DRO­ME WORD WAAR

In moei­li­ke om­stan­dig­he­de het dié “ou­tjie van Eer­ste­ri­vier” nooit ge­dink hy sou ’n dok­tor word wat oor­se­se werks­ge­leent­he­de aan­ge­bied sou word nie.

Kuier - - INSPIRASIE - DEUR AMY JOHN­SON

As din­ge soms swaar gaan, kan jy óf moed op­gee óf jy kan vas­klou aan el­ke twee­de kans wat oor jou pad kom. Laas­ge­noem­de is pre­sies wat Ge­rald Maar­man (30) ge­doen het en tot van­dag is hy nie spyt oor sy keu­se nie.

Ge­rald het in K­lein­vlei bui­te Kaapstad groot­ge­word en was deel van die“per­fek­te”ge­sin. Sy ou­ers was in die be­die­ning, het hul eie kerk ge­had en die ge­sin het aan niks te­kort ge­skiet nie.

Maar din­ge was ook nie al­tyd roos­kleu­rig nie. Fa­mi­lie en vrien­de het on­der hul­le be­gin uit­stap, maar ten spy­te van al die te­ë­spoed het Ge­rald aan­hou droom.

Wan­neer jy by hul huis in E­lec­tric Ci­ty in­stap, hoef jy nie ver te soek om te sien wie dié ge­sin se trots is nie. Ge­rald se ser­ti­fi­ka­te en toe­ken­nings is o­ral in die voor­ka­mer uit­ge­stal. Hy’s hof­lik, ne­de­rig en hy kyk jou stip in die oë wan­neer hy praat. Hy’s skaam, maar hy praat met op­regt­heid en jy kan sien hy be­doel el­ke woord.

Vir hom en sy ge­sin was die pad tot hier nie ’n mak­li­ke een nie. Al­les het ver­an­der toe sy jon­ger sus­ter op 14 swan­ger ge­word en sy ou­er broer by ’n ben­de be­trok­ke ge­raak het.

“Dit het die fa­mi­lie soort­van ’n knock ge­gee, want nou het al­les in die huis ver­an­der. Dit was nie meer ’n fa­mi­lie wat op ’n Son­dag kerk toe gaan en sing en ge­luk­kig is nie. Al­les was net deur­me­kaar.”

Ge­rald se ma, Maria, het so siek ge­word dat sy haar werk moes los. Sy pa, Ja­rol, wat die op­sig­ter by S­pur­wing-la­er­skool is, was toe die e­nig­ste brood­win­ner. Hy het ba­sies net ge­werk om die ge­sin se huis te be­hou en al wat hul­le toe ge­ken het, was swaar­kry. En in die mid­del van al die mal­lig­heid was Ge­rald, ’n gr.10-seun wat blink­oog daar­van ge­droom het om ’n dok­ter te word.

“Die om­stan­dig­he­de het on­ge­luk­kig my pun­te be­ïn­vloed, want as ek huis toe ge­kom het, het ek te­rug­ge­kom na daai om­stan­dig­he­de. Al­mal was ont­steld, want nie­mand het ’n kind ver­wag nie, nie­mand het ver­wag my broer gaan dit doen nie.

“Saans as ek vir die ek­sa­men moes leer, het my sus­ter se kind heel­nag ge­huil, en dit was moei­li­ke tye. Ek het la­ter my pa ge­vra om e­ar­plugs te koop, maar dit het nie ge­help nie, want deur al­les was ek be­wus van die om­stan­dig­he­de,”sê hy.

In sy gr.11-jaar het hy aan­soek ge­doen om me­dies aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch te stu­deer. Met ’n 45%-ge­mid­deld het hy wis­kun­de en na­tuur- en skei­kun­de op ho­ër­graad ge­druip en is toe af­ge­keur by dié u­ni­ver­si­teit.

“Toe sit ek met ’n pro­bleem, want wat doen ek nou? Dit was nou my droom, my way out, waar­heen nou? Ek het al­mal bla­meer en ek was kwaad vir die He­re, want hoe­kom moes al­les nou ge­beur?

