J.Lo straal by die os­cars

Die Os­cars is vir se­ker dié Hol­ly­wood-e­vent. Hier is van die hoog­te­pun­te. SAAM­GE­STEL DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Kuier - - INHOUD - BY­KO­MEN­DE BRON­NE: WWW.PEOPLESTYLEWATCH.COM; WWW.VA­NI­TYFAIR.COM; WWW.OSCARWORLD.NET; WWW.BI­O­GRAP­HY.COM; WWW.AWARDSANDSHOWS.COM; WWW.NYDAILYNEWS.COM; WWW.CBSNEWS.COM; WWW.FOR­BES.COM

AIT­SA!

Wan­neer dit by mo­de op die rooi ta­pyt kom, stel Jennifer Lo­pez (45) sel­de te­leur. In haar nu­de rok deur die ont­wer­per E­lie Saab, het J.Lo die a­sems weg­ge­slaan. Vir som­mi­ge was die cle­a­va­ge dalk te veel vir hier­die for­me­le ge­leent­heid, maar J.Lo kan weg­kom met e­nig­iets. Haar lig­te gri­me­ring en een­vou­di­ge po­ny­tail was ook per­fek en het die rok al die aan­dag laat kry. ’n Mens voel am­per jam­mer vir die ak­teur Ro­bert Du­vall se vrou, Lu­ci­a­na Pe­dra­za (fo­to on­der), wat ’n soort­ge­ly­ke rok net in ’n don­ker­der per­ske­kleur ge­dra het. Al k­lein ver­skil tus­sen die t­wee ak­tri­ses se looks was dat J.Lo ’n k­lein belt ook om­ge­had het, wat die rok daar­die ek­stra oemf ge­gee het en Lu­ci­a­na se cle­a­va­ge was mi­ni­maal. J.Lo klop Lu­ci­a­na eg­ter met skoon stel­le vir hier­die Os­car-look.

VAT VYF

1. Die Os­cars is nou wel ver­by, maar ons won­der steeds wat die ak­teur Ben Af­fleck (42) dié aand ty­dens ’n ad­ver­ten­sie­breuk in sy eks Jennifer Lo­pez se oor ge­fluis­ter het. J.Lo het hom hier­na ’n speel­se hou op die arm ge­gee.

2. Wy­le Kat­ha­ri­ne Hep­burn (96) het in haar loop­baan 12 Os­car-be­noe­mings ge­had en hou met vier toe­ken­nings steeds die re­kord vir die mees­te Os­cars ge­wen deur ’n ak­tri­se. Me­ryl Streep (65) was van­jaar vir die 19de keer be­noem. Dit is die mees­te be­noe­mings vir e­ni­ge ak­teur. Sy het al d­rie Os­cars ge­wen. Jack Nicholson (77) het al 12 be­noe­mings ge­kry en is saam met Da­niel Day-Le­wis (57), die ak­teur wat die mees­te (d­rie keer) met ’n Os­car be­kroon is.

3. Die d­rie flieks wat al 11 Os­cars op een aand, maar in ver­skil­len­de ka­te­go­rieë ge­wen het, is Ben-Hur (1959); Ti­ta­nic (1997) en Lord of the Rings: Re­turn of the King (2003). 4. Die Os­car-beeld­jie se amp­te­li­ke naam is eint­lik die A­ca­de­my A­ward of Me­rit. Blyk­baar het dié beeld­jie sy by­naam ge­kry toe die Os­car A­ca­de­my se bi­bli­o­te­ka­res­se, Mar­ga­ret Her­rick, ge­sê het die k­lein goue man­ne­tjie lyk soos haar“Un­cle Os­car”.

5. Daar­die Os­car-beeld­jie kos $400 (R4 500) een. Die groot waar­de van hier­die toe­ken­ning lê eg­ter in wat dit vir ’n ak­teur of pro­duk­sie­huis se han­dels­merk kan be­te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.