Kuier

PLAIN SE PASTOOR

Dié pastoorseu­n het op ’n tyd die pad byster geraak, maar het sy weg teruggevin­d en nou vermag hy groot dinge.

- DEUR ERNUSTA VAN WYNGAARD

As jy ’n idee het van hoe ’n pastoor moet lyk en klink, gaan die wind

effens uit jou seile geneem word wanneer pastoor Mark Mini voor jou staan. Want in sy skinny broek en T-hemp lyk hy beslis nie soos jou tipiese pastoor nie.

Op 32 is Mark, leier van die Christian Revival Church (CRC) in Mitchells Plain buite Kaapstad, ’n baie jong pastoor met ’n aansteekli­ke positiewe energie. Sedert Mark die leisels by sy pastoorpa, Michael Mini sr., in Februarie 2014 oorgeneem en sy pa se The River Church herdoop het na CRC Mitchells Plain, het hul gemeente gegroei van 60 lede tot sowat 800 lede (kinders en die jeug ingesluit).

Mark se visie strek ook verder as om mense in die kerk te kry. Hy wil Mitchells Plain se mense ophef en bemagtig en wil hê sy oudwoonbuu­rt moet ’n slag die koerantops­krifte vir die regte redes haal.

Hy wil hê suksesvoll­e entreprene­urs moet gebore word; die jongmense moet buite die grense van Mitchells Plain dink en beweeg en iets betekenisv­ol met hul lewe doen.

DINGE begin GEBEUR

En Mark, wat ’n graad in IT het en ’n voormalige uitvoerend­e hoof by ’n IT-maatskappy was, het reeds dinge begin regkry.

Hy het sy visie vir Mitchells Plain, wat hy deur middel van die CRC Mitchells Plaintak wil laat realiseer, gevat na senior leiers in die CRC, At Boshoff en past. Aidan en Sharon Jeffery, en ook gevra sakemanne (waarvan baie CRC-lidmate is) moet geld en hul vaardighed­e belê in Mitchells Plain en sy mense. Hulle het en Mark kon die bestaande skoolsaal van die Yellowood Primêre Skool in Mitchells Plain omskep in ’n“state of the art”ouditorium waarin hul kerkdienst­e gehou word.

Die ooreenkoms tussen Mark, wat nou in Bonteheuwe­l op die Kaapse Vlakte bly, en die skool is dat die skool ook die oudi-

om toe my pa en nie my pastoor te wees nie,”vertel Mark.

Hierna het hy met onder andere bendelede begin uithang en met dwelms en drank begin eksperimen­teer. Dinge het so aangegaan totdat Mark 28 was. In dié tyd het hy baie van sy vriende verloor weens tikgebruik en van sy vriende is al voor hom vermoor.“Ek wou iewers behoort, dis hoekom ek by hierdie goed betrokke geraak het. Ek het my waardighei­d verloor.”

Deur al sy mannewales was sy IT-werk sy rots en al was hy op die verkeerde pad in die ander deel van sy lewe, het hy seker gemaak sy werk ly nie daaronder nie. skuld, maar hy moes ’n ou IRP5-dokument by sy vorige werk gaan haal. Mark was embarrasse­d,“want my oudkollega­s sou weet my besigheid het misluk”.

Hy het egter sy trots in sy sak gesteek en gegaan. Hy het ’n oudkollega raakgeloop en Mark sê toe hy soek werk. Mark het sy CV gestuur en ’n werk gekry.

Dit het moeilik gegaan aan die begin, want hy moes met die trein tot by kliënte travel, maar toe koop sy baas vir hom ’n kar en sê hy hoef hom nie terug te betaal nie.

Twee jaar later, in Januarie 2012, het Mark ’n ander werk gekry en homself gou opgewerk tot op bestuursvl­ak.

Intussen was Mark en sy vrou in 2012 in ’n groot motorongel­uk en het dokters voorspel hulle sou moontlik nie meer kan loop nie. Weer het God vir Mark en sy vrou deurgekom, want dieselfde dag die ongeluk het hy uit die hospitaal gestap en Melissa het ook vinnig herstel.

“Toe praat God weer met my in 2013 en sê ek moet ’n tentdiens vir 30 dae in Mitchells Plain hou. Ek het dit nog nooit gedoen nie en my pa het my gewaarsku dit sou waarskynli­k nie werk nie, want ’n tentdiens‘hou jy net ’n week’,”vertel Mark.

Hy het sy opdrag van Bo uitgevoer en van 28 April tot 26 Mei 2013 ’n tentdiens gehou. Dit was suksesvol en op die eerste aand het 600 mense na die diens gekom.

“Maar ná die sukses van die tentdiens, het die kerk nie explode nie. Ek kon dit nie verstaan nie, want ek het ook regoor SuidAfrika gereis om te gaan preek,”sê Mark.

Dit was toe dat Mark die CRC se seniorprof­eet (visionary) At Boshoff in September 2013 kontak en sê hy wil meer by hulle leer. Boshoff het hom ook na past. Aidan Jeffery verwys en hy en sy vrou, Sharon, het Mark se mentors geword. Hulle het Mark se visie vir ’n CRC-tak in Mitchells Plain ondersteun en belê daarin. Die res is geskiedeni­s.

