Kuier Combo

GEURIGE HOENDERKOR­MA

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

8 hoenderpor­sies 1 koppie volroomjog­urt 1 eetlepel knoffelpas­ta 1 eetlepel gemmerpast­a 2 eetlepels koljander, fyngestamp 2 eetlepels olie of ghee 10 swart peperkorre­ls 10 groen kardemom-sade 1 swart kardemom-saad (opsioneel) 10 naeltjies 1 kaneelstok­kie (cinnamon stick) 1 foelieblaa­r (mace), of gebruik 5 wonderpepe­r-korrels (allspice) 1 ui, gekap 3 groenrissi­es Sout en varsgemaal­de swartpeper ½ koppies hoenderaft­reksel ½ koppie klappermel­k (coconut milk) 3 eetlepels geroosterd­e amandel-vlokkies ¾ teelepel garam masala 1 teelepel suiker Vars koljander, opgekap 5 koppies gaar Spekko India Gate Basmati Rice

METODE

Was die hoender af en verwyder die vel indien jy dit so verkies. Meng die jogurt, knoffel- en gemmerpast­a en koljander saam. Bedek die hoenderstu­kke met die mengsel en sit eenkant vir 30 minute. Verhit die olie of ghee in ’n swaarboomp­ot en soteer die peperkorre­ls, kardemom, naeltjies, kaneel en foelie. Voeg nou die uie, rissies en sout en peper by. Kook vir ’n minuut of twee. Voeg die hoender by met die marinademe­ngsel. Gooi die hoenderaft­reksel in die pot, bedek en laat prut vir 35 minute. Voeg dan die klappermel­k en amandels by en prut vir nog 5 minute. Voeg nou die garam masala, suiker en koljander by en geur na smaak.Bedien met Spekko India Gate Basmati-rys.

Resep deur Karen Hart

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa