Kuier

SY SLAAN SPORT VIR ’N6!

Sy is net 10 jaar oud, maar gee haar ’n krieketkol­f of ’n hokkiestok en sy sal jou wys dat ouderdom net ’n getal is.

- DEUR AMY JOHNSON

Op tien het sy reeds haar internasio­nale krieketdeb­uut gemaak en is sy die jongste profession­ele hokkiespel­er in Suid-Afrika. Sy laat die een rekord ná die ander spat en min mense het in hul leeftyd bereik wat Malikah Hamza op haar ouderdom reggekry het. En vir haar is dit maar nog net die begin.

Sy het verlede jaar voorbladnu­us gemaak toe sy vir die gekombinee­rde WP-klubspan haar internasio­nale krieketdeb­uut gemaak het teen die Zimbabwies­e senior vrouespan.

Maar die fyngeboude Malikah, ’n leerder aan die Wynberg Girls’Junior School buite Kaapstad, was glad nie geïntimide­er daardeur dat al haar spanmaats 20 jaar ouer as sy was nie.

“Dit het my glad nie gepla nie, ek het net gegaan om te speel,”sê sy.

Malikah word vanweë haar onortodoks­e boulstyl vergelyk met die voormalige Protea-bouler en huidige afrigter van die Cape Cobras, Paul Adams.

Behalwe dat dié twee dieselfde boulstyl deel, was Paul ook, nes Malikah, ’n lid van die St. Augustine’s-krieketklu­b. Dit is een van die oudste klubs in Suid-Afrika en Basil D’Oliveira, wat die Engelse span in die apartheidj­are verteenwoo­rdig het, was ook ’n lid van die klub.

Sy is ook die enigste vrouekriek­etspeler ter wêreld met ’n Royal Club-borgskap van Slazenger. En met spelers soos Jacques Kallis en Dale Steyn op dié internasio­nale krieketbor­g se boeke, is Malikah in goeie hande.

Maar dit stop egter nie daar nie. Malikah het die o.11-, o.12- en o.13-binnenshui­se hokkiespan­ne in een seisoen gehaal en sy is ook genooi vir o.19-krieketpro­ewe. Op die oomblik is daar nie ’n junior-meisies- krieketspa­n nie, maar dis nie ’n probleem vir Malikah nie. Sy oefen sommer Woensdae saam met die o.10-seunsspan.

Boebie Hamza (50), Malikah se pa, sê vandat sy twee was, het hy geweet sy dogter het ’n gawe, maar kenners het egter nie saamgestem nie.

“Almal kan nie sien wat jy sien nie en baie mense het gedink ek is mal, selfs die mense by die Sport Science Centre het vir my gesê mens kan nie talent op tweejarige ouderdom raaksien nie.

“Alle ouers dink mos maar hul kinders is spesiaal, maar daar was iets anders wat ek raakgesien het en van dag een af was sy suksesvol in alles wat sy gedoen het,”vertel Boebie.

Met die intrapslag in hul huis in Kensington buite Kaapstad, is Malikah se medaljes en trofeë die eerste ding wat jy sien.

Malikah is ’n meisie van min woorde; sy laat liewer haar vertonings op die sportveld die praatwerk vir haar doen.

Wanneer haar pa oor haar vele prestasies praat, vergeet ’n mens soms Malikah is net 10 jaar oud.

Maar wanneer sy skaam glimlag of speels haar hand agter haar pa se kop sit, kom die kinderlikh­eid na vore.

“Sy word toegelaat om 10 jaar oud te wees by die huis, so by die huis is sy ’n gewone 10-jarige. Maar wanneer sy oor die wit lyn hardloop op die sportveld, maak haar ouderdom glad nie saak nie,”sê Boebie.

By die skool neem sy deel aan hokkie, waterpolo, krieket, sokker, netbal, gholf, swem en driekamp. Haar skoolwerk word nie afgeskeep nie, maar hoe en waar kry sy tyd om deur haar skoolwerk by alles uit te kom?

“My ouers het my geleer dat dit be-

langrik is om alles te balanseer. Ek geniet die sport en ek sukkel glad nie, maar ek het nou besluit om te fokus op krieket en hokkie,” sê sy.

“Ek hou baie van krieket, want dit is pret en jy moet baie konsentree­r. Hokkie is ook fun, want ek hou daarvan om goals te score en deel te wees van die span.”

SPESIALE VERHOUDING

Dit kan soms moeilik wees om die balans in ’n pa-en-dogter-verhouding te behou wanneer jou pa ook jou afrigter is, maar Boebie sê tot dusver was dit eintlik vir hulle ’n voordeel.

“Ons coaching sessions is anders as wat dit met haar gewone coaches is. Ek dink ek is strenger, maar ek dink dit gaan net oor die vertroue. Sy vertrou my meer as wat sy enige ander persoon vertrou.

