PYNAPPELYSKASTERT

Kuier Combo - - Milkshakes -

Ge­noeg vir 6 – 8 BESTANDDELE

1 pak­kie ten­nis­be­skuit­jies 1 pak­kie pyn­ap­pel­jel­lie 1 kop­pie kook­wa­ter 1 kop­pie room 1 x 250 g hou­er glad­de maaskaas (smooth cot­ta­ge c­hee­se) 2 eet­le­pels suur­le­moen­sap 1 x 390 g blik kon­dens­melk 1 x 400 g blik ver­pulp­te pynappel 1 eet­le­pel Mai­ze­na

METODE

Pak die ten­nis­be­skuit­jies on­der in ’n vier­kan­ti­ge of reg­hoe­ki­ge tert­bord of glas­bak. Los die jel­lie in die kook­wa­ter op en laat ef­fens af­koel. K­lits die room styf en roer die maaskaas, suur­le­moen­sap en kon­dens­melk by. Meng dit met die jel­lie en giet bo-op die koe­kielaag. Plaas in die ys­kas tot heel­te­mal ge­stol. Drei­neer die pyn­ap­pel­pulp – be­hou die sous. Giet die sous in ’n ka­strol­le­tjie en kook ’n bie­tjie af. Meng die Mai­ze­na met n bie­tjie koue wa­ter en roer by die sous. Roer tot­dat die sous be­gin dik word. Laat af­koel en meng met die pulp. Skep bo-op die ge­stol­de tert en plaas te­rug in die ys­kas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.