BAN­GERS & MASH MET ’N TWIST

Ge­noeg vir 6

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

BE­STAND­DE­LE 1 kg aar­tap­pels (ek­stra melk, bot­ter, ½ tee­le­pel bak­poei­er, sout en pe­per na smaak vir die mas­hed po­ta­toes). 200 g Ween­se wor­sies, smo­kies of Frank­fur­ters 1 eet­le­pel o­lie 1 eet­le­pel soet­ris­sie­sous 2 eet­le­pels bot­ter 3 eet­le­pels koek­meel 2 kop­pies warm melk 2 ei­ers, ge­skei 2 kop­pies ge­ras­per­de ched­dar­kaas 1 tee­le­pel sout ½ tee­le­pel mos­terd­poei­er Vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak

ME­TO­DE Kook die aar­tap­pels tot sag. Drei­neer en laat laat dit af­koel en trek die skil­le af. Druk die aar­ta­pels goed fyn en hou ’n kwart daar­van een­kant. Maak soos ge­woon­weg mas­hed po­ta­toes van die res (klop ’n klein bie­tjie kook­melk, ’n klont bot­ter, ’n hal­we tee­le­pel bak­poei­er en sout en pe­per na smaak by die aar­tap­pels). S­meer die mas­hed po­ta­toes teen die wand en op die bo­dem van ’n gro­te­ri­ge ge­smeer­de qui­che­bak. Voor­ver­hit die oond­roos­ter en rang­skik die wor­sies op ’n bak­plaat. Meng die o­lie en soet­ris­sie­sous en s­meer oor die wor­sies. Plaas dit vir ’n paar mi­nu­te on­der die oond­roos­ter. Hou dop dat dit nie brand nie. Sny die wor­sies in sky­fies en rang­skik dit op die bo­dem van die aar­tap­pel­kors. Maak die vul­sel: S­melt die bot­ter in ’n ka­strol oor lae hit­te en roer die koek­meel daar­deur. Haal die ka­strol van die stoof af en roer die warm melk ge­lei­de­lik by tot jy ’n mooi glad­de meng­sel het. Plaas dit te­rug op die stoof­plaat en roer aan­hou­dend tot glad en dik en haal dan van die stoof af. Klits die ei­er­ge­le en roer dit vin­nig by die wit­sous. Roer die oor­bly­wen­de kwart van die fyn­ge­maak­te aar­tap­pels by, as­ook die kaas, sout, mosterd en pe­per. Klits die ei­er­wit­te tot net-net styf en vou in die meng­sel in. Giet die meng­sel bo-op die wor­sielaag en bak vir 40 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.