Kuier

studeer verder:

Jy wil gaan studeer, maar het nie geld nie. ’n Beurs of internskap is jou antwoord. DEUR Illana Frantz

-

Kry ’n beurs of internskap om vir jou studies te betaal

Wat wil jy eendag word? Dít is die groot vraag wat elke leerder op skool moet beantwoord. Sommige weet reeds van kleins af wat hulle wil wees, terwyl ander ’n bietjie langer vat om hul voete te vind. Dan kry jy ook hulle wat daarvan droom om te gaan studeer, maar hul finansiële omstandigh­ede laat hulle nie toe nie. Dis waar beurse en internskap­pe inkom, om hulle ’n hupstoot met hul studies en loopbaan te gee.

Shane Christians (24) van Somerset-Wes kan getuig hoe ’n beurs hom gehelp het. Nadat hy in 2008 matrikulee­r het, het hy ’n BSc-graad in fisika aan die Universite­it van Stellenbos­ch gaan studeer. Hy kon dit doen met behulp van ’n beurslenin­g van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS). Shane verduideli­k dat hy op kampus ’n vorm van die NSFAS ingevul het om aansoek te doen. Die hoofkriter­ia was ’n gemiddelde slaagsyfer van 60% of meer en hoe beter jou uitslae is, hoe minder geld moet jy terugbetaa­l. (Die NSFAS-beurslenin­g is beskikbaar by alle universite­ite.)

In Desember 2012 het sy lewe egter onherroepl­ik verander toe hy aansoek gedoen het vir vakansiewe­rk as ’n intern in die kombuis van die Lord Charles-hotel in Somerset-Wes. Hy het vir ’n onderhoud gegaan, die werk gekry en toe was daar nie omdraaikan­s nie.“Hier het ek my passie gevind en besef dat dít eintlik is wat ek wil doen.” Shane het sy ouers ingelig dat hy nou eerder ’n loopbaan in die kookkuns wil volg.“My ouers was obviously ’n bietjie reluctant aan die begin, maar hulle het ingestem en is nou heel oukei daarmee. Hulle het my ondersteun, want hulle weet van my wat gereeld disse in ons kombuis optower.”Die gesin moes toe die oorblywend­e geld van die beurs op een slag aan die NSFAS terugbetaa­l.

Maar Shane is glad nie spyt oor sy keuse nie, want die hotel het hom toe ook die geleenthei­d gegee om gekwalifis­eerd te word. Hy doen tans ’n kursus van drie jaar by die South African Chefs Academy in Observator­y, Kaapstad. Die klasse is een keer per week vir ses maande van die jaar en verder moet hy baie selfstudie toepas.

“Dit vat dissipline om so op jou eie te werk, maar as jy hou van wat jy doen, dan is dit mos nie eintlik werk nie.”

Buiten die drie jaar wat hy by die hotel moet werk omdat hy op hul onkostes studeer, moet hy nog ’n ekstra jaar vir hulle werk, wat dan die totale bedrag van die studiegeld sal dek.“Ek is regtig gelukkig om dié geleenthei­d te kon kry, want nie net betaal hulle vir my studies nie, maar ek kry aan die einde daarvan ’n kwalifikas­ie. En ek kry tans ook elke maand ’n salaris, so dis ideaal.”

PRAKTIESE OPLEIDING

Van die voordele van ’n internskap, kan Rafeeka hendricks (23) van die Strand getuig. Rafeeka het goed gedoen op skool en was die topstudent in besigheids­vakke by die hoërskool Gordon in Somerset-Wes. haar plan was om ná skool onderwys te gaan swot, maar die lewe het ander planne met haar gehad.“mense van Jacques de Villiers Geoktrooie­erde Rekenmeest­ers in Somerset-Wes het die skool besoek vir leerders wat goed bekwaam is met syfers. Leerders wat goeie presteerde­rs was, het tydens hul besoek vir ’n onderhoud gegaan, maar ek wou nie, want ek wou voltyds onderwys gaan swot.”

Rafeeka het tog vir die onderhoud gegaan, waar sy verskillen­de wiskundige en rekeningku­ndige vrae moes beantwoord. “hulle het nie net dit gevra nie, maar ook algemene vrae soos jou visie vir jouself en waar jy jouself in die toekoms sien. Die ergste was die wiskundige vrae wat jy self moes uitwerk sonder ’n calculator.”

Sy onthou nou nog die moeilkste vraag van die lot en dat sy die enigste kandidaat was wat dit reg beantwoord het. Die internskap was toe hare. Sy was vir ’n jaar voltyds by die maatskappy, maar het ook deeltyds Bcomm finansiële bestuur deur Unisa studeer, terwyl die maatskappy haar studies betaal het. Daarna het die maatskappy haar uitverhuur om Shape Technology management, ’n private iTmaatskap­py, se boeke te doen. hulle was so tevrede met haar werk dat hulle haar oorgekoop het en vandag werk sy steeds as rekenmeest­er by dié maatskappy, wat nou bekend staan as Quantus Technology management in Stellenbos­ch.

Rafeeka beskryf die internskap as“definitief ’n nuwe aanpassing”. “Dit was nie altyd maklik nie, want daardie tyd is ’n mens nog jonk en onervare en as jy iets verkeerd doen, dan panic jy gou. maar my kollegas was altyd gretig om my te help en insig te gee wanneer daar dinge is wat ek nie verstaan nie.

“Ek is nou meer gedissipli­neerd en selfstandi­g en dis als te danke aan alles wat ek tydens die internskap geleer het. Dit het my regtig gehelp en verder gevat in ’n heel ander rigting,”sê sy en voeg by dat sy glad nie spyt is dat sy nie nou voor ’n klaskamer vol skoolkinde­rs staan nie.

HOE WERK DIT?

Thami Nkwanyane, woordvoerd­er vir die Kaapse Skiereilan­d Universite­it van Tegnologie (cpUT), verduideli­k daar is verskillen­de opsies vir studente om vir hul studies te kan betaal. By cpUT noem hulle dit finansiële bystand en dit is geskik vir studente wat finansieel in die nood is, maar terselfder­tyd akademies presteer en die nodige potensiaal het.“Die geld kan gebruik word vir alles wat met die student se studies gepaardgaa­n. Dit sluit in studiegeld, verblyf, boeke en selfs kos.”

Thami sê verder daar is ’n direkte verband tussen die beurs en die kandidaat se akademiese prestasies, want die inrigting wil seker maak dat hulle nie hul geld in die water gaan gooi nie. hy verduideli­k daar is drie vorme van finansiële bystand, naamlik beurse, lenings en studiebeur­se. Dit is gewoonlik maatskappy­e, nie-regeringso­rganisasie­s, departemen­te van die regering en die sektorale opleidings­owerheid (Seta) wat dit aanbied.

“Dit gaan gewoonlik met streng kriteria gepaard en die skenker besluit self watter aspekte van die student se studies daarby ingesluit is. Die meeste beurse hoef nie terugbetaa­l te word indien die student suksesvol haar studies voltooi het nie, maar daar is party beurse wat spesifisee­r dat die kandidaat vir ’n tydperk by ’n maatskappy moet gaan werk,”sê Thami.

’n Lening verwys na geld wat aan die student geleen word, wat sy dan oor ’n tydperk terug moet betaal wanneer sy klaar studeer het, terwyl ’n studiebeur­s slegs op meriete aan ’n student wat akademies uitgeblink het, gegee word. Daar word nie van die student verwag om die geld terug te betaal nie en ook nie om die geld terug te werk nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa