DAP­PER VEG­TER

Kuier - - Ware lewensdrama -

sy smag daar­na om soos e­ni­ge tie­ner dood­ge­wo­ne mei­sie-din­ge te doen, maar sy moes vroeg leer en aan­vaar haar le­we sou nie so een­vou­dig wees nie.

Sy sou deur die don­ker diep­tes van ’n kan­ker-hel moes gaan, wat haar jong le­we op ’n koers sou sit wat me­ni­ge groot­mens teen die grond sou ge­had het.

Toe Mi­ché Gert­se (15) vyf jaar ge­le­de met been­kan­ker ge­di­ag­no­seer is, het sy ge­dink dit is die ein­de van haar le­we. Maar ná 19 o­pe­ra­sies staan dié“Iron La­dy”sterk in haar ge­loof en oor­win sy haar siek­te een glim­lag op ’n slag.

Met die eer­ste oog­op­slag lyk Mi­ché soos ’n dood­ge­wo­ne tie­ner. Daar is geen te­kens van die uit­da­gings wat sy die af­ge­lo­pe paar jaar moes trot­seer nie. Haar stra­len­de glim­lag is die eer­ste ding wat jy sien as jy by hul huis in Kraai­fon­tein bui­te Kaap­stad in­stap.

Sy groet met ’n sty­we druk­kie; uit­ge­vat in ’n le­o­pard p­rint romp en ’n swart top­pie. Haar na­els is rooi, geel en groen ge­verf en haar pienk lip­gloss is per­fek aan­ge­sit.

Mi­ché se le­we het vyf jaar ge­le­de in ’n oog­wink ver­an­der toe sy skie­lik mank be­gin loop het, en die laas­te ding waar­aan sy en haar ge­sin ge­dink het, is kan­ker. Sy is dok­ter toe en vir in­flam­ma­sie be­han­del, maar min het die ge­sin ge­weet wat op hul­le wag.

“Twee we­ke la­ter het sy geen ver­be­te­ring ge­toon nie en ons het haar weer te­rug­ge­neem na die huis­dok­ter, wat haar toe vir X-stra­le ge­stuur het”sê Mi­ché se pa, Ver­non.

Die ge­sin se le­we het daar­die Sa­ter­dag­og­gend in Mei 2009 on­her­roep­lik ver­an­der toe die X-stra­le ge­wys het Mi­ché het kan­ker in haar reg­ter­been.

In die we­ke daar­na is Mi­ché ver­wys vir nog X-stra­le en scans om die di­ag­no­se te be­ves­tig en na­dat ’n bi­op­sie ge­doen is, is been­kan­ker by haar ge­di­ag­no­seer.

Sy het la­ter met che­mo­te­ra­pie be­gin om die ge­was in haar been klei­ner te maak, en in Ju­lie 2009 het sy ’n vyf uur lan­ge o­pe­ra­sie on­der­gaan om die ge­was uit haar been te ver­wy­der.

Ti­taan is toe van haar en­kel tot by haar fe­mur (dy­been) in­ge­sit so­dat sy die ge­bruik van haar reg­ter­been kon be­hou.

“Ná die o­pe­ra­sie moes ek weer gaan vir che­mo, maar ek het net een ses­sie ge­doen, om­dat die dok­ters toe uit­ge­vind het my nie­re is te swak daar­voor. En dit is nie as­of die che­mo ge­help het nie, dit het net my vel le­lik ge­maak,”ver­tel Mi­ché.

Haar ou­ers het toe be­sluit om die che­mo­te­ra­pie te staak, want in­dien hul­le daar­mee sou voort­gaan, sou dit Mi­ché se le­we kos.

NÓG ’N SKOK kom

Twee jaar het ver­by­ge­gaan en die ge­sin was be­sig om hul le­wens weer op koers te kry, toe al­les in 2011 weer tot stil­stand ge­ruk word. Die kan­ker het na Mi­ché se reg­ter­long ver­sprei en die on­der­ste lob van dié long moes ver­wy­der word.

Mi­ché het ná die o­pe­ra­sie ge­reeld ge­gaan vir roe­ti­ne-on­der­soe­ke by die Rooi Kruis-, Vin­cent Pal­lot­ti-en Groo­te S­chuur­hos­pi­taal. Die ge­sin het ge­dink Mi­ché is op die pad na her­stel toe sy in Maart van­jaar be­gin bloed hoes.

Sy is ge­haas na die on­ko­loog by Rooi Kruis en hul vre­se is weer be­waar­heid toe die dok­ter be­ves­tig die kan­ker het, ná by­na drie jaar in re­mis­sie, weer kop uit­ge­steek.

Toet­se het ge­wys die kan­ker het ver­der in die reg­ter­long, een van haar rib­be en die reg­ter-voor­arm ver­sprei.

Vyf jaar ge­le­de het haar le­we on­her­roep­lik ver­an­der toe sy met kan­ker ge­di­ag­no­seer is. Sy loop met ti­taan in haar arm en been rond en het al 19 keer op die o­pe­ra­sie­ta­fel ge­lê. Maar nie eens als dít kon die “Iron La­dy” se glim­lag laat ver­dwyn nie, want haar ge­loof is sterk. DEUR AMY JOHN­SON

Hul­le was plat­ge­slaan, want net toe hul­le be­gin dink Mi­ché gaan ge­sond word, toe be­land sy weer in die hos­pi­taal.

“Ek was plat­ge­slaan. God het die kin­ders vir jou ge­gee, so jy moet al­les in jou ver­moë doen om se­ker te maak hul­le word na ge­kyk. Ek is baie lief vir al­bei my kin­ders.

“Dit is moei­lik om haar so te sien en ver­al as jy ’n man is, won­der jy of jy nie maar die pyn kan dra nie. Sy is so sterk en dis hoe sy ons ook aan­moe­dig,”sê Ver­non.

’n Maand la­ter het sy vyf dae ’n week che­mo­te­ra­pie-be­han­de­lings ge­kry en die twee­de reeks sou in Ju­lie be­gin. Die on­ko­loog was ver­stom om te sien die kan­ker het ten spy­te van die che­mo­te­ra­pie­be­han­de­ling tot tus­sen 30% en 40% in die ge­af­fek­teer­de ge­deel­tes toe­ge­neem.

Vir Mi­ché se ma, Ma­thil­da, was dit net­so erg om te ver­werk, want daar was niks wat sy kon doen vir haar jong­ste dog­ter nie.

“Dit is baie moei­lik vir my, want ek voel soms so frus­tra­ted om net daar te sit,”sê sy.

“Mi­ché het heel­tyd ge­huil, want sy’t ge­dink sy gaan dood.

“Ek was stuk­kend. Deur die dag sal ek pro­beer sterk wees. Maar wan­neer sy slaap, huil ek sag­gies, want sy is my ba­ba en dit breek my hart om haar so te sien,” ver­tel Ma­thil­da.

Mi­ché het in Ju­lie haar 18de o­pe­ra­sie on­der­gaan. Dok­ters moes toe in­der­haas haar rib­be vyf, ses en se­we en die mid­del­ste lob van haar reg­ter­long ver­wy­der, om­dat die kan­ker te ag­gres­sief was en vin­nig ver­sprei het.

Sy was vir vier dae tot 21 Ju­lie in er­ge pyn in die ICU en die kan­ker in haar reg­ter­arm het ver­er­ger.

Dok­ters wou nie hê sy moes die ge­bruik van haar reg­ter­arm ver­loor nie, en sy is la­ter daar­die week vir die 19de keer in die te­a­ter ge­stoot om die been in haar voor­arm te ver­vang met ti­taan, so­dat sy nog haar reg­ter­hand kan ge­bruik.

“Nou noem ek som­mer my­self Iron La­dy,” skerts Mi­ché.

Toe sy in die hos­pi­taal ge­lê het en soms te swak ge­voel het om vir haar­self te bid, het sy som­mer die ver­pleeg­sters ge­vra om vir haar ’n ge­bed te doen.

“Dit maak nie saak in wat­ter taal dit is nie, want ek weet God sal ver­staan en ek weet ge­bed help vir al­les,”sê Mi­ché.

Sy glo haar ver­troue in die He­re het haar die krag ge­gee om el­ke dag met nuwe moed aan te pak.

“My ge­loof is baie sterk en ek glo dat daar ’n God is. Ek was 10 toe ek my hart vir die He­re ge­gee het en ek bid el­ke aand voor ek gaan slaap. Ek glo God gee die moei­lik­ste mis­si­ons vir Sy sterk­ste sol­da­te,” sê Mi­ché.

En hoe­wel sy baie pyn het, wys sy dit nie vir die wê­reld nie en sy het al­tyd ’n woord­jie van be­moe­di­ging vir an­der kan­ker­ly­ers.

“Moet nooit hoop op­gee nie. Hou aan bid en s­mi­le.”

