HOENDERSOP

Ge­noeg vir 4 – 6

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

BE­STAND­DE­LE 6 kop­pies van die kook­vloei­stof wat in die pot ag­ter­ge­bly het na­dat die hoen­der en groen­te uit­ge­skep is (jy kan dit aan­vul met ’n bie­tjie hoen­der­af­trek­sel in­dien jy dit meer wil maak) 1 gro­te­ri­ge ui, fyn­ge­kap 2 aar­tap­pels, ge­skil en in blok­kies ge­sny 2 wor­tels, ge­skil en in rin­ge­tjies ge­sny E­ni­ge an­der groen­te van jou keu­se ’n Hand­vol vars­ge­kap­te pie­ter­sie­lie Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak Van die oor­skiet­hoen­der­vleis en -groen­te (sien voor­af­gaan­de re­sep)

ME­TO­DE Plaas al die be­stand­de­le (be­hal­we die oor­skiet­hoen­der en -groen­te) in ’n groot ka­strol en bring tot kook­punt. Ver­laag die hit­te en be­dek die pot. Prut tot­dat die groen­te sag is. Ge­bruik ’n hand­men­ger of voed­sel­ver­wer­ker en ver­pulp die sop. Voeg die oor­skiet­groen­te en die oor­skiet­hoen­der (ont­vel, ont­been en in stuk­kies ge­sny) in die pot en maak deur­warm. Be­dien met lek­ker vars­ge­bak­te brood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.