“Ons is baie geheg aan mekaar en ons is 90% van ons lewens saam. As ek saans by die huis kom, kom sit sy op my skoot. Ons speel saam, want hier is niks ander kinders in die huis nie. Ek probeer dit ’n learning curve maak. Ek dink ek is 99% pa en 1% afrigter,” sê hy.

“Sy’s nie ’n maklike kind nie, sy het ook maar haar streke by die huis en ons baklei ook maar soms soos ander ouers en kinders.”

Maar hy moes ook groot opoffering­s maak. Boebie het sy loopbaan van 25 jaar in die vermaaklik­heidsbedry­f prysgegee om sy dogter ten volle te ondersteun.

Hy sê sy vrou, Rhazia, werk voltyds en hy wil nie ekstra druk op haar sit om Malikah te karwei nie. Die paartjie het ook ’n 25jarige seun, wat ’n sportweten­skaplike is.

“Ek het al projekte opgegee en ek het onlangs ’n geleenthei­d van die hand gewys om Frankryk toe te gaan, omdat Malikah ’n belangrike hokkieweds­tryd gehad het. Vir my is dit nie ’n opoffering nie, dit is hoe die lewe van nou af gaan wees.

“Daar moet ’n ouer betrokke wees sodat die kind suksesvol kan wees. Ek het ’n goeie lewe en loopbaan gehad en ek het nou die tyd om daar te wees vir haar.”

Tussen al die sport deur het Malikah ook haar eie liefdadigh­eidsprogra­m, Goals 4 Loaves, waar sy brood skenk aan minderbevo­orregtes. Die program is nou al meer as twee jaar aan die gang en aan die einde van die eerste jaar het sy 450 brode geskenk.

Sy het in Augustus verlede jaar ook die rekordboek­e herskryf toe sy haar 300ste hokkiedoel aangeteken het. Dít nadat sy sowat twee jaar gelede die hokkiestok vir die eerste keer opgetel het.

Hoe sy dit doen sal net sy weet, want sy blink nie net uit op die sportveld nie. Malikah het verlede jaar ook ’n toekenning ontvang vir haar akademiese prestasie.

Boebie is ’n trotse pa wat nie uitgepraat raak oor sy dogter se prestasies nie. Hy sê egter al word sy dogter se naam in dieselfde asem as dié van sportlegen­des genoem, is hulle steeds gefokus op dit wat hulle moet doen.

“Ons raak nie emosioneel daaroor nie, want daar is goed waarop jy elke dag moet verbeter. Ons maak ook nie ’n issue daarvan nie. Malikah weet wanneer sy ’n slegte wedstryd gehad het en sy weet waarop sy nog moet verbeter. Dit raak soms moeilik, maar ons laat nie toe dat dit haar negatief maak nie.”

Ten spyte van alles bly sy ’n 10-jarige meisie wat die doodgewone dinge in die lewe geniet.

“Ek geniet dit om sport te speel, ek gaan ook baie na verjaardag­partytjies toe, maar die enigste ding wat ek haat, is shopping,” lag sy.

Haar gunsteling-krieketspe­lers is die Indiese krieketleg­ende Sachin Tendulkar en die Australies­e kolwer Steve Smith, wat op 25 die jongste toetskapte­in ooit is. Dit is eintlik ook nie ’n geheim dat sy vir die Australiër­s gaan skree in die Wêreldbeke­r-kriekettoe­rnooi wat volgende maand begin nie.

Sy wil graag eendag ’n profession­ele sportvrou of -afrigter word. En met die wêreld wat nog voor haar ooplê, kan ons nie wag om te sien wat die toekoms vir haar inhou nie.

Malikah is beslis ’n meisie om dop te hou, want al het sy al almal vir ’n ses geslaan met haar prestasies, kan daar net groter dinge wees wat op haar wag.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFOTO: Die 10-jarige Malikah Hamza is heeltemal gemaklik met ’n krieketkol­f in haar hande. VAN BO: Met haar pa en afrigter Boebie; Sy kan spog met vele trofeë; Malikah net so tuis op die hokkieveld; Tussen spanmaats toe sy haar internasio­nale...
HOOFOTO: Die 10-jarige Malikah Hamza is heeltemal gemaklik met ’n krieketkol­f in haar hande. VAN BO: Met haar pa en afrigter Boebie; Sy kan spog met vele trofeë; Malikah net so tuis op die hokkieveld; Tussen spanmaats toe sy haar internasio­nale...
 ??  ?? Kry jou volledige wedstrydgi­ds vir die 2015 wB-kriekettoe­rnooi op bladsy 36.
Kry jou volledige wedstrydgi­ds vir die 2015 wB-kriekettoe­rnooi op bladsy 36.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa