SOUTVLEIS MET MOSTERDSOUS & KNOFFELMAYO

Kuier Combo - - Kouevleis -

Ge­noeg vir 6 – 8 BESTANDDELE

1 ge­pie­kel­de soutvleis 1 ui 1 wor­tel 1 stin­gel­sel­de­ry 2 lou­rier­bla­re (bay le­a­ves) 3 krui­e­na­el­tjies 1 ei­er 2 tee­le­pels mos­terd­poei­er 2 tee­le­pels sui­ker A­syn ’n Knip­pie sout ½ kop­pie Hel­l­mans-ma­yon­nai­se 2 eet­le­pels spriet­uie (chi­ves), ge­kap 1 tee­le­pel knof­fel, ge­ras­per

METODE

Plaas die soutvleis, ui, wor­tel, sel­de­ry, lou­rier­bla­re en na­el­tjies saam in ’n pot. Be­dek met koue wa­ter, bring tot kook­punt en kook oor ma­ti­ge hit­te tot sag. Skep die soutvleis uit en laat ef­f­fens af­koel voor jy dit voor­sny. Plaas die ma­yon­nai­se, chi­ves en knof­fel saam in ’n bak­kie en meng goed deur en sie­daar, knof­fel­ma­yon­nai­se. Meng die ei­er, mos­terd­poei­er, sui­ker, a­syn en sout saam in ’n bak­kie. Plaas oor ‘n pot­jie met kook­wa­ter wat lig­gies prut. Roer die sou­sie deu­ren­tyd tot­dat die sui­ker op­ge­los is en die sou­sie be­gin ver­dik. Laat af­koel. Be­dien die ge­sny­de soutvleis met die mosterdsous en knof­fel­ma­yon­nai­se. Bei­de sou­sies kan vir ’n paar dae in fles­sies in die ys­kas ge­be­re word. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.