Kuier

7DE LAAN

- WEEKDAE, SABC2, 18:30

Gita (Jo da Silva) vat vir Ty vas omdat hy nie doen wat sy van hom verwag nie. Die Hillside Times sit steeds met die groot verlies sonder enige oplossing in sig. Linda is besig om moeilikhei­d tussen Bernard en Danelle te veroorsaak en Errol het planne vir Hilda se slippertji­es. Gita besluit om leiding te neem met die deli, want Vince kan nie die druk hanteer nie. Lynette maak ’n afspraak met Neville. Hilda ontferm haar oor Bonita en Xander kom tot Vince se redding. Ryno se kop is vol muisneste en Antoinette probeer uitvind wie sy is en waar sy vandaan kom. Bonita is nie bereid om te vergewe nie en Linda en Danelle het ’n groot uitval. OMNIBUS, SONDAE, SABC2, 15:30

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa