DAN­KIE KUI­ER!

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Hel­ping Hands, ’n or­ga­ni­sa­sie wat ge­stig is om ver­skeie ak­ti­wi­tei­te vir be­jaar­des aan te bied, is dank­baar vir ’n sken­king van 400 Kui­er- tyd­skrif­te aan die ou­es van dae. Die or­ga­ni­sa­sie is in 1980 ge­stig en hul­le ont­moet el­ke Woens­dag­og­gend by die Met­ho­dis­te Kerk in Rust­hof, Strand, bui­te Kaap­stad. Hier doen al die le­de naald­werk, brei­werk, hout­werk en hul­le skil­der ook. Die i­tems wat hul­le maak, word dan ver­koop om geld in te sa­mel vir hul jaar­lik­se Kers­par­ty­tjie. Ver­le­de jaar se par­ty­tjie is in die Strand-stad­saal ge­hou en die 400 be­jaar­des is van ’n heer­li­ke Ker­s­e­te voor­sien en elk­een is ook met ’n Kui­er van hul eie ge­se­ën.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.