul­sel in ’n lyn van die bo­kant tot die on­der­kant in die mid­del van el­ke pannekoek so­dat dit lyk as­of jy ’n “wors” daar neer­ge­lê het. Sny die pannekoek in 4 klei­ner rol­le­tjies en be­dien met ’n slaai as lig­te ete of as sou­ti­ge snoep­hap­pie by ’n tee­par­ty­tjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.