“’n Klomp goed het deur my kop ge­gaan. Ek het vir my­self ge­sê óf ek word deel van die ben­des, gaan werk in ’n fa­briek óf ek pro­beer nog ’n keer, want daar moes een­vou­dig ’n an­der uit­weg wees.”

SY GE­LUK VER­AN­DER

’n Vriend het hom toe ’n bro­sju­re van die S­ciMat­hUS-pro­gram (S­cien­ce and Mat­he­ma­ti­cs at the U­ni­ver­si­ty of S­tel­len­bosch) ge­bring. Dié jaar­pro­gram gee ma­triek­leer­ders van voor­heen be­na­deel­de ge­bie­de nog ’n kans om hul wis­kun­de-, fi­sie­se we­ten­skap­pe- en re­ke­ning­kun­de-pun­te te ver­be­ter en so­doen­de in aan­mer­king te kom vir u­ni­ver­si­teits­toe­la­ting.

“Dit was die e­nig­ste hoop vir my om iets van my le­we te maak. Ek het nie ’n an­der keu­se ge­had as om hard te werk nie,”sê Ge­rald.

Hy het die heel­jaar net t­wee broe­ke en ’n paar“Mi­ke”-tek­kies ge­had om aan te trek, maar ten spy­te daar­van het hy die pro­gram vol­tooi met 75% in wis­kun­de op ho­ër­graad en 80% vir we­ten­skap.

Die goeie nuus het nie daar op­ge­hou nie, want aan die ein­de van 2003 het Ge­rald ’n op­roep ge­kry wat sy le­we ver­an­der het.

“Die u­ni­ver­si­teit het my ge­bel om te sê hul­le het my pun­te ge­sien en ek kwa­li­fi­seer om me­dies te stu­deer. Ek was bly dat ek die ge­leent­heid kon kry. Ek kon my toe­koms sien. Toe ek die op­roep kry, het ek

Ek het vir my­self ge­sê óf ek word deel van die ben­des, gaan werk in ’n fa­briek óf ek pro­beer nog ’n keer, want daar moes een­vou­dig ’n an­der uit­weg wees. HOOFFOTO: Ge­rald Maar­man (30) moes har­de klip­pe kou om te kom waar hy van­dag is. REGS ON­DER: Hy speel ook ki­taar en wil van­jaar aan sy gospel-CD werk.

ge­weet the wor­ld is my oys­ter,”ver­tel hy.

“Ek wou toe nie meer me­dies stu­deer nie, want in die jaar by die pro­gram het ek nu­we din­ge ge­leer en ge­sien en wou iets an­ders in die me­die­se veld stu­deer.”

Hy het toe in­ge­skryf vir die BSc-graad en toe hy fi­si­o­lo­gie in sy twee­de jaar kry, het hy ge­weet dit is wat hy wil doen. Hy wou nie net pa­si­ën­te vir ’n siek­te be­han­del nie. Hy wou weet hoe­kom men­se se­ke­re siek­tes kry en hoe die siek­te die lig­gaam raak.

Ge­rald het in die tyd op kam­pus ge­bly en by tye het din­ge vir hom baie moei­lik ge­raak.

“Dit was ’n nu­we om­ge­wing. Al die stu­den­te wat daar was, was die bes­te in die land; A-kan­di­da­te, hoof­seuns en hoof­mei­sies en dan voel ’n mens maar klein, want ek is maar net ’n 45%-ou­tjie van Eer­ste­ri­vier.

“Ek wou op­gee, maar die be­lang­rik­ste was my mo­ti­ve­ring. Ek het op ’n kol ge­dink ek doen dit vir my fa­mi­lie, vir Eer­ste­ri­vier, maar dit was nie die reg­te mo­ti­ve­ring nie. Die mo­ti­ve­ring moet ê­rens van bin­ne af kom.

“My om­stan­dig­he­de het my ook ge­mo­ti­veer om te kom waar ek van­dag is. Baie jong­men­se dink die moei­li­ke om­stan­dig­he­de is ’n ver­sko­ning. Jou om­stan­dig­he­de moet jou juis mo­ti­veer om be­ter te doen,” sê Ge­rald.