My ge­loof is baie sterk. Ek was 10 toe ek my hart vir die He­re ge­gee het. Ek glo God gee die moei­lik­ste mis­si­ons vir Sy sterk­ste sol­da­te. Mi­ché Gert­se

VOOR­KOMS

Sy aan­vaar haar toe­stand vol­ko­me en glo dit was deel van God se plan vir haar le­we.

“Soms voel dit on­reg­ver­dig om nie die­self­de din­ge as my vrien­de te kan doen nie. Maar al­mal kan nie die­self­de wees nie,” sê sy.

Sy is baie in­ge­steld op haar voor­koms en sê haar nail po­lish en haar uit­rus­ting moet by­me­kaar pas. Wat vir haar soms die moei­lik­ste is om te aan­vaar, is dat sy nie kort­broe­ke kan dra nie.

“Ek hou van fashi­on en beau­ty en wil ook soms my ha­re mooi­maak, maar ek kan nie. Soms voel ek so le­lik, dan vra ek my ou­er sus­ter (Ver­né, 21) om vir my ma­ke-up aan te sit, dan vat ons sel­f­ies.”

Ver­né sê dit was vir haar ook moei­lik om haar sus­ter se siek­te te aan­vaar.“Ek is al van kleins af baie o­ver pro­tecti­ve oor haar. Ons het ’n goeie un­der­stan­ding, maar soms wens ek ek kan die pyn vir haar dra.

“Ons stry nog, soos sus­ters maar is. Maar ek be­han­del haar nie an­ders nie, want sy wil nie hê mens moet haar jam­mer kry nie.”

Die sus­ters het ’n heg­te band met hul ou­ers en Mi­ché sê haar ou­ers het haar ’n waar­de­vol­le les ge­leer wat sy vir die res van haar le­we saam met haar sal dra.

“My ou­ers het my ge­leer dat ek eers vir ie­mand an­ders moet bid voor ek vir my­self bid. Jy moet glo dat God jou sal ge­sond maak.”

Sy sê som­mi­ge tie­ners voel hul­le het nie lus vir hul ou­ers nie, maar sy voel nou na­der aan hul­le as ooit. En sy be­gin en ein­dig haar dag met ’n ge­bed, en glo God het haar tot van­dag toe nie in die steek ge­laat nie.

“As jy nie ge­loof het nie, sal niks of nie­mand jou deur ’n moei­li­ke tyd kan kry nie. Vat din­ge een dag op ’n slag, want jy weet nie wat die dag van mô­re in­hou nie. Ge­niet die oom­blik­ke wat jy nou het.”

Be­hal­we die uit­da­gings wat Mi­ché se siek­te vir die ge­sin in­hou, het Ver­non en Ma­thil­da ook hul eie strui­kel­blok­ke.

Hul­le is drie jaar ge­le­de, ná ’n hu­we­lik van 18 jaar, ge­skei en dit plaas ook druk op hul­le. Ver­non woon in ’n woon­stel na­by hul­le en hy kom haal Mi­ché ge­trou vir haar dok­ters­af­spra­ke.

“Soms won­der ek hoe­kom ek nie by hul­le kan wees nie. Maar el­ke aand voor ek gaan slaap, bel ek hul­le of ons praat op W­hat­sApp,”sê Ver­non.

Ma­thil­da wat soms nag­te by die hos­pi­taal moet deur­bring, sê sy kan soms doen met die ek­stra paar han­de.

“Ek is nou al ge­woond daar­aan om din­ge op my eie te doen, maar soms voel ek ook die pa moet hier wees.”

Be­hal­we dié uit­da­gings is daar ook nog die uit­staan­de me­die­se re­ke­nin­ge wat be­sig is om een vir een op te hoop.

Vir Ver­non is Mi­ché se ge­sond­heid die be­lang­rik­ste, maar die sta­pel me­die­se re­ke­nin­ge is vir hom ’n groot kop­seer. Tot dus­ver be­loop die skuld meer as R150 000 in dok­ters­re­ke­nin­ge wat sy me­die­se fonds nie dek nie.

“Mi­ché se ge­sond­heid kom eer­ste. Geld is nie al­les nie. Ek dank net die He­re dat sy nog met ons is. Met die re­ke­nin­ge wat al hoe meer word, weet ek nie hoe ek dit gaan doen nie, maar dit is ’n be­kom­mer­nis vir ’n an­der dag,”sê hy.

“Dit is ’n pyn­li­ke tyd en pro­ses vir ons al­mal, maar deur die ge­na­de van God gaan ons el­ke dag aan en gee nooit moed op nie.”

