Facebook

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Ek wil net dan­kie sê vir jul mobisite (www. mi­ni­kui­er.co.za). El­ke dag gaan kyk ek na die TV-pro­gram­me en dan kan ek be­sluit wat ek op die TV wil kyk. En die Min­ce-re­port is ook ’n moet vir my el­ke dag. Dan­kie. SYL­VIA WARRINGTON Kui­er, jul­le is tops en uit­ste­kend! Te veel goed om te noem, maar hou so aan met jul goeie werk. SI­AN BAR­NES Dan­kie aan Oom Daan vir Wat die hart van vol is (19No­vem­ber 2014) dat jy ons be­wus maak van waar­voor fa­mi­lie daar is. Soos Oom Daan sê, kom ons word die en­ge­le in me­kaar se le­we. RO­MA

BAI­LEY Ons het die vol­gen­de vraag op Facebook ge­vra: Gee jy jou kind pri­vaat­heid of check jy hul­le dag­boek /sel­foon? Só het van ons le­sers ge­ant­woord:

My kin­ders is nou al mooi groot,(20 en 24), maar toe hul­le jon­ger was, het ek nooit hul sel­fo­ne ge­check nie. Hul­le het eers op 13-ja­ri­ge ou­der­dom sel­fo­ne ge­kry, nie soos van­dag waar ou­ers al voor hul kin­ders 10 jaar oud is, vir hul­le sel­fo­ne koop nie. Ek het al­tyd ’n goeie en oop ver­hou­ding met hul­le ge­had, so hul­le kon vry voel om din­ge vir my te ver­tel. As jy voel daar is iets om oor te wor­ry, vra hul­le eers. As jy wil hê jou kin­ders moet jou ver­trou en re­spek­teer, moet jy die­self­de doen.

LOU­I­SE GAN­GER

Ek per­soon­lik sal my kind ge­noeg ver­trou om te weet dat die op­voe­ding wat ek gee, ge­noeg is. Ou­ers moet meer ver­troue in hul op­voe­ding hê, want so­dra jy nie jou kind ver­trou nie, dan twy­fel jy aan jou eie op­voe­ding. Gee hul­le die spa­sie om te groei en ver­trou hul­le ge­noeg om te weet hul­le sal die reg­te be­slui­te en keu­ses maak. A­NI­KA KAY­SER

Ek het nie kin­ders nie, maar om vir hul­le pri­vaat­heid te gee kan ’n groot na­deel wees! Ver­al wat die in­ter­net be­tref, want dit kan baie mis­lei­dend wees. As kind het ek self heel­te­mal my boun­da­ries oor­skry. Dis net deur die He­re se ge­na­de dat baie din­ge nie in my ge­sig op­ge­blaas het nie.

MER­CIA FOR­TUIN-FOU­RIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.