WA­RE LE­WENS­DRA­MA:

Mei­sie (7) nou on­her­ken­baar weens groei­sel

Kuier - - INHOUD - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Sy is ’n ska­du­wee van die eens le­wens­lus­ti­ge en bor­re­len­de kind wat sy t­wee jaar ge­le­de nog was. Sy kan nie meer glim­lag nie en haar vro­li­ke ge­lag is ver­vang deur ’n ge­kreun van die pyn waar­in sy 24 uur per dag ver­keer.

Keisha Gys­man (7) se le­we hang aan ’n draad­jie . . .

Sy ly aan ’n ag­gres­sie­we vorm van die kan­ker neu­ro­blas­toom wat die ver­wron­ge groei­sel op haar ge­sig ver­oor­saak en haar le­we in ’n hand­om­keer in ’n vol­slae nag­mer­rie ver­an­der het.

Ook vir haar ou­ers, Hilary (43) en John­ny Gys­man (44) van Gel­van­da­le in Port Elizabeth, is hul le­we en huis nie meer wat dit was nie, want al­mal dra lood­swaar aan die e­mo­si­o­ne­le pyn om­dat hul­le Keisha by die dag sien ag­ter­uit­gaan.

Dr. Jo­ha­ni Ver­meu­len, hoof van die pe­di­a­trie­se on­ko­lo­gie-een­heid by die Do­ra N­gin­za-hos­pi­taal in Port Elizabeth wat Keisha be­han­del het, sê sy mag weens “dok­ter-pa­si­ënt-ver­trou­lik­heid”nie oor Keisha se ge­val praat nie.

Sy het wel neu­ro­blas­toom ver­dui­de­lik as ’n baie ag­gres­sie­we kan­ker wat meestal in kin­ders voor­kom.“Sta­di­um IV (wat Keisha het) be­te­ken die kan­ker het reeds deur die lig­gaam ver­sprei teen die tyd wat dit die eer­ste keer ge­di­ag­no­seer word. Selfs wan­neer neu­ro­blas­toom nie ver­sprei nie, is dit steeds moei­lik om te ge­nees,”sê sy.

Vol­gens die web­tuis­te www.ma­yo­cli­nic.org, af­fek­teer neu­ro­blas­toom meestal kin­ders on­der vyf jaar of jon­ger. En som­mi­ge vor­me van neu­ro­blas­toom gaan van­self weg, ter­wyl an­der ver­skeie ti­pe be­han­de­lings ver­eis.

Kui­er het Keisha se sto­rie vir die eer­ste keer in die Kaap­se dag­blad Son ge­sien, maar dit kon ons glad nie voor­be­rei vir wat dit aan jou hart doen wan­neer jy haar van aan­ge­sig tot aan­ge­sig sien nie.

Keisha is in Mei 2013 met neu­ro­blas­toom in haar maag ge­di­ag­no­seer en ná ’n jaar se be­han­de­ling is sy in Ju­nie ver­le­de jaar“kan­ker­vry”ver­klaar. Maar bin­ne ’n kwes­sie van we­ke was die pyn te­rug en bin­ne ses maan­de was Keisha on­her­ken­baar.

’n Mas­sie­we groei­sel (tumour) het aan die reg­ter­kant van haar ge­sig ge­vorm en haar reg­ter­oog heel­te­mal ver­swelg. Sy het al­le sig uit daar­die oog ver­loor. Die tumour het ook haar mond skeef­ge­trek en ver­oor­saak dat sy nie meer deur haar neus kan a­sem­haal nie. Haar reg­ter­been is ook aan­sien­lik dik­ker as haar lin­ker­been en Keisha kan nie meer loop nie.

Met Kui­er se be­soek op Vry­dag 20 Fe­bru­a­rie aan Keisha by haar ou­er­huis in die Baai, het daar ook reeds ’n don­ker­kleu­ri­ge gat, waar­uit die bloed sy­fer, aan die on­der­kant van die tumour ge­vorm. Aan die bo­kant is die­self­de don­ker­kleu­ri­ge uit­groei­sel. Dit gee ook ’n sleg­te reuk af om­dat dit sep­ties is.

Die Maan­dag ná die on­der­houd het die fa­mi­lie laat weet ’n der­de gat het in hier­die tumour ont­wik­kel.

So Baie vrae

Die vrae wat heel­tyd deur jou kop maal, is hoe­kom ’n jong kind só moet ly? Is daar reg­tig nie­mand wat haar kan help nie?

Ons het tog goeie dok­ters en gra­tis me­die­se sorg in Suid-A­fri­ka, hoe is dit moont­lik dat Keisha se toe­stand hier­die punt kon be­reik, selfs na­dat Hilary da­de­lik me­die­se hulp ge­soek het toe Keisha weer laat in Ju­nie 2014 be­gin kla het van pyn. Sy het ook ’n blou merk on­der haar reg­ter­oog ont­wik­kel en dié oog se pu­pil het stil gaan staan, ver­tel Hilary.

Vol­gens die web­tuis­tes www.ma­yo­cli­nic.org en www.kids­he­alth.org, is bo­ge­noem­de ook van die simp­to­me van neu­ro­blas­toom. Keisha se tumour het la­ter be­gin ont­wik­kel op die reg­ter­wang waar die blou merk on­der haar oog was.

Die groei­sel het teen so ’n vin­ni­ge tem­po be­gin groei tot op die punt waar Hilary en Keisha in Ok­to­ber 2014 die hart­ver­skeu­ren­de nuus by dok­ters by die Do­ra N­gin­za-hos­pi­taal ge­kry het:“Daar is niks meer wat ons vir jou kind kan doen nie. Die kan­ker gaan na haar kop ver­sprei en sy gaan sterf.”

En teen Ja­nu­a­rie van­jaar was die tumour op sy groot­ste en het Keisha se ge­sig be­gin mis­vorm.

Die fi­na­li­teit van hier­die woor­de en om te sien die tumour hou nie op groei nie, was moei­lik om te aan­vaar.

Kui­er het die me­die­se sa­me­vat­ting van Keisha se toe­stand ge­sien wat dr. Ver­meu­len aan die fa­mi­lie ge­gee het. Hier­in be­ves­tig sy“’n o­pe­ra­sie of be­stra­ling is nie tans ’n op­sie nie”, maar dat hul­le Keisha se ly­ding met an­ti­bi­o­ti­ka en mor­fien pro­beer ver­lig.

Maar Hilary kan nie ver­staan hoe­kom die hos­pi­taal, ge­ge­we Keisha se ge­skie­de­nis met neu­ro­blas­toom, nie ’n

bi­op­sie ge­doen het op die blou merk on­der haar oog toe sy weer be­gin kla het van pyn nie.“Dalk sou die drei­gen­de groei­sel toe al op­ge­spoor kon word”, sê sy des­pe­raat.

Dr. Ver­meu­len het wel ver­der ver­dui­de­lik en ge­sê wan­neer neu­ro­blas­toom te­rug­keer (re­lap­se), is die kan­ker dik­wels nog meer ag­gres­sief en kan dit bin­ne ’n week of t­wee deur die he­le lig­gaam ver­sprei.“Soms is ’n bi­op­sie nie no­dig om te be­ves­tig dat die kan­ker te­rug is nie – daar is an­der mer­kers in die bloed en skan­de­rings wat ons kan ge­bruik. Die re­de hoe­kom ’n Sta­di­um IV-neu­ro­blas­toom wat re­lap­se nie be­han­del kan word nie, is dus nie om­dat dit‘te laat’ ge­di­ag­no­seer is nie, maar om­dat daar in die mees­te ge­val­le geen ge­ne­sen­de be­han­de­ling meer is nie.”

Kui­er doen nie Keisha se sto­rie vir die sen­sa­sie óf om vin­gers te wys nie, maar ons kan nie help om te won­der of die ge­sond­heid­heid­stel­sel haar nie ie­wers ge­faal het nie. Is dít wat kan ge­beur wan­neer jy uit ’n arm ge­meen­skap kom en nie ’n an­der keu­se het as om te­vre­de te moet wees met die me­die­se be­han­de­ling wat jy kry nie?

Dalk ís dit te laat vir Keisha en kan nie­mand haar meer help nie, maar ons vra hier­die vrae om­dat ons nie wil hê nóg ’n kind daar­bui­te moet so ly nie.

Kui­er het ook her­haal­de ke­re vir Si­z­we Ku­pe­lo, woord­voer­der van die Oos- Kaap­se ge­sond­heids­de­par­te­ment, vir kom­men­taar pro­beer kon­tak, maar geen ant­woord is op sy sel­foon ge­kry nie.

Haar SWAAR STRYD

In­tus­sen gaan dit al hoe s­leg­ter met Keisha, maar sy veg so­veel as wat sy kan teen hier­die kan­ker wat haar ten­ger lig­gaam af­ta­kel.

Weg is haar hart­vor­mi­ge ge­sig­gie met die le­wen­di­ge oë, natuurlike rooi lip­pies, dim­ple-glim­lag en skou­er­leng­te ha­re waar­op sy so trots was.

Die lin­ker­kant van Keisha se ge­sig lyk nog nor­maal en dit breek jou hart in dui­sen­de stuk­kies om te sien hoe dié deel van haar ge­sig ver­trek van die pyn. Die o­gie wat in jou­ne te­rug­staar is hart­seer en lyk am­per as­of sy jou woor­de­loos om hulp smeek. (Sy kan ge­luk­kig da­rem nog praat.)

Die on­ge­loof sit nog­steeds vlak in Hilary se oë en stem wan­neer sy ver­tel haar swan­ger­skap met Keisha, die der­de jong­ste van haar kroos van se­we, was nor­maal.

Sy be­gin dap­per Keisha se stryd tot nou her­leef, maar die on­der­houd het net ’n ruk ge­vor­der toe sy be­gin breek.

“Keisha was ’n le­wen­di­ge mei­sie en lief vir speel. Nou is sy baie be­wus van die groei­sel in haar ge­sig. Daai tumour groei en groei net en haar pyn is on­draag­lik. Wat my hart­seer maak, is dat sy ’n mei­sie is en som­mi­ge dae wil sy nie men­se sien nie. Baie dae kyk sy ook na fo­to’s van

VOOR DIE TUMOUR

Voor die groei­sel was Keisha soos e­ni­ge nor­ma­le kind van haar ou­der­dom en daar was geen te­ken dat die kan­ker bin­ne in haar ge­slui­mer het nie, be­gin Hilary ver­tel.

Hilary sê Keisha was vyf toe sy een­dag by haar skool ge­val en kort daar­na swaar be­gin loop het. Sy het ook ge­kla haar maag is seer en dit het be­gin swel. Hilary het ge­dink Keisha het wurms en haar kli­niek toe ge­vat waar­na sy hos­pi­taal toe ver­wys is.

Keisha is op 5 Mei 2013 by die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal in Kaap­stad op­ge­neem en was d­rie we­ke daar toe ’n groei­sel in haar maag bars.

“In Port Elizabeth het dok­ters ver­moed die kan­ker is in haar nie­re en in die Kaap (by Rooi Kruis) het hul­le ge­sien dit lê on­der haar le­wer. Dis toe dat die dok­ters vir my sê Keisha het neu­ro­blas­toom,”sê Hilary am­per moeg.

Haar stem be­we wan­neer sy by­voeg: “Vir my be­te­ken kan­ker jy gaan nóú dood. Al­les in jou le­we kom tot stil­stand wan­neer jy so iets hoor.”

Al het Hilary ge­voel of sy op die rand van ’n in­een­stor­ting is, móés sy sterk wees vir Keisha en haar an­der ses kin­ders.

En wat hier­die tyd­perk ook nóg moei­li­ker ge­maak het, is dat haar jong­ste kind, ’n seun, met Keisha se di­ag­no­se net ’n maand oud was en sy hom nog ge­bors­voed het. haar­self op haar foon van hoe sy voor­heen ge­lyk het. Keisha jaag som­mer self haar maat­jies weg en men­se het ook nie meer tyd vir haar nie, om­dat die tumour ’n reuk af­gee,”sê Hilary hart­seer.

Toe Keisha haar be­han­de­ling by die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal be­gin en vir se­we maan­de by die St. Jo­seph’s Ho­me in Mon­ta­na, Kaap­stad, moes bly vir hier­die tyd­perk, moes Hilary haar an­der kin­ders in Port Elizabeth ag­ter­laat.

Sy en John­ny het beur­te ge­maak om by Keisha te wees wan­neer sy el­ke 21 dae che­mo­te­ra­pie ge­kry het, so­dat daar al­tyd ’n ou­er by haar en een by hul an­der kin­ders kon wees. Haar skoon­sus­ter S­hel­de­ne Coet­zee het ge­luk­kig ge­help kyk na haar ba­ba­seun­tjie.

“Ons moes op en af (tus­sen Kaap­stad en Port Elizabeth) en ek moes my werk los om te help kyk na die kin­ders. Ons het van die am­bu­lans­diens­te ge­bruik ge­maak en soms moes ons boon­op hoor ons mis­bruik hier­die diens­te,”sê John­ny.

Die tra­ne dam op in Hilary se oë wan­neer sy hier­die tyd ont­hou.“My tra­ne het ge­rol daar­die tyd, want dit was seer om Keisha so te sien. Die che­mo het haar baie siek ge­maak. Dit was ook swaar om haar te los wan­neer ek moes huis toe kom en wan­neer ek wel by haar was, was ek ook be­kom­merd oor my an­der kin­ders hier by die huis.”

John­ny ont­hou op sy beurt hoe die an­der kin­ders ook ge­raak word. Hy sê daar was dae wat hul ba­ba op­ge­tel wou word, om­dat hy aan­dag soek, maar dan kon hy en Hilary nie, want hul­le moes Keisha se be­hoef­tes pri­o­ri­ti­seer.

TY­DE­LI­KE BLYD­SKAP

Din­ge het be­ter ge­raak toe Keisha in No­vem­ber 2013 te­rug kon keer huis toe en haar be­han­de­ling va­n­af 2 De­sem­ber 2013 vir nog ses maan­de by die Do­ra N­gin­za-hos­pi­taal voort­sit. Sy was weer tus­sen haar eie men­se en haar broers en sus­ters het na haar ver­lang.

Keisha se lig­gaam was swak as ge­volg van al die che­mo­te­ra­pie en sy het haar ha­re ver­loor, maar sy het daar­na uit­ge­sien om gr.1 by Fon­tein Pri­mê­re Skool te be­gin.

John­ny glim­lag trots en sê spog­ge­rig hoe mooi Keisha in die skool ge­doen het. “Sy het net ses­se en se­wes (in haar skool­werk) ge­kry,”sê hy. En dit al­les ten spy­te van die feit dat som­mi­ge kin­ders by die skool haar ge­spot het oor haar“man­kop”. (Van­dat die groei­sel in haar ge­sig so groot en die pyn so erg ge­raak het, moes Hilary en John­ny haar nood­ge­dwon­ge uit die skool haal).

En toe kry hul­le op 2 Ju­nie 2014 die goeie nuus: Keisha se che­mo­te­ra­pie is uit­ein­de­lik klaar en sy is kan­ker­vry.

“Ek was só ver­lig, want die kan­ker was weg en my kind was ge­sond,”sê Hilary.

Met die ont­hou hier­van hel­der Hilary se ge­sig vir ’n oom­blik op, maar dit sak weer wan­neer sy sê selfs nog voor Keisha se che­mo ge­staak is, het sy in Mei 2014 klie­re in haar nek ont­wik­kel. Dok­ters het ge­dink dis man­gels. Die pyn in haar reg­ter­been het ook er­ger ge­raak en dit het som­mer van­self ge­breek.

En nie lank na­dat Keisha haar che­mo­te­ra­pie vol­tooi het, was die pyn met me­ning te­rug. Dok­ters het haar bloed ge­toets, maar kon geen kan­ker sien nie.

Die blou merk on­der haar reg­ter­oog het toe sy ver­sky­ning ge­maak en na­tuur­lik die pu­pil wat stil­ge­staan het, ver­tel Hilary.“Keisha was nog op 28 Ju­nie 2014 in ’n troue,”sê Hilary en wys hoe mooi haar dog­ter dié dag ge­lyk het.

Tus­sen Ju­lie, Au­gus­tus en Sep­tem­ber 2014 het die groei­sel al hoe gro­ter ge­word en teen Ja­nu­a­rie 2015 was die reg­ter­kant van haar ge­sig mis­vorm.

“Dok­ters het in dié tyd al moeg ge­word van my, want ek was aan­me­kaar daar (by die hos­pi­taal), maar hul­le kon nie vas­stel wat fout is met haar nie. Soms het ek net met t­wee pot­jies Pa­na­do huis toe ge­kom. En op 4 Ok­to­ber 2014 sê dok­ters vir my hul­le kan niks meer vir Keisha doen nie.

“Ek was dié dag in staat tot e­nig­iets en ek was op die punt om pil­le te drink, want ek kon dit nie meer vat nie,”sê Hilary ter­wyl die tra­ne oor haar wan­ge rol.

VEG MOE­DIG voort

Se­dert­dien het Keisha se ver­sor­ging ’n vol­tyd­se werk vir Hilary ge­word. John­ny het ge­luk­kig weer werk ge­kry.

Hilary en die res van haar ge­sin pro­beer ook om al­mal sterk te wees vir Keisha en haar so ge­mak­lik moont­lik te maak, maar dis vir hul­le ook ’n stryd.

Hilary het ná die nuus dat Keisha dit nie gaan maak nie, nie ge­weet of sy kom of gaan nie.

Vir Hilary en John­ny is die erg­ste dat hul­le as ou­ers mag­te­loos is om Keisha se pyn te ver­lig. Be­hal­we vir lief­de, aan­dag, ge­duld en die mor­fien wat hul­le vir haar se­we keer per dag, el­ke ses ure moet gee, is hul han­de af­ge­kap.

Hul­le, ver­al Hilary, kan nie glo hul­le het by die punt ge­kom waar me­di­ci nie meer hoop het vir hul dog­ter nie. En dan is daar Keisha se kon­stan­te pyn.

“Ek het een­dag ver­geet om haar mor­fien op tyd te gee en sy het vir my ge­vra, ‘Mam­mie, weet jy dan nie wat is pyn nie?’ Som­mi­ge dae knyp sy my hand, so as­of sy wil hê ek moet die pyn voel wat sy voel,”sê Hilary deur die tra­ne.

Die pyn het Keisha se per­soon­lik­heid heel­te­mal ver­an­der en maak haar ag­gres­sief, sê John­ny.

Hilary sê sy het Keisha se ver­sor­ging na die plaas­li­ke hos­pi­ce ver­skuif en dat hul­le nou d­rie keer per week by haar om­kom om Keisha se me­di­ka­sie te b­ring, maar Hilary maak self Keisha se won­de, wat baie bloei, skoon.

Die e­nig­ste an­der ding wat Keisha vir kort ruk­kies van haar pyn laat ver­geet, is wan­neer sy car­toons kyk. Maar nou is hul TV stuk­kend en dis on­ge­mak­lik om haar te dra na die bu­re toe om te gaan TV kyk.

Die an­der ding waar­voor Hilary-hul­le die mees­te hoop, is dat daar ie­wers in die land ’n on­ko­loog is wat sy hand na Keisha sal uit­steek en haar vir een laas­te keer sal on­der­soek. Wat die be­trok­ke dok­ter ook­al vir hul­le sê, hul­le sal be­rus daar­by. Hul­le wil net nie som­mer op­gee nie.

Kui­er het prof. Alan Davidson, hoof van die pe­di­a­trie­se on­ko­lo­gie-een­heid by die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal, wat Kes­hia die eer­ste keer be­han­del het, ge­na­der.

Davidson het by mon­de van An­ge­li­que Jor­daan, die hos­pi­taal se woord­voer­der, die hart­ver­skeu­ren­de nuus her­haal. Daar is niks wat hul­le meer vir Keisha kan doen nie.

Hoe aan­vaar jy as ou­er dit? Hoe leef jy met die we­te dat e­ni­ge dag jou kind se laas­te gaan wees?

Al wat ons in die Kui­er- ge­meen­skap vir Keisha kan doen, is om haar en haar fa­mi­lie in ons ge­be­de te dra en saam met hul­le te hoop vir ’n won­der­werk.

15 ok­tob

er2014

28 ju­nie 2014

HOOF­FO­TO: Keisha Gys­man (7) is nou on­her­ken­baar weens die die kan­ker wat ’n groei­sel in haar ge­sig ver­oor­saak het. LINKS (bo) Keisha was eens ’n dood­ge­wo­ne, sorg­vrye mei­sie; (on­der) die eer­ste te­kens van die groei­sel word sig­baar op haar reg­ter­wang.

van­dag

LINKS: Hilary Gys­man, Keisha se ma, haal die ver­ban­de van haar ge­sig af wat die uit­groei­sel be­dek. BO: As ou­ers, voel John­ny en Hilary mag­te­loos om hul dog­ter te help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.