piz­za geu­ri­ge

Piz­za is al­tyd ’n s­maak­li­ke ge­reg wat jou vin­nig van jou hon­ger sal laat ver­geet. Pro­beer dié va­ri­a­sie wat jy som­mer self in jou eie kom­buis aan­me­kaar kan slaan.

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

SPEK-EN-SAMPIOENPIZZA

Ge­noeg vir 4

BE­STAND­DE­LE

1 rol puff pa­stry (skil­fer­kors­deeg) 1 eet­le­pel o­lie 250 g spek, in stuk­kies ge­sny 1 ui, fyn­ge­kap 1 knof­fel­toon­tjie, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 x 250 g hou­er sam­pi­oe­ne ¼ kop­pie af­trek­sel (hoen­der-, bees­vleis- of groen­te-af­trek­sel) 2 ta­ma­ties, ge­skil en ge­kap Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 2 tak­kies vars roos­ma­ryn, blaar­tjies ge­stroop en fyn­ge­kap (of 1 tee­le­pel droë roos­ma­ryn) ½ kop­pie fe­ta­kaas, in stuk­kies ge­breek Vars roc­ket-bla­re (op­si­o­neel)

ME­TO­DE

1. Rol die deeg uit in ’n reg­hoek en voer ’n ge­smeer­de bak­plaat daar­mee uit. P­rik die op­per­vlak o­ral­oor met ’n vurk. Laat in die ys­kas ter­wyl jy die bo­laag voor­be­rei.

2. Ver­hit die o­lie in ’n pan en braai die spek. Voeg die ui en knof­fel by en braai tot die ui sag en deur­sky­nend is.

3. Voeg die sam­pi­oe­ne en roos­ma­ryn by en braai ’n paar mi­nu­te saam. Voeg die af­trek­sel by, geur met sout en pe­per en laat die pan lig­gies prut tot­dat die vloei­stof heel­te­mal weg­ge­kook en die sam­pi­oe­ne gaar is.

4. Skep die meng­sel op die deeg­ba­sis en sprin­kel die ge­kap­te ta­ma­tie en fe­ta­kaas oor. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 220°C vir 10 – 15 mi­nu­te. Be­dien met vars roc­ket-bla­re bo-op ge­rang­skik.

1

2

3

4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.