aLLEs oor Allergieë
is ongerieflik, maar dit kan ook noodlottig wees. Beskerm jouself só. DEUR Sherné Cloete
Soos die dae warmer word, is daar sigbare veranderinge in die natuur. Maar dié transformasie is nie net in die omgewing te sien nie, jou gestel kan ook aangetas word met die verandering van seisoene.
Hoewel die stuifmeel en stof in die lug tot allergieë kan lei, kan allergiese reaksies ook veroorsaak word deur die kos wat jy eet of medisyne wat jy neem.
Volgens dr. Claudia Gray, ’n allergie-spesialis en pediater in Kaapstad, is ’n allergie ’n abnormale reaksie van die liggaam tot ’n stof wat eintlik“onskadelik”moet wees.
Gray sê mense is gebore met ’n genetiese tendens vir allergieë. As die ouers of die broers en susters allergieë het, is daar ten minste ’n 50% kans dat die kind ook ’n tipe allergie sal ontwikkel. Maar daar is ook ander faktore wat bepaal of die liggaam uitwaartse allergieë toon, sê sy. Gray beskryf die volgende allergieë: • Omgewings-allergieë:
Dié tipe allergie kan van allergene binne die huis soos stofmiete, muf, troeteldiere of allergene van buite soos gras- of boomstuifmeel wees. Binnehuise allergene kan deur die loop van die jaar simptome veroorsaak terwyl die allergene van buite gewoonlik seisoenaal is. Omgewings-allergieë kan ’n neus wat jeukerig, nieserig, loperig of geblok is (soos met hooikoors) veroorsaak of ’n chroniese hoes en ’n digtheid in die bors (soos met asma). • Kos-allergieë:
Die algemeenste oorsake hiervan is die“big six”, naamlik koeimelk, eier, koring, soja, neute en seekos. ’n Kos-allergie kan met matige simptome gepaardgaan soos ’n jeukerige uitslag, swelling, diarree, braking of ernstige simptome wat die bors of bloedsomloop affekteer. Dié ernstige simptome (anafilaksie) kan lewensgevaarlik en selfs noodlottig wees as dit nie dadelik behandel word nie. • Medisyne-allergieë:
Hoewel enige medikasie ’n allergiese reaksie kan veroorsaak, is die algemeenste groepe medikasies wat allergieë veroorsaak antibiotika, verdowingsmiddels en nie-steroïdale anti-inflammatoriese geneesmiddels. Soos met kos-allergieë, kan die allergiese reaksie matig wees (gewoonlik ’n uitslag) of ernstig, waar dit skok, ineenstorting of ’n gesukkel met asemhaling kan veroorsaak.
LEWE MET ALLERGIEË
Irene Cloete (49) van Kuilsrivier buite Kaapstad sukkel nou al 16 jaar met sinusitis.“My simptome kom veral met die verandering van somer na herfs en winter na lente en dan traan my oë, my neus loop, my ore jeuk, my keel krap en my bors trek ook toe.
“Die simptome is baie soos flu. Die medikasie maak my baie lomerig, so die dokter sit my gewoonlik af tydens die behandeling. Dit vat omtrent vier dae om te herstel, maar die simptome kom net weer terug. Dis eintlik eers wanneer die seisoen klaar is dat my allergieë heeltemal weggaan.”
Veradine Oliver (34) ervaar die verskriklikste reaksie wanneer sy met pynappels werk.“As kind was ek nie allergies vir pynappels nie, dis iets wat ná die geboorte van my kinders ontwikkel het.”
Veradine wat in Parow buite Kaapstad woon, hoef nie eens pynappels te eet vir die allergie om sy kop te wys nie.“Ek was eendag besig om pynappels te skil toe my hande net rooi en jeukerig begin raak. Ek het ook ’n rooi rash om my lippe gekry en my lippe was geswel.
“My simptome duur soms tot drie weke, veral die ongemaklike en seer gevoel in my mond. Ek het nog nie so ver gegaan om pynappel te eet nie, want as ek net daaraan raak dan is dit klaar so ’n negatiewe experience.”
Daarom moet sy baie versigtig en waaksaam wees.“Wanneer ek met pynappel werk, moet ek handskoene dra. Ek kry ook ’n allergiese reaksie deur cross-contamination, soos wanneer dieselfde mes of lepel wat aan pynappel geraak het, ook aan my kos raak. As ek na ’n restaurant toe gaan, moet ek seker maak my kos of drank word nie met gereedskap wat dalk sap van ’n pynappel op het, voorberei nie.”
’n Allergie vir medikasie kan ook ’n nare ervaring wees, soos vir Trevis Adonis (27) van Elsiesrivier in die noordelike voorstede van Kaapstad, wat allergies is vir penisillien.
“Ek was nege jaar oud toe ek die eerste simptome van dié allergie gekry het. Ek het mangelontsteking opgedoen en die dokter het antibiotika voorgeskryf.”
Maar in plaas van gesond word, het die antibiotika ’n negatiewe uitwerking op sy gestel gehad.“Ek het ’n uitslag agter op my arms gekry wat vreeslik gejeuk het. Toe ek dit krap, het dit net vererger en al hoe rooier en jeukerig geraak.”
Hy is na ’n dermatoloog verwys om die oorsaak van dié ongewone uitslag vas te stel. Bloed- en veltoetse het gewys dat hy
vir penisillien allergies is. Gevolglik, wanneer hy siek is, moet hy antibiotika gebruik wat nie penisillien bevat nie.“ek moes ook aansoek doen vir ’n spesiale armband wat vir mediese persooneel aandui dat ek ’n penisillien-allergie het. Dit is veral belangrik in ’n geval soos ’n ongeluk, om te wys ek mag nie medisyne inkry wat penisillien bevat nie.”
VREEMDE ALLERGIEË
Dr. adrian morris, ’n Kaapse allergie-spesialis, sê daar bestaan ook buitengewone allergieë wat minder algemeen voorkom. morris beskryf dié buitengewone allergieë: • Allergie vir jou eie sweet:
Daar sal ’n fyn uitslag op die vel ontwikkel tydens oefening. • Allergie vir ’n warm stort:
Die hitte en die drukking van die water op die vel veroorsaak ’n allergiese reaksie. • Allergie vir sekere vrugte:
Dit ontwikkel soms wanneer mense allergies is vir gras- of boomsstuifmeel. • Allergie vir rooi- en varkvleis:
Dit kan onwikkel nadat ’n mens deur ’n bosluis gebyt is. • Allergieë vir prawns, shrimps en kakkerlakke:
’n allergie vir stofmiete kan soms hiertoe lei. • Allergie vir semen:
Vroue kan ook, volgens www.health24. com, allergies wees vir manlike spermselle. Dit is baie seldsaam en gebeur wanneer die liggaam se witbloedselle die proteïne in die semen verkeerdelik as skadelike indringers (soos bakterieë of virusse) sien.
BEHANDELING
Gray sê die prosedure vir allergietoetse sluit vel- en bloedtoetse in. ’n Volledige mediese geskiedenis van die pasiënt en alle allergiese reaksies word ook geneem. as die oorsaak nog onduidelik is, sal die pasiënt byvoorbeeld van die kosse waarvoor hulle vermoedelik allergies is, in ’n gekontroleerde, hospitaalomgewing en onder waarneming gegee word.“allergieë word behandel deur ’n presiese diagnose te maak. Die pasiënt moet dan die goed waarvoor hulle allergies is, vermy. Simptome kan met medikasie beheer word. Gereelde opvolgondersoeke kan ook help vasstel of die pasiënt hul allergieë ‘ontgroei’het. Sekere kos-allegieë (melk, eier, koring en soja) kan later ontgroei word, maar neut- en seekosallergieë duur ge-gewoonlik lewenslank. hooikoors verskyn dikwels later in die kinderjare, waar dit aanhou tot in volwassenheid. allergiese reaksies vir kos, medisyne en insekbyte kan ernstig of selfs dodelik wees as dit nie reg gediagnoseer en vinnig behandel word nie. Pasiënte met allergieë moet ’n plan van aksie hê en diegene met ’n geskiedenis van erge reaksies, moet altyd hul adrenalienpen byderhand het,” sê sy.