Kuier

SOETE hereniging

Vir die eerste keer kan die vrou wat as baba ontvoer en verkoop is, met ’n geruste hart slaap. Sy het uiteindeli­k die closure gekry waarna sy gesmag het en ook die weldoener ontmoet wat haar gered het. Deur Maretha Botes

-

Devorine von Eck het nooit kon raai sy sal eendag die speurder ontmoet wat haar as klein babatjie uit die kloue van ’n babadief gered het nie. En dit alles te danke aan Kuier.

Nadat ons in die uitgawe van 21 Mei 2014 Devorine se storie vertel het – Verkoop as baba – het ons nooit gedink watter verrassend­e gevolge dit sou hê nie!

Op 21 Mei het Desmond White (58) se vrou hom in die middel van die nag met ‘n Kuier in die hand wakker gemaak. Sy het die artikel onder sy neus gedruk. Dié artikel, wat Devorine se verhaal vertel van hoe graag sy afsluiting wil vind, het onmiddelli­k sy oog gevang. Sy vrou het aangedring dat hy die artikel lees, want“hy is daarby betrokke”, het sy vir hom gesê.

“Dit was my teken. Ek moes weer met haar kontak maak en met haar gesels. Ek was die een wat vir haar die closure kon gee wat sy wou hê,”sê hy.

Kuier, saam met kykNet & Kie se Kolligspan, het toe gereël dat dié twee by mekaar uitkom. En wat ’n emosionele reünie was dit nie!

DIE ONTMOETING

Dis die eerste somersdag ná ’n lang, ysige winter. Die kwik stoot oor 30 grade in Eersterust aan die buitewyke van Pretoria. By die Von Ecks in Arnold Robertslaa­n is dinge ’n miernes van bedrywighe­de met kameras en ligte wat die straat vol staan.

Devorine (21) is uitgevat in ’n nuwe rok. Haar hare is netjies in ’n bob gedoen. Haar oë blink.“Ek het nooit gedink dit sal gebeur nie. Ek het regtig nie gedink hy leef meer nie,”sê sy en kyk na die ouer man langs haar op die sitkamerba­nk. Dié haal sy bril af en vee met ’n wit sakdoek oor sy oë.

Desmond, oudspeurde­r van die destydse Kinderbesk­ermingseen­heid (KBE), lig sy wenkbroue. Hy knik sy kop. Vir 21 jaar lank kon hy nie ophou dink aan dié babatjie, vandag ’n volwaardig­e vrou, wat hy uit ’n huis in Makapansta­d naby Hammanskra­al gered het nie.

Devorine was maar ’n pap baba van agt weke oud toe sy deur haar ma se huishulp aan ’n kinderlose vrou verkoop is. Twee maande later, ná baie speurwerk, doodloopst­rate, maar nóóit moedverloo­r nie, het Desmond haar opgespoor.

Sy oë skiet vol trane as hy vertel van daardie dag wat hy die klein bondeltjie mens met die groot bruin oë teruggekry het. Dit was toe reeds twee maande ná haar verdwyning. Sy was al vier maande oud.

Maar toe hy die foto in sy hempsak vergelyk met die kind wat voor hom op die bank, toegedraai in ’n kombers gelê het, was daar geen twyfel nie. Dit was Devorine. Boonop het sy ’n baie spesifieke geboorteme­rk gehad waarvan net haar naaste familie (en Desmond) geweet het.

Desmond het die oggend, nadat die huis deur ’n ooggetuie uitgewys is, eers net rustig oorkant die straat by sy kar gestaan en kyk. ’n Vrou het by die voordeur uitgestap. Hy het haar vriendelik gegroet en gevra of sy daar woon. Dié vrou het gesê sy pas net haar suster, wat toe in Pretoria gewerk het, se baba op.

“Skielik het ek die konneksie gemaak,” sê Desmond.“Ek het gevra of ek die baba mag sien en het in die huis ingegaan, waar ’n babatjie met haar rug na my toe op die

bank gelê het. ek het haar versigtig omgedraai en net gewéét ek het haar! toe haal ek die foto uit my sak en vergelyk dit met die baba voor my.

“ek het vir die vrou gevra of sy kan sien die baba op die bank en dié een op die foto is dieselfde kind. sy het ja gesê. ek het haar haar regte voorgelees, maar sy het dadelik bygevoeg sy het niks daarmee te doen nie. Dis haar suster se kind.”

’n hegte band

Ná die ondersoek afgehandel is, is die huishulp wat Devorine ontvoer en verkoop het, agt jaar tronkstraf opgelê, en die vrou wat die kind gekoop het, het 15 jaar gekry.

“ek was ontevrede met dié vonnisse. maar wat kon ek doen?”sug Desmond en trek sy skouers op.

“Vandag weet ons glad nie wat van dié twee mense geword het nie . . .”

Vandat Desmond Devorine daardie tyd aan haar ma en ouma terugbesor­g het, het hy pal gewonder wat van dié baba geword het. hoe het haar lewe uitgedraai en watter tipe mens is sy vandag.

Desmond het intussen Uitenhage toe verhuis. Nadat sy vrou hom met die artikel oor Devorine wakker gemaak het, het hy geweet hy moes haar help.

“Dit was my teken. ek moes weer met haar kontak maak en met haar gesels. ek was die een wat vir haar die closure kon gee wat sy wou hê,”sê hy.

Dadelik het Desmond se jongste dogter, sasha-Lee (21) aan die werk gespring om Devorine op te spoor. Dit was nie lank nie, of hulle het haar op Facebook gekry.

Devorine vertel:“ek was eers huiwerig om sasha-Lee se friend request te aanvaar, maar toe sy vir my sê hóékom sy met my wil praat (dat haar pa my destyds opgespoor het), kon ek nie anders nie. ek wou meer weet.”

Kort hiérna het Desmond vir Devorine gebel.

“ek was baie bang. Die ding is, ek het nie geweet hoe om te reageer of wat om te verwag nie,”sê Devorine. Desmond was boonop baie emosioneel en kon nie help om te huil toe hy Devorine se stem oor die telefoon hoor nie.

Daar was egter nog ’n berg om te klim vóór Desmond en Devorine mekaar uiteindeli­k weer in die oë kon kyk.

“ek wou so gou as moontlik ons afspraak reël en het gemik vir 9 augustus, want dit is my verjaardag. Dinge wou net nie (met ’n rede) só uitwerk nie. ’n Dag ná my verjaardag het ek ’n hartaanval gehad,”sê Desmond. hy was ’n week in die hospitaal en moes daarna rustig wees sodat hy kan herstel.

“Dis asof die man daarbo vir my wou sê my taak hier op aarde is nog nie afgehandel nie. en ek weet nou, nóú dat ek hier by Devorine sit, dat dít my taak was.

“ek moes haar kom sien en dinge wat daai tyd gebeur het vir haar kom uitklaar. Nou voel ek rustig. hy kan my nou maar kom haal.”

Devorine was nie die enigste baba wat Desmond in sy 13 jaar by die Kbe opgespoor het nie. háár saak was egter vir hom baie spesiaal. een wat hy nooit sou vergeet nie.

“my eie kind (die jongste) was toe maar ses maande oud. Vier maande ouer as die baba (Devorine) wat weggeraak het. ek het op daardie stadium al my energie in die saak gestort en bittermin aandag aan my eie familie gegee. ek het later jare vir my kinders, en veral vir sasha-Lee, verduideli­k waarom. Dís ook waarom sasha-Lee so gretig ingespring en gehelp het om Devorine op te spoor. Daar is ’n band tussen my en Devorine, ja, maar dis of daar ook ’n band tussen die twee meisiekind­ers is.”

vrese en drome

Kort nadat Devorine teruggekry is, het haar biologiese ma haar werk verloor. op aanbevelin­g van ’n maatskapli­ke werker, is Devorine deur haar ouma Christina (71) se broer en sy vrou, David en elizabeth von eck, aangeneem. hulle het haar as hul eie kind grootgemaa­k.

Volgens elizabeth (68) was dinge nie maklik nie.“Daar was nooit twyfel dat ons haar sou lief hê nie. ek was maar nog altyd ’n bietjie sieklik. my heupe en rug gee moeilikhei­d. mense het eers gewaarsku dat ek nie nóg ’n kind sal kan grootmaak nie.”

sy onthou hoe Devorine op agt maande glad nie afrikaans kon verstaan nie.“sy het net na ons gelê en staar, maar as die huishulp met haar praat, het sy gereageer. sy het ’n paar groeimylpa­le gemis en ons moes verlore tyd inhaal.”

Daar was talle vrese waardeur Devorine moes werk, soos haar vrees om alleen te wees, haar vrees vir mense en dat sy tot vandag toe nog sukkel om sommer enigiemand te vertrou.

Vandag is sy ’n ontvangsda­me. sy is trots op haar werk en geniet wat sy doen. haar droom is om toerisme te studeer en die wêreld vol te reis. sy beplan reeds om met haar volgende vakansie vir Desmond en sy familie in die oos-Kaap te gaan kuier, want sy wil“sy mense ook nou ontmoet”.

“sy is so ’n mooi mens. ek is trots op haar,”sê Desmond.“ek kan byna nie glo dit is dieselfde mens wat ek doerie tyd daar uit makapansta­d gaan haal het nie!” Devorine glimlag skaam vir Desmond. “Dankie. Dis vir my ’n voorreg om jou te ontmoet. ek is trots op jou ook.

“ek is trots daarop dat jy gesond geword het en nie moed opgegee het voordat jy my kon sien nie. ek is nou vry. ek het my closure gekry.”

*Kyk Devorine en Desmond se reünie op 21 Oktober op Kollig, kykNET & Kie, kanaal 145 op DStv om 21:00.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Devorine von Eck (21) ontmoet Desmond White (58), die speurder wat haar gevind het toe sy as baba ontvoer en verkoop is. BO: Devorine se aanneemma, Elizabeth (links), en haar biologiese ma, Christina Adams, saam met Desmond.
Kollig se Denver...
HOOFFOTO: Devorine von Eck (21) ontmoet Desmond White (58), die speurder wat haar gevind het toe sy as baba ontvoer en verkoop is. BO: Devorine se aanneemma, Elizabeth (links), en haar biologiese ma, Christina Adams, saam met Desmond. Kollig se Denver...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa