HERTZOGGIES

Kuier Combo - - Soettend -

Le­wer 60 koe­kies BESTANDDELE

VUL­SEL 500 ml (2 k) wa­ter 250 ml (1 k) sui­ker 6 kar­de­mom­peu­le, ge­kneus 625 ml (2½ k) klap­per 125 ml (½ k) ap­pel­koos­kon­fyt DEEG 250 g bot­ter 125 ml (½ k) sui­ker 15 ml (1 e) son­ne­blom­o­lie 5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel 1 ei­er, ge­klits 4 x 250 ml (500 g) koek­meel 10 ml (2 t) bak­poei­er

METODE

VUL­SEL: Meng die wa­ter, sui­ker en kar­de­mom­peu­le in ’n swaar­boom­ka­strol en ver­hit sta­dig. Roer aan­hou­dend tot die sui­ker op­ge­los het en voeg dan die klap­per by. Laat die klap­per­meng­sel vir nog 5 mi­nu­te lig­gies kook, ver­wy­der van die hit­te en hou een­kant om af te koel. Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en smeer ’n klein kol­wyn­tjie­pan. DEEG: Room die bot­ter en sui­ker saam tot lig en don­sig. Voeg die o­lie, va­niel­je­geur­sel en ei­ers by die bot­ter­meng­sel en meng goed. Sif die meel en bak­poei­er saam oor die bot­ter-meng­sel en meng goed deur tot ’n ferm deeg vorm. Plaas ’n laag was­pa­pier oor die deeg en rol dit e­ga­lig op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak uit. Druk die deeg­kop­pies met ’n ge­tan­de koe­kie­druk­ker uit (dit moet soos ’n blom­me­tjie lyk) en plaas dit in die hol­tes van die kol­wyn­tjie­pan. Skep on­ge­veer 5 ml (1 t) van die klap­per­meng­sel in elk­een van die deeg­dop­pies. Bak dit vir 15 – 20 mi­nu­te of tot goud­bruin en gaar. Ver­wy­der die koe­kies uit die kol­wyn­tjie­pan en laat dit op ’n draad­rak­kie af­koel. Skep ap­pel­koos­kon­fyt bo-op die klap­per­vul­sel in die deeg­dop­pies en be­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.