Kuier

WIE GAAN KONING KRAAI DOER ONDER?

-

Suid-Afrika het ’n berugte vloek wanneer dit kom by Wêreldbeke­rs. Die span het nog nooit die toernooi gewen nie, maar dít verhinder hulle nie om vanjaar in Australië en Nieu-Seeland een van die gunsteling­e te wees om die titel te wen nie.

Trouens, kritici vermoed die wenner, gegewe die Suidelike Halfrond-toestande, kan die Proteas of een van die gasheerlan­de wees. Die toernooi begin op 14 Februarie en die eindstryd word op 29 Maart in Melbourne gespeel.

Die Aussies was sowat ’n maand voor die Wêreldbeke­r-toernooi in die voorste posisie op die Eendagrang­lys, Indië tweede (hulle het goeie houespeler­s soos Virat Kohli, maar dalk nie die beste boulaanval op die oomblik nie), en Suid-Afrika derde.

Buiteperde vir die toernooi sluit in die Nieu-Seelanders, wat baie min sterspeler­s het, maar oor goeie spaneenhei­d en motivering beskik. Spanne soos die onvoorspel­bare Pakistan en die Wes-Indiese Eilande, wat buite die topvyf op die ranglys is, moet fyn dopgehou word.

Die Proteas het eweveel moontlike individuel­e wedstrydwe­nners soos enige ander span, met AB de Villiers wat waarskynli­k die mees opwindende kolwer op die planeet is, en Hashim Amla, ’n bekende staatmaker voor die paaltjies.

Dale Steyn is aan die stuur van die span se boulwerk en hy stuur gevaarlike blitsballe af wanneer hy so voel, en die toestande speel so reg in sy hande. – Rob Houwing, hoofskrywe­r van Sport24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa