Hal­lo Kui­er-men­se

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Daar is t­wee kan­te aan hier­die uit­ga­we – nes die te­ma wat ons hier­die keer in die soek­lig plaas. Soos jul­le se­ker al van ons stra­len­de voor­blad­ge­sig, Ela­na A­fri­kaB­re­den­kamp, af­ge­lei het, kyk ons na moe­der­skap en spe­si­fiek na swan­ger­skap- en fer­ti­li­teits­kwes­sies in hier­die uit­ga­we. So aan die een kant is daar die ab­so­lu­te vreug­de van ’n nu­we le­we wat ge­vier moet word, maar aan die an­der kant ook die diep, don­ker s­mart wan­neer die spro­kie ver­keerd loop. Ook hier in die Kui­er- span ken ons al­bei kan­te van die sto­rie en ek kan ge­tuig: net so hoog soos die vreug­de­vuur in die een ge­val brand, net so diep is die put van ver­driet aan die an­der. Maar uit al­bei is daar les­se te leer . . . Hier­die is geen­sins ’n mak­li­ke of nu­we on­der­werp nie, want in die eer­ste plek is dit so oud soos die mens self en elk­een het haar eie er­va­ring daar­van. En dan het ons mos nou nie die wê­reld se plek om el­ke hoek te dek waar­oor ’n mens moont­lik kan skryf nie. Daar­om het ons ons laat lei deur ons le­sers om te be­paal hoe kies ons die spe­si­fie­ke on­der­wer­pe in die gro­ter te­ma. Ons moes ab­so­luut weer gaan kyk na fer­ti­li­teits­kwes­sies, want die vrae daar­oor hou net nie op nie. Maar ons kan net so­veel doen en el­ke ge­val is u­niek. Dus is my raad aan el­ke vrou (en man) wat vrae het, om die moei­te te doen om vir ’n on­der­soek te gaan en die reg­te ant­woor­de te kry. Mans bly ook al­tyd ag­ter as daar oor hier­die on­der­werp ge­praat word en daar­om het ons die sto­rie oor va­der­skap­be­drog ge­doen. Dis iets waar­oor wei­ning ge­praat word. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.