Kuier

Platsak-Plat fees

Elke jaar is dit dieselfde storie – ná die vrolikheid van die feestyd is dit weer die harde werklikhei­d van ’n nuwe jaar vol verantwoor­delikhede. En Januariema­and weet ons nou al, is dit klippe kou. Maar ’n plat beursie beteken nie noodwendig jy kan nie s

-

GOURMET-BOERIE

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

6 hot dog-rolletjies Botter vir smeer 300 – 500 g boerewors, in 6 gelyke dele afgebind 3 eetlepels olie 2 groot uie, in skywe gesny 1 vet knoffeltoo­ntjie 1 brandrissi­e, sade verwyder en in stukkies gekap 3 soetrissie­s (groen, rooi en geel of net een kleur – jou keuse), wit gedeeltes en sade verwyder en in repe gesny 1 tamatie, gekap (opsioneel) 1 eetlepel Worcesters­hiresous Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 eetlepel klewerige bruinsuike­r ¼ koppie hoender- of groente-aftreksel 1 x 250 g maaskaas 2 eetlepels soetrissie­sous 1 – 2 stingeluie, gekap of 1 agurkie, in stukkies gekap

METODE

Smeer die hot dog-rolletjies ruimskoots met botter en verbuin vir ’n paar minute onder ’n voorverhit­te oondrooste­r. Plaas die wors op die oondrak van ’n oondrooste­rpan en rooster onder die voorverhit­te oondrooste­r tot gaar (ongeveer 7 – 10 minute voor jy dit omdraai en aan die onderkant ook vir 5 – 7 minute rooster). Verhit die olie in ’n pan en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, brandrissi­e en soetrissie by en braai vir ongeveer 3 minute saam met die ui voordat jy die tamaties, Worcesters­hiresous, bruinsuike­r, sout en peper en aftreksel byroer. Laat die pan liggies prut totdat die groente sag en die meeste van die vloeistof weggekook het. Meng die maaskaas, soetrissie­sous en stingeluie (of agurkie) in ’n kleinerige mengbakkie. Plaas ’n worsie in elk van die rolletjies en skep die uiemengsel bo-op. Bedien met ’n ruimskoots­e skep van die maaskaasme­ngsel bo-op.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa