inspirasie:
Op 41 vind sy uit sy verwag ’n tweeling, maar dit was net die begin van haar skoknuus. DEUR Nadine Williams
Ma se moeilike besluit oor Downsindroombaba
Vir ’n oomblik word alles donker en stil rondom haar. Sy vryf oor haar maag soos die trane by haar woorgesiggesigafrol, terwyl sy die dokter se woorde aanhoor – Downsindroom, hartversaking en aborsie . . .
Christina Virgotine (nou 42) van Wolseley sal daardie dag in April 2013 in die dokter se spreekkamer nooit vergeet nie. Wat veronderstel was om ’n dag vol vreugde te wees, het in hartseer geëindig. Christina is ’n verpleegster by die Worcester-hospitaal. En as ’n ma van alreeds twee groot dogters, Rayline (20) en Grizé (12), het sy en haar man, Grandol (42), nie verwag om nog kinders te hê nie.
“Ek het eendag net baie skielik baie siek begin voel by die werk. Maar ek het nie gedink dit is juis baie ernstig nie. Nog minder het ek gedink ek is swanger. Ek was dan op die pil,”glimlag Christina.
Maar ná ’n besoek
by die dokter het Christina gehoor sy is reeds 16 weke swanger met ’n tweeling. “Dit het as ’n baie groot skok gekom vir my en Grandol.
“Die skok in Grandol se oë was baie duidelik sigbaar. Maar hierdie skok het vinnig in blydskap verander. ons het bly gevoel, want hierdie swangerskap was ’n direkte en ware blessing van God, al het wie ook wat gesê.”
sy glimlag effens as sy so terugdink aan daardie kortstondige blydskap.“Dit was regtig ’n baie weird dag, vol van baie verskillende emosies, want ná die skok was ek bly. Totdat die dokter daardie verskriklike woorde geuiter het en my dag sommer gespoil het.
“Die dokter het vir my en Grandol nie juis baie tyd gegee om die feit dat ek nou swanger is en boonop met ’n tweeling, te verwerk nie. Want ons moes by hom hoor die tweede baba se hartklop ritme is baie swak en dat die moontlikheid van oorlewing maar baie skraal is.
“Die dokter het voorgestel ek kraam vroeg en aborteer dan dié kind. volgens die dokter sou hartversaking, Downsindroom, baie finansiële kostes, ’n kind wat nooit normaal sal wees nie en ’n kind met ’n swak immunstelsel wat gedurig siek gaan wees, ons voorland wees.”
Moeilike besluite
Dit was vir Christina en haar man baie om in te neem. sy kon nie glo iets so wonderlik kon haar so seer laat nie. ná baie worsteling met die Here en baie vrae, het Christina die dokter laat weet dat die natuur maar sy gang moet gaan.
“ek kon nie doen wat die dokters van my verwag het nie, ten spyte van al hul kennis het ek steeds geglo die Here het ’n doel met hierdie kind. ’n Doel met my.
“ek kon nie kies om sonder my kind te lewe nie. en ek wou veral nie iets doen wat ek later sou berou nie. ek kon nie.”
sonder enige twyfel het Christina en haar man besluit om altwee hul babas voort te bring, ten spyte van al die finansiële kostes en siektes waarteen die dokters hulle gewaarsku het. sy het geweet haar geloof, hoop en vertroue in God sou haar en haar gesin deurdra. Dít was net meer as ’n jaar gelede. vandag as jy by die virgotine-huis instap, groet twee vrolike gesiggies jou. Met eenderse pienk skoentjies word jou elke beweging met groot, nuuskierige ogies dopgehou. Hierdie twee woelwaters het in augustus hul eerste verjaardag gevier en dit is duidelik dat hulle vir Christina sommer baie besig hou.
Hope sit langs haar ma in die stoel en hou haarself besig met speelgoed, terwyl Faith styf vasgedruk op haar ma se skoot sit.
Hope en faith
Christina kan nie uitgepraat raak oor al die Here se genade en guns oor hul lewe nie. “om te dink die dokters het gesê Faith sal nie oorleef nie. en dat sy vandag op eenjarige ouderdom soos enige ander kind my al my dae gee, is wonderlik,”lag Christina.
“Dit is net weereens ’n bewys enigiets is moontlik en natuurlik dat mens nooit hoop moet opgee nie.”
Die tweeling is op 34 weke gebore. Faith het maar 1,4 kilogram geweeg terwyl Hope 1,8 kilogram geweeg het.“Faith moes in die hospitaal agterbly, vir twee maande lank. Dit was aaklig om haar so met al die pype te sien.”
Die dokters het intussen ook gesien Faith is gebore met drie hartkamers.“sy moes na die Chris Barnard-hospitaal gaan vir ’n operasie. Hulle het ’n rekkie om haar aorta, die aar in die hart wat suurstof na die liggaam neem, gesit sodat daar nie te veel bloed na die hart kon vloei nie.
“Faith was vir ’n tydjie ná die operasie op hartmedikasie, verlede jaar het sy infeksie in die longe gehad en ’n paar weke gelede het sy ook bronchitis gehad. Maar my Faith is sterk, sy het deur dit alles gekom.
“selfs ná alles glo ek steeds ek het verlede jaar die regte besluit gemaak,”sê Christina met ’n onwrikbare geloof.
Christina laat jou gou verstaan dat Faith soos enige ander kind is.“sy doen alles wat haar suster Hope doen. Hulle is saam stout, maar ook altwee te kostelik.”
sy verseker jou, al lyk haar dogters nie dieselfde nie en al gaan Faith altyd in terme van ontwikkeling ver agter Hope wees, is sy ewe lief vir albei haar dogters. Die familie en vriende stem saam, want hierdie tweetjies het diep in hul harte geklim.
Daar lê wel nog ’n lang pad voor vir Faith.“as Faith twee jaar oud is, moet sy nóg ’n hartoperasie by die Chris Barnard- hospitaal ondergaan. en ’n pad van spraakterapeute, fisioterapeute en ’n spesiale skool is een wat ons as familie trots met Faith gaan stap en deel.”
Hope is baie beskermend teenoor haar sussie.“ek weet as hulle groter is, gaan sy glad nie toelaat dat enigeen skoor soek met haar suster nie,”sê Christina trots.
as ’n sterk Christen-gesin is die virgotine’s glad nie bekommerd oor hulle en veral Faith se toekoms nie.“My twee sneeuwitjies is sterk en die Here sal hulle deur alles dra. ek weet Hy het groot planne vir hulle.
“ons as gesin is sterker. ek onthou Grandol moes toetse skryf om sy papiere as elektrisiën te kry in die tyd wat Faith in die hospitaal was. ek moes af vat by die werk en ons moes ons twee oudste kinders in Wolseley los sodat ons hier by Faith kon wees. Dit was moeilik tye, maar ons is daardeur.”
Christina erken dat sy nog leer om “minder”beskermend te wees oor Faith. “ek weet sy is baie vatbaar en ek was op ’n stadium so erg dat ek nie eens wou gehad het dat iemand anders, behalwe ek, haar moet vashou nie.
“ek voel ook soms baie skuldig dat ek so baie aandag aan Faith gee. sy verg baie aandag van my en dan weet ek dat ek soms vir Hope afskeep.
“Maar ek weet Hope sal verstaan as sy eendag groot is. ek is dankbaar vir my tweeling. en ek weet as ek weer voor so ’n keuse staan, sal ek weer kies om albei kinders te hou.”