SMS'e

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Die sto­rie van An­na van Rooi wat d­rie kin­ders ag­ter­me­kaar aan die dood af­ge­staan het (D­rie­keer­die seer, 19 No­vem­ber 2014), maak so seer. Ek is in tra­ne. Ek bid vir die Va­der om met haar te wees. Ek wens so ek kan haar ’n sty­we druk­kie gee. Geen ma ver­dien om haar kind te be­gra­we nie. C­HERYL

CARRELSON, BLOEM­FON­TEIN

D­rie keer die seer. . . wat kan ’n mens sê? (19No­vem­ber2014.) Ek huil saam met An­na van Rooi, want ek het ook t­wee seuns aan die dood af­ge­staan. Een ná ’n siek­bed en die an­der een is ver­moor. Sy moet nou net die He­re dien en daai lief­de wat sy oor­het, op haar dog­ter en klein­kind uit­stort.

AVERAL PAUL­SEN, BLOEM­FON­TEIN

An­na se ver­haal is aan­gry­pend (D­rie­keer­die­seer, 19 No­vem­ber 2014). So­veel pyn in so ’n kort tyd­jie. Sy pro­beer so hard om moe­dig te wees en is ’n fan­tas­tie­se voor­beeld vir ie­der en elk. Sy het prag­ti­ge kin­ders ge­had en het saam met toe­koms­dro­me ge­had. Nou is daar net her­in­ne­rin­ge oor en on­ein­di­ge ver­ant­woor­de­lik­he­de op haar skou­ers, en op haar ou­der­dom van am­per 60. Ek wens haar die He­mel­se Va­der se se­ën en ge­na­de toe. Mag Hy haar toe­koms­pad ge­lyk maak.

Sy moet weet in haar bit­ter om­stan­dig­he­de, ge­bruik die Va­der haar as ’n ge­tuie vir Hom.

JA­CQUI LO­GAN, P­RE­TO­RIA

An­na, jy het al so­veel pyn en seer deur­ge­maak (D­rie­keer­die seer, 19 No­vem­ber 2014). Ek kan nie eens sê ek weet hoe jy voel nie, maar ek huil saam met jou. Weet ook dat God die pad saam met jou loop en sterk­te met He­at­her­le­ne en Mia. Mag ons Va­der jou en hul­le om­ring met Sy lief­de en jou el­ke dag krag gee. Ek’s ook ’n ma wat ’n seun wreed aan die dood moes afstaan.

CLARIAN SMITH, S­TEL­LEN­BOSCH

Die re­de hoe­kom Kui­er so suk­ses­vol is, is om­dat jul­le nie skaam is om die naam van die He­re Je­sus te ge­bruik nie. Dit het weer so dui­de­lik ge­word in Mi­chel­le Pie­naar se sto­rie (My groots­te­o­p­of­fe­ring,1 9 No­vem­ber 2014), dat ’n mens leeg is son­der die He­re, maak nie saak wat jy be­reik nie. Hou so aan Kui­er.

SHIREENE AT­WELL, JOHANNESBURG

Ek is ’n Kui­er- ver­slaaf­de van die eer­ste keer wat dit op die rak­ke ver­skyn het. Die be­rig “Op die As­hoop” (19No­vem­ber2014), het my as ma wy­ser ge­maak, want ek het ook ’n kind in die don­ker put. Soms was ek moe­de­loos. Met tra­ne in my oë, sê ek dan­kie vir Kui­er vir die kos­ba­re in­lig­ting.

E­VE­LYN JA­COBS, PAARL Kry jou twee­de Kaap­se Klan­keCD spe­si­aal vir Kui­er- le­sers in ons vol­gen­de uit­ga­we, 17 De­sem­ber. Ver­wag ure se luis­ter­ge­not deur on­der an­de­re, The Roc­kets, A­lis­tair I­zo­bell en Pie­ter van der West­hui­zen. Dié spe­si­a­le uit­ga­we kos R18.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.