SMS'e

Kuier - - Kuierhoekie -

Prag­tig Jo­seph Joshua (Een glim­lag op ’n slag, 5 No­vem­ber 2014). Reg­te Wes­kus-klong wat nie sy roots ver­geet nie. Doen so voort, God b­less you. Ek bid vir jou om van sterk­te tot sterk­te te gaan.

ESTEL­LE FOR­TUIN, PAARL

Aan F­re­da en Jo­seph Fre­de-

ricks, ek dink aan jul­le en jul­le is in my ge­be­de (Ge­loof dra ons, 5 No­vem­ber 2014). Da­mi­an is so ’n prag­ti­ge seun. FLO RUI­TERS,

WOL­SE­LEY

Die sto­rie het my in tra­ne laat uit­bars (Ge­loof dra ons, 5 No­vem­ber 2014). Al­les ge­beur met ’n doel in die le­we. Ek bid vir die F­re­de­ricks-ge­sin. ANT­HEA BA­RON,

EER­STE­RI­VIER

Wat ’n tragedie! Die een mi­nuut pronk sy prag­tig in Kui­er (Pas­sie vir plas­tiek, 8 Ok­to­ber 2014) en die vol­gen­de be­staan sy, C­har­le­ne Cun­nar die Tup­per­wa­re Qu­een, nie meer nie. So ’n le­wens­lus­ti­ge mens. Ek’s ge­skok. Sterk­te aan haar kin­ders, man en fa­mi­lie. Mag God jul­le dra. ESTRA

LI­TA PLAAT­JIES, MIT­CHELLS PLAIN

Die ar­ti­kel oor die pok­kels lê my na aan die hart (My kind is ’n pok­kel, 22 Ok­to­ber 2014). So­veel men­se oor­deel uit on­kun­de en al­le oor­ge­wig men­se word met die­self­de kam ge­skeer. Het jul­le al ooit ge­hoor van Pra­der Wil­li­sin­droom (PWS)? Wel, ek ken dit al te goed en leef dit deur my kind, ’n pok­kel. Hou op oor­deel en leef ’n dag in my stryd en voel waar­deur ek gaan wan­neer ons aan­ge­staar word met ver­oor­deel­de oë. MAMMAVAN PWS-SEUN

Ek is die an­der­dag in S­hop­ri­te en raak toe aan die ge­sels met ’n blan­ke vrou. Sy lê toe die ar­ti­kel uit van C­hel­bé Saay­man (Staan nog sterk, 27 Au­gus­tus 2014) en hoe die ar­ti­kel haar ge­help het. Sy het die­self­de simp­to­me ge­had, maar kon nog nooit reg ge­di­ag­no­seer word nie. Dank­sy Kui­er het din­ge vir haar ver­an­der. Dan­kie Kui­er.

B­REN­DA S­TEYN, UI­TEN­HA­GE

Ek is ’n le­ser wat Kui­er baie ge­niet, maar nooit die moei­te doen om jul­le te be­dank vir die puik werk wat jul­le doen en die ge­not wat dit ’n mens verskaf nie. As jy

jou skoe­ne uit­skop en die sto­ries en ver­ha­le lees, in­spi­reer dit jou. Ek voel die re­sep­te is prak­ties en voed­saam en ek ge­niet dit baie.

CATHLEEN WA­KE­FIELD, BELHAR

Dis vir my ’n voor­reg om vir jul­le te laat weet wat ’n groot se­ën dit vir my is om el­ke t­wee we­ke die Kui­er te koop. Dit is so in­spi­re­red om te lees hoe ons He­mel­se Va­der deur­kom vir die men­se wat op Hom ver­trou. Ek ge­tuig dit by al die men­se, want ek koop el­ke uit­ga­we van Kui­er so­dra dit op die rak kom.

GERT TI­TUS, V­RE­DEN­BURG

Ek koop ge­reeld die Kui­er en voel jam­mer as dit uit­ver­koop is. Die wen­ke wat werk word in ’n flip­fi­le ge­bê­re. Gis­ter het ek weer na raad ge­soek en het dit ge­kry. Dan­kie! BETS DU TOIT, P­RE­TO­RIA

Kui­er is tops! My man be­gin met die blok­raai­sel, my kin­ders met die woordbou en s­om­spe­le­tjie en dan ein­dig ek met al die sto­ries. Ek kan nie die Kui­er neer­sit voor ek al­les klaar ge­lees het nie. Hou so aan en mag die He­re jul­le ryk­lik se­ën.

SOPHIE MI­LES, OOS-KAAP

Baie dan­kie vir al jul lek­ker re­sep­te. Ek maak el­ke week iets lek­ker vir my ge­sin. Die wen­ke werk ook lek­ker. Jul­le bly net die bes­te. Ek kan nie wag vir my vol­gen­de Kui­er nie.

CATHLEEN GATYENE, CE­RES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.