SMS'e

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Toe ek die ver­haal van Da­lyn lees (In drie­voud ge­se­ën, 3 De­sem­ber 2014), neem dit my baie ja­re te­rug. My oor­le­de man was in 1987 ook met a­plas­tie­se a­ne­mie ge­di­ag­no­seer, maar hy was nie so ge­luk­kig nie, want ’n jaar ná die oor­plan­ting is hy oor­le­de. Ek is saam met Da­lyn en sy ou­ers bly dat dit met hom goed gaan en ek bid dat die He­re hom in Sy han­de sal toe­vou en be­waar. Ek ge­niet jul­le tyd­skrif baie en sien al­tyd uit na die vol­gen­de een. S­TE­PHA­NIE P­RE­TO

RIUS, K­WAZU­LU-NA­TAL

In drie­voud ge­se­ën (3 De­sem­ber 2014) is weer ’n be­wys van die ge­na­de van ons He­mel­se Va­der. Hy weet ons toe­koms en weet al­leen wat dit vir ons in­hou. Jul­le broers is op­reg­te hel­de! Dit her­in­ner my aan Jer. 29:1. Hoop jul­le het ’n ge­se­ën­de Kers­fees ge­had.

NORINA LA­WREN­CE, MIT­CHELLS

PLAIN

My sus­ter is deur die­self­de nier­oor­plan­tings wat haar lig­gaam t­wee keer ver­werp het (’n Twee­de kans, 17 De­sem­ber 2014). Sy het nie ’n twee­de kans ge­kry nie. As ek van sul­ke ge­val­le lees of hoor, dan voel dit soos gis­ter. Sterk­te aan die fa­mi­lie en ont­hou, God is op die troon.

HALAINE HEN­DRICKS, PAARL

Liefste Kui­er- fa­mi­lie, ek is so ver­lief op hier­die tyd­skrif. Ek wil dit eers van voor tot ag­ter lees voor­dat ek dit met my huis­ge­sin deel. Ek ge­niet al­les in die tyd­skrif. Jul­le is die bes­te!

AN­NE­LI­ZE DONSON, KNYS­NA

Kui­er is die bes­te tyd­skrif wat ek al ooit ge­lees het. Want ek kan saam met die men­se en hul sto­ries huil, dit saam voel met die wat seer­kry, swaar­kry en be­droef is. En ek kan ook bly wees saam met hul­le. Dan­kie ook vir al die

ek­stra blok­kies­raai­sels in jul Kers­fees-uit­ga­we.

S­HEI­LA MI­CHA­ELS, HU­MANS­DORP

Ek het so lek­ker Kui­er van voor tot ag­ter ge­lees ter­wyl ek ’n maand ge­le­de ná ’n o­pe­ra­sie aan­ge­sterk het. Ek kan ek nie wag vir die vol­gen­de uit­ga­we nie. Aan al die men­se, die pyn, ly­ding en s­mar­te wat oor jul weë kom, ont­hou ons He­mel­se Va­der loop hand aan hand met jul­le. Ver­trou op hom.

FRAN­CI­NA COL­LER, S­TEEN­BERG

Baie, baie dan­kie Kui­er vir die kans om die to­neel­stuk Rondom­skrik teen vir ’n ver­min­der­de prys by die Bax­ter-te­a­ter te kon gaan kyk. Dit was ver­skrik­lik roe­rend en ek kon nie help om te huil nie. Suid-A­fri­ka ma­keer meer uit­ky­kan­ties. Dit kan ek of jy wees.

E­LI­ZE LIE­BEN­BERG, MA­CAS­SAR

Ek lê nou op my bed, plat op my maag met my Kui­er voor my. Ek ge­niet el­ke blad­sy, want Kui­er laat ’n mens lag en huil. En die re­sep­te is to die for. Hou so aan, God se­ën jul­le.

MA­RIE JOHN­SON, NEW DA­WN PARK

Ek wil net vir die Kui­er- span weer­eens baie dan­kie sê vir so ’n won­der­li­ke tyd­skrif. Ek voel nie el­ke dag so ge­sond nie, maar as ek my Kui­er kry, dan ver­dwyn al die py­ne en kwa­le. Die be­kos­tig- ba­re re­sep­te is so mak­lik en uit die sto­ries leer ek baie. Mag God jul­le se­ën met die goeie werk wat jul­le vir ons doen.

CATHLEEN GATYENE, BEL­LA VIS­TA

Ek het nou eers Kui­er ont­dek en het dit soos vrug­te­koek ver­or­ber. Al die ar­ti­kels in die he­le boek is goud werd en die wen­ke is won­der­lik.

RENTIA JA­COBS, KEMP­TONPARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.