Kuier

KRY RESULTATE

-

Dit is nie nodig om lang ure in die gym deur te bring nie. Volgens die webwerf www.health24.com is daar alternatie­we maniere waarmee jy ook die verlangde resultate kan kry.

Doen aktiwiteit­e soos om in die middag ná werk die hark te vat en die gras of blare op te vee.

Selfs om ’n bietjie tou te spring is ’n aktiwiteit wat voordelig is omdat dit jou hart se klomptempo verhoog.

Speel ’n bietjie buite met die kinders. Behalwe dat jy self lekker oefening kry, sal die kinders dit ook geniet om ’n bietjie ekstra aandag en speeltyd met jou te kry.

Gebruik liewer die trappe in plaas daarvan om vir ’n hyser te staan en wag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa