Kuier

facebook

-

Liewe Kuier, ek kon die tydskrif nie neersit nie. Soos gewoonlik ongeloofli­ke food for thought. Ek het die moeilike en die soms taboe vragies oor vroue seksuele ingligting geniet (Los skaamte vir skaamdele, 8 Oktober 2014). Dit was so leersaam en ek haal my hoed af vir julle af wat hierdie moeilike issue op so ’n manier kon aanbied dat ons almal dit kon verstaan. Baie dankie. Doen so voort. Daar is net een tydskrif vir my!

ESTHER JOHNSON

Kuier is vir my soos my eie ma. Ek leer elke dag lewensless­e en hoe om my kop en ken weer omhoog te hou.

JAKOBA GORASES

Ons het die volgende vraag op Facebook gevra: Oscar Pistorius is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Volgens regskenner­s sal hy ’n sesde van dié vonnis, dus 10 maande, hoef uit te dien voor dit in korrektiew­e toesig omskep kan word. Wat dink jy van die vonnis? Hier is van ons lesers se antwoorde:

Dit maak regtig nie saak wat ons van Oscar se saak dink nie. As hy ’n gewete het, moet hy daarmee saamleef, want net hy en hy alleen ken die waarheid. Hy sal eendag voor God moet gaan antwoord gee!

JENIFER PETERSEN

Maak nie saak of dit een jaar of ’n honderd jaar tronkstraf is nie, twee families sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek kan my nie hulle pyn indink nie!

ELEANOR LE ROUX

Dis ’n groot jammerte vir die Steenkamp-familie. Om te dink hul dogter se lewe is 5 jaar tronkstraf werd, waarvan hy net 10 maande gaan doen. Hoe pateties!

VERONICA KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa