Facebook

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Aan die Kui­er- re­dak­sie: Baie dan­kie vir die ge­vaar­li­ke CD, Kaap­se Klan­ke 2. Ek dans nou dat die stof staan. En dan­kie ook vir al die puik ar­ti­kels. Ek sit al­tyd eer­ste my Kui­er in my wa­en­tjie voor ek die kos in­sit. Hoop jul­le het die va­kan­sie ge­niet, want ek kan nie wag vir my eer­ste uit­ga­we in die nu­we jaar nie. Ek vrek oor my Kui­er!

ZULEIGA SADICK

Ek dink Kui­er is ’n ab­so­luut fan­tas­tie­se tyd­skrif. Ek noem dit ’n “co­lou­red tyd­skrif” want dit is iets vir ons men­se om te ge­niet. Dan­kie vir dit wat jul­le aan die ge­meen­skap te­rug­gee, jul­le is won­der­lik! Van ’n groot Kui­er- fan!

SURICA JU­LIES

Ek het my nu­we Kui­er ge­kry en luis­ter nou so lek­ker na die CD, Kaap­se Klan­ke 2. Ek luis­ter na die snit van Pie­ter van der West­hui­zen en ek dink te­rug aan my ho­ër­skool­dae op Cal­vi­nia. Ek en Pie­ter was saam op skool, hy was ’n jaar voor my. En nou het ek die voor­reg om na Pie­ter se stem te luis­ter. Dan­kie Kui­er vir ’n fan­tas­tie­se CD! ADONIA WIL­LEM­SE

BLAN­KEN­BERG

Kui­er, soos ge­woon­lik is jul­le tops! Ek het jul vo­ri­ge uit­ga­we baie ge­niet, maar ver­al die kort­ver­haal (Ver­soe­king, 3 De­sem­ber 2014) het vir my uit­ge­staan. Daar is be­slis ’n les daar­uit te leer. Doen so voort met jul­le puik werk. RELANDI SEP­TEM­BER

Nou is ek eers in die K­ris­mis fee­ling! Dan­kie Kui­er, die CD ( Kaap­se Klan­ke 2) is fan­tas­ma­go­ries! Jul­le is tops. THEO BUR­KE

Baie dan­kie Kui­er vir al die lees­stof. Dat jul­le ons men­se se ver­ha­le ver­tel en hul sto­ries deel. Sto­ries wat ek an­der­sins nooit sal van ge­weet of ge­hoor het nie.

IMELDA TI­TUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.