Mi­ché het deur die he­le on­der­houd ge­glim­lag. En ’n mens vind dit moei­lik om te glo dat sy deur al die storms wat sy moes deur­staan, steeds hier­die glim­lag be­hou.

“Ek wil nie van daai men­se wees wat my pro­ble­me op my ge­sig dra nie. Ek leef el­ke dag as­of dit my laas­te is, want ons weet nie wat die dag van mô­re in­hou nie,”sê sy.

Die be­proe­wings van die af­ge­lo­pe vyf jaar het nie Mi­ché se hart hard ge­maak nie. Sy het waar­de­ring vir die een­vou­dig­ste goed – din­ge wat ons by­na el­ke dag as van­self­spre­kend aan­vaar.

“Ek is so dank­baar vir my ou­ers. El­ke og­gend dank ek God vir die ge­skenk van le­we en dat ek nog kan op­staan, want daar is kin­ders wat nie weer hul oë oop­ge­maak het nie.

“Wan­neer jy in die hos­pi­taal lê, be­gin jy die klein­ste goed waar­deer, soos om bui­te die voor­deur te staan, om toi­let toe te gaan en om skool toe te kan gaan.”

TOE­KOMS

Mi­ché is ’n leer­der aan die Ho­ër­skool Ber­na­di­no Heig­hts in Kraai­fon­tein en in die tyd wat sy by die huis of in die hos­pi­taal was, is haar s­kool­werk huis toe ge­stuur. Sy het vroe­ër die maand weer te­rug­ge­keer skool toe na­dat sy maan­de lank by die huis was.

“Om tus­sen my vrien­de te wees en net soos ’n ge­wo­ne kind be­han­del te word, is vir my die lek­ker­ste ding van te­rug wees by die skool,”sê sy.

“Dit is baie won­der­lik om so­veel fun te kan hê. Al­mal was bly om my weer te sien en ek was so bly om din­ge weer te hê soos dit des­tyds (voor sy weer siek ge­raak het) was.”

Mi­ché gaan van 26 Sep­tem­ber af el­ke dag vir 10 mi­nu­te ’n dag be­stra­ling kry vir die kan­ker wat nog in haar een long is. En al wat haar ou­ers wens is dat hul dog­ter ge­sond word, niks meer nie. En hul­le bid el­ke dag dat dit moet ge­beur.

“Al wat ons hoop, is dat sy ge­sond sal wees,”sê Ma­thil­da.

“Ons bly bid­dend en ons ge­loof is sterk, want son­der die He­re kan jy nie klaar­kom nie. Soms wil Hy net hê ons moet meer aan­dag aan Hom gee. Ek pleit by die He­re vir ge­na­de, want ek weet Hy gaan my kind dra en Hy ken ons har­te.”

Mi­ché sê sy voel reeds stuk­ke be­ter en din­ge sal van nou af net goed ver­loop.

“My ge­sond­heid is baie be­ter. Ek be­gin bin­ne­kort met be­stra­ling, maar ek is per­ma­nent te­rug by die skool en my ge­sond­heid word el­ke dag be­ter.”

Sy wil nie hê men­se moet haar jam­mer kry nie, maar met haar sto­rie wil sy men­se in­spi­reer en sê hul le­wens is nie so bad nie.

“Al­les hang van jou at­ti­tu­de af. As jy po­si­tief is, gaan jy só som­mer jou­self ge­sond maak. Jy kan nie lyk soos jy voel nie. En as jy weet God is met jou, sal jy nooit bang of hart­seer hoef te wees nie.”

Sy sê daar is nie ’n waar­borg dat sy of e­nig­ie­mand an­ders mô­re weer hul oë gaan oop­maak nie, dit is hoe­kom sy dank­baar is vir el­ke mi­nuut wat God haar uit­ge­spaar het.

“Li­ve li­ke t­he­re’s no to­mor­row, want jy weet nie of jy mô­re die din­ge gaan hê wat jy van­dag het nie.”

VAN LINKS: Mi­ché wys die ti­taan wat in haar been en arm ge­sit is so­dat sy ge­bruik van dié le­de­ma­te kon be­hou; Die Gert­se-ge­sin wat Mi­ché on­voor­waar­de­lik on­der­steun, pa Ver­non, ma Ma­thil­da en sus­ter Ver­né; Ver­né is baie be­sker­mend oor haar sus­ter en die twee het ’n heg­te band en Mi­ché is ’n ti­pie­se tie­ner wat hou van mooi din­ge en sy is mal daar­oor om sel­f­ies te vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.