Deur die moei­li­ke tye en die har­de klip­pe wat hy op kam­pus moes kou, het sy ge­loof soms ge­wan­kel. Soms het Ge­rald nog ge­twy­fel oor God se teen­woor­dig­heid in sy le­we.

“Ek het baie keer die He­re bla­meer vir die goed wat in my le­we ge­beur. Ek was kwaad vir die He­re, want mens lees al­tyd in die By­bel die He­re sal jou nooit ver­laat nie; hy sal voor­sien in jou be­hoef­tes en al die klomp mooi goed.

“Toe ex­pe­rien­ce ek al die lelike goed wat ek voel ’n jong kind nie ver­on­der­stel is om te er­vaar nie. Ek het ge­voel die He­re laat my in die steek.”

In ’n sta­di­um op kam­pus het Ge­rald nie kos ge­had om te eet nie. Hy het nie ge­weet wat om te doen nie, want fi­nan­si­eel kon sy ou­ers hom ook nie help nie.

“’n Vriend het my toe ver­tel van ’n ta­lent­kom­pe­ti­sie wat hul­le op kam­pus hou en ek het toe be­sluit om te gaan deel­neem,” ver­tel Ge­rald.

Tot sy ver­ba­sing het Ge­rald, wat ki­taar en key­bo­ard speel, die kom­pe­ti­sie ge­wen.

“Toe die kom­pe­ti­sie klaar is, het ek ’n koe­vert ge­kry met geld en ’n R250 kos­vou­cher van Mugg & Be­an. Dis toe ek weet die He­re is nog daar. Dit is waar die keer­punt in my ge­loof ge­kom het en my ver­troue in die He­re weer ver­sterk is.”

In 2007 het hy sy hon­neurs­graad in me­die­se fi­si­o­lo­gie by Ty­ger­berg­hos­pi­taal vol­tooi en ’n jaar daar­na het hy met die s­tu­dies vir sy mees­ters­graad be­gin. Ein­de 2010 het hy die ge­leent­heid ge­kry om sy PhD-graad aan die U­ni­ver­si­teit van Kaapstad (UK) te doen.

Ge­rald is die e­nig­ste stu- dent wat die S­ciMat­hUS-pro­gram vol­tooi het, wat toe aan­ge­gaan het om sy P­hD­graad te ver­werf.

Na­dat hy in Au­gus­tus ver­le­de jaar sy te­sis in­ge­han­dig het, het t­wee maat­skap­pye in Duits­land hom ge­na­der om by hul­le te kom werk, maar sy hart was in Suid-A­fri­ka. Die Sport S­cien­ce In­s­ti­tu­te in Kaapstad het hom toe ook ’n werk aan­ge­bied, waar hy van­dees­maand be­gin het.

Vol­gens Ge­rald gaan die hart­na­vor­sing­span by die UK van sy na­vor­sing ge­bruik op pa­si­ën­te met die seld­sa­me bloed­vat­siek­te pul­mo­nê­re hi­per­ten­sie (PH) en reg­ter-hart­ver­sa­king. Sy na­vor­sing word ook vroeg van­jaar in die Jour­nal of Pi­ne­al

Re­se­arch ge­pu­bli­seer. Ge­rald sit da­rem ook nie die heel­tyd net ag­ter die boe­ke nie. Hoe­wel die reg­te da­me nog nie sy hart ge­steel het nie, ge­niet hy sy af­tye met sy vrien­de.

“Ons is ro­ad­trip-men­se, so ons vat nou en dan ’n trip. Ek is lief vir die na­tuur. Ek hou van om in plek­ke soos Knys­na te wees, om net die bo­me te hoor waai en die vo­ëls te hoor fluit,” sê hy.

Hy wil sy eie na­vor­sings­groep be­gin en hy be­plan ook om van­jaar aan sy gospelCD te werk. En ná 14 jaar se swoeg en s­weet, sê Ge­rald die har­de werk het nou eers be­gin.

“Toe ek die dag my graad kry, was ek in ek­sta­se, maar par­ty­keer voel dit nie vir my ek is ’n dok­tor nie. Ek het my droom ver­we­sen­lik. Maar nou is daar nog so baie wat ek wil doen en wil be­reik in my le­we.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.