Kuier Combo

TERIYAKI-HOENDERSOS­ATIES MET KNOFFEL, GEMMER EN HEUNING

-

Genoeg vir 2

Braai die sosaties of maak dit in ’n riffelyste­rpan gaar – dis ongeloofli­k lekker.

BESTANDDEL­E

500 g hoenderbor­sfilette, gehalveer Vir die marinade 4 eetlepels Teriyaki-sous 1 teelepel knoffel, opgekap ½ teelepel vars gemmer, gerasper 4 teelepels heuning Olie Sosaties-stokkies (week hout- of bamboessto­kkies ’n halfuur in water) 2 koppies gaar Spekko Long Grain Parboiled Rice

METODE

Sny die borsies in 1 cm breë strokies. Klits die Teriyaki-sous, knoffel, gemmer en heuning saam met ’n vurk. Roer die hoender by, bedek met kleefplast­iek en marineer in die yskas vir ’n paar uur of oornag. Ryg die strokies op sosatie-stokkies, verhit die riffelpan en braai die sosaties met ’n bietjie olie sowat 2 minute per kant tot gaar; of braai op die vuur. Verhit die oorblywend­e marinade in ’n klein potjie en kook stadig tot dit effens verdik. Bedien met Spekko Long Grain Parboiled Rice en ’n groen slaai. SA se eerste MasterChef, Deena Naidoo, het die resep vir Spekko ontwikkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa