BOOD­SKAP:

Staan op uit die as en word ’n in­stru­ment vir God

Kuier - - INHOUD - DEUR PAST. GRA­HAM M. TAFF * Past. Gra­ham M. Taff is die se­ni­or pas­toor by die Ri­vers Of Joy Ta­ber­na­cle Vol­le E­van­ge­lie Kerk van God in Paarl.

op die le­wens­pad lê daar tal­le man­ne en vroue wat eens ’n ver­skil in hul fa­mi­lies, ker­ke, en sa­me­le­wing ge­maak het. Dalk is jy een van hul­le. Jy was toe­ge­wyd in al­les wat jy ge­doen het. Jou fa­mi­lie en vrien­de het op­ge­kyk na jou. Hul ver­wag­tin­ge was groot.

On­ge­luk­kig het iets in jou le­we ge­beur wat jou seer­ge­maak en ge­knak het. Toe het jy be­sluit dis ver­by. Jy is klaar met al­les en al­mal. In die pro­ses het jy dalk ie­mand ge­soek met wie jy kon praat; ie­mand wat jou ver­staan, wat kon luis­ter na jou hart, son­der om jou te ver­oor­deel.

Jou moed het jou be­ge­we. Jy’t be­gin stil word en jou af­ge­sny van al­mal. Soms het jy ge­voel om op te staan, maar dan weer ge­won­der wat die men­se sal sê. Van­dag wor­stel jy. Moet jy die kans waag en weer op­staan? Wat as jy weer seer­kry? Wat as jy weer vals­lik be­skul­dig en ver­werp word?

As jy dalk die een is wat jou tans in hier­die don­ker put be­vind, weet ver­se­ker, dié bood­skap hier in Kui­er is nie toe­val­lig nie. Nee, dis juis ’n be­wys dat jy kos­baar vir God is en Hy vir jou om­gee. In Sy groot ge­na­de maak God moei­te om langs hier­die weg vir jou te sê:“Luis­ter, Ek het goeie nuus.”

On­ge­ag hoe ver jy ge­val het, hoe diep jou seer is, waar jy jou nou be­vind en hoe­veel men­se jou al af­ge­skryf het. Jy sê dalk:“Maar God, ek is deur ’n eg­skei­ding. Ek het my werk, huis, mo­tor en sta­tus ver­loor. My seun is aan dwelms ver­slaaf. My jong­ste dog­ter is swan­ger. He­re, waar is U as dit don­ker is; as ek alleen voel?”

En dan, ge­lief­des, word ons her­in­ner aan die woor­de van Je­re­mia 18:3-5:“Toe het ek af­ge­gaan na die huis van die pot­te­bak­ker, en hy was juis be­sig om ’n stuk werk op die sky­we te maak. En die voor­werp wat hy be­sig was om te maak, het mis­luk – soos dit gaan met klei in die hand van die pot­te­bak­ker – maar hy het daar­uit weer ’n an­der voor­werp ge­maak soos dit in die oë van die pot­te­bak­ker reg was om dit te maak.”

Ter­wyl jy die bood­skap lees, kom staan die Hei­li­ge Gees by jou en sê:“My kind, Ek is die Pot­te­bak­ker en jy is die klei. Weet jy, ter­wyl al­les wan­ho­pig lyk, en die storms en win­de van al­le kan­te kom… Jy’s ver­plet­ter en voel soos ’n mis­luk­king. Maar ek, Je­sus, sê nóú vir jou: Kyk, Ek maak al­les nuut. Ek ver­nu­we jou le­we. Ek b­ring nu­we hoop, vi­sie en pas­sie want my ge­na­de ís vir jou ge­noeg.”

Hoor jy, lie­we le­ser, hoe Je­sus vir jou sê: “As Ek ver­ge­we, kyk ek nooit weer te­rug nie. Jou ver­le­de is vas­ge­na­el aan die Kruis. My kind, ver­trou my. As jy jou le­we weer ten vol­le aan my oor­gee, ver­se­ker Ek jou, Ek kan die­self­de‘mis­luk­te, ge­won­de en ver­werp­te’klei ver­nu­we. Ek kan daar­uit weer ’n nu­we voor­werp maak.”

Gaan lees ge­rus Mat­the­us 11:28 waar­in die Woord spreek:“Met ope arms nooi Je­sus jou as Hy sê; kom na My toe, al­mal wat be­moeid en be­las is. Ek sal vir jou rus gee.”

In 2 Ko­rin­thi­ërs 5:17 lees ons dan ook: “Loof God; As ie­mand in Chris­tus is, is hy ’n nu­we skep­sel. Die ou din­ge het ver­by ge­gaan. Gaan kyk, al­les het nuut ge­word.”

Hy ver­nu­we jou om weer bruik­baar vir Sy ko­nink­ryk te wees. So her­in­ner Pau­lus vir Ti­mo­the­us in 2 Ti­mo­the­us 2:21:“As ie­mand hom dus hier­van deeg­lik rei­nig, sal hy ’n voor­werp tot eer wees, ge­hei­lig en bruik­baar vir die He­re, toe­be­rei vir el­ke goeie werk.”

As die He­re vir A­nanías na Sau­lus s­tuur, sê hy in Han­de­lin­ge 9:15:“He­re, ek het van men­se ge­hoor hoe­veel kwaad hy U hei­li­ges aan­ge­doen het; Maar die He­re sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ’n uit­ver­ko­re werk­tuig.”

Die won­der is, ter­wyl jy en an­der jou dalk as ’n mis­luk­king sien, sien God in jou ’n bruik­ba­re in­stru­ment. Wat ons mis­kyk, sien God raak. Wat ons af­skryf, tel God op. Wat ons ver­werp, aan­vaar God. Wat ons be­vraag­te­ken, be­wys as God. Loof die He­re. God hou nie boek van ons ver­le­de nie. Hy’s die God wat ver­ge­we en ver­geet.

Deur Sy ge­na­de ver­nu­we en her­stel Hy my as­of ek Hom nooit te­leur­ge­stel het nie. As jy dus van­dag gees­te­li­ke ver­nu­wing wil er­vaar, is dit no­dig dat jy (soos be­veel in 1 Jo­han­nes 1:9) ’n to­ta­le oor­ga­we aan God maak deur jou son­des voor Hom te be­ly.

Jy moet in Sy Lig wan­del en só voort­du­rend jou ver­hou­ding met Hom ver­nu­we en ver­se­ker. Span­deer tyd in ge­bed, die Woord en met me­de­ge­lo­wi­ges, dan kan jy ook soos Fil­li­pen­se 4:13 uit­roep:“Ek is tot al­les in staat deur Chris­tus wat my krag gee”.

Die won­der is, ter­wyl jy en an­der jou dalk as ’n mis­luk­king sien, sien God jou as ’n bruik­ba­re in­stru­ment.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.