Toe Mark sy pa se kerk oorneem, het dinge van krag tot krag gegaan. Hy het sy werk in Augustus 2014 bedank en is nou voltyds in die bediening. Intussen het CRC Mitchells Plain 60 mense in diens geneem; deel hulle Sondae kospakkies uit en die Yellowood Primêre Skool se kinders en Sondagskoo­lkinders kry ook kos.

Maar Mark is nie van plan om hier te stop nie. Want, meen hy, die Here het hom gewys wat sy doel in Mitchells Plain is en hy leef nou voluit om dit uit te voer. torium kan gebruik. Daar is ook ’n kamerastel­sel waarmee kerkdienst­e opgeneem word en wat kan link met ander CRC-takke in Bloemfonte­in, Kaapstad se sakekern en selfs in Amsterdam en Engeland.

Voorts het ’n paar sakemanne ook onderneem om vanaf Januarie vanjaar vir nege weke entreprene­ursklasse in Tafelsig, Mitchells Plain, aan te bied. Mark het onder andere ook die Springbok Pierre Spies en Blitzbok Seabelo Senatla gekry om ’n motivering­spraatjie met die CRC-jeuglede te kom doen.

Volgende in die pyplyn is om die klein kerkgebou waarin sy pa 30 jaar gelede The River Church in Tafelsig begin het, te omskep in ’n veeldoelig­e opvoedings­entrum, wat onder meer toegerus gaan wees met rekenaars. Hulle wil ook ’n paar jeugdiges vanjaar Frankryk toe stuur.

“Ons bly nie net by praatjies nie. Daar is sakemanne wat belê het en geld op die tafel gesit het om ook hierdie sentrum ’n realiteit te maak,”sê Mark geesdrifti­g.

NOG UITDAGINGS

Veranderin­g het gekom toe Mark se pa hom kerk toe begin nooi en die kerk hom in September 2008 weer terug ontvang het. Van 2008 tot 2010 het Mark met sy musiektale­nt ook baie jeugdiges kerk toe gelok en vir ’n wyle het dit goed gegaan.

Maar toe verloor hy alles in 2010 toe hy sy IT-werk los en in vennootska­p met ’n ander ou gegaan het. Sy vennoot het ses maande later onttrek en hul nuwe besigheid het gevou.

“Ek het twee huise en twee karre verloor. Ek en my vrou, Melissa (28), het daardie tyd ons baba, Morgan (nou 5), gehad en ek het van Julie tot November 2010 nie ’n werk gehad nie. Melissa, wat ook in IT werk, het ’n minimum salaris verdien en ons moes boonop in haar ma se voorkamer intrek. Ek was embarrasse­d en het die kerk vermy,” sê Mark.

Om alles te kroon, het Morgan in dié tyd met kookwater verbrand.“Sy het tot op die been verbrand. Ek het gehuil daardie dag, want ek moes Morgan na ’n daghospita­al neem. Ek kon haar nie eens na ’n behoorlike hospitaal toe vat nie omdat ons nie geld gehad het nie. Ek het God gevra hoekom al hierdie dinge met my moes gebeur? ’n Stem, wat ek nou weet die Heilige Gees was, het toe vir my gesê:‘Ek vat jou hierdeur vir ’n rede. As jy My onbeskaamd dien, sal ek jou weer heel maak’,”onthou Mark hierdie emosionele tyd.

VAL EN weer OPSTAAN

Dit is egter nie net bogenoemde wat Mark laat uitstaan nie. Dis ook hoeveel keer hy al geval, gefaal, homself opgetel en sy suksesvoll­e loopbaan wat hy prysgegee het om sy roeping as pastoor te vervul, wat ’n mens laat regop sit en na hom laat luister.

Hy praat openlik oor hoe hy in sy middel-twintigs die pad byster geraak het.

Mark, wat twee broers Michael jr (35) en Maurice (24) het, vertel hy het altyd onder druk gevoel omdat hy aan ander mense se verwagting­e van ’n pastoorski­nd moes voldoen. Vir die grootste deel van sy jong lewe was Mark voorbeeldi­g. Op skool het hy akademies goed gedoen; op die sokkerveld was hy ’n ster (hy het later profession­eel vir onder meer Ajax Cape Town en Santos gespeel); hy was in ’n band en ook ’n jeugleier in sy pa se kerk. Ná skool het hy studeer vir sy IT-graad.

“Maar toe het ek op 24 ’n kind gehad voordat ek getroud was en dit het my gebreek. Ek was uit die kerk geskop omdat die kerk gevoel het ek is ongoddelik en nie ’n goeie voorbeeld nie. Dit was moeilik, want ons kerk was baie tradisione­el. My pa-hulle het in die openbaar hulle by die kerk geskaar en stilweg met my. Ek en my pa se verhouding het daaronder gely, want ek het gevoel hy was veronderst­el

die VERANDERIN­G

Mark het geluister en is terug kerk toe en die goeie dinge het uiteindeli­k begin gebeur. Eers het hy ’n brief van die Inkomstedi­ens (Sars) gekry dat hulle hom R3 500

 ??  ?? HOOFFOTO: Pastoor Mark Mini het groot planne vir sy kerk, die Christian Revival Church in Mitchells Plain.
HOOFFOTO: Pastoor Mark Mini het groot planne vir sy kerk, die Christian Revival Church in Mitchells Plain.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa