VOOR­BLAD­STO­RIE:

Ont­moet I­si­din­go se le­wens­lus­ti­ge Lerato

Kuier - - INHOUD - DEUR MA­RE­THA BO­TES

Dit is haar glim­lag. Gooi sy hom na jou kant toe, is daar nie om­draai­kans nie. Dis een wat sê:“Hier is ek, wê­reld!”En met daai pê­rel­wit tan­de breek sy die ys en is die eer­ste grens tus­sen ce­le­bri­ty en“die res”oor­ge­steek.

Te­ma Se­bo­pe­di (30), wat as I­si­din­go se Lerato T­so­tet­si in ons har­te ge­kruip het, is im­mers ook maar net mens. Ie­mand met dro­me en am­bi­sie, uit­da­gings en te­leur­stel­lings.

Wees eg­ter ge­waar­sku: sy is vrien­de­lik en te­ge­moet­ko­mend, maar ui­ters ge­heim­sin­nig as dit by haar pri­vaat­le­we kom. ’n Mens kan dit ook ver­wag in ’n wê­reld waar ce­lebs uit­me­kaar ge­trek word op so­si­a­le me­dia. Pri­vaat­heid is die slot en g­ren­del wat haar hier­teen be­skerm.

Haar on­der­houd met Kui­er ge­beur op ’n draf­stap tus­sen sce­nes vir SABC3 se ge­wil­de se­pie I­si­din­go, waar­in sy die af­ge­lo­pe vyf jaar die rol van ’n skoon­heids­te­ra­peut speel. Praat van ’n vol ske­du­le! Tus­sen voor­be­rei­ding vir haar rol (dít ge­beur saans by die huis), die gym en ’n

vol­dag op stel, is daar bit­ter­min tyd oor vir luuk­ses soos kui­er en ge­sels.

Sy praat oor Lerato as­of dit haar twee­ling­sus­ter is.“Sy is bub­bly en het ’n goeie sin vir hu­mor,”bor­rel Te­ma oor haar TV-ka­rak­ter.“Baie slim en weet wat sy uit die le­we soek. Sê maar sy is ’n street s­mart en­tre­pre­neur’. Maar sy het daai ti­pe in­your-fa­ce per­soon­lik­heid. Jy weet, daar­die ti­pe mens van wie jy óf hou, óf glad nie na­by jou kan ver­dra nie.”

Nes Lerato is Te­ma ui­ters hard­wer­kend en sy laat haar nie mak­lik poot­jie deur die le­we se uit­da­gings nie. Kyk ’n bie­tjie na

I­si­din­go se Fa­ce­book­blad en jy kom gou ag­ter Lerato is een van die guns­te­ling­ka­rak­ters in dié se­pie. G’n won­der haar be­won­de­raars val by­na oor hul voe­te om haar hand­te­ke­ning ry­ker te wees nie. Sy gee ’n lag­gie en skud haar kop. “Jy weet, my eie groot­ste daag­lik­se uit­da­ging is Lerato se fans wat my op straat of in win­kels voor­keer en dink hul­le het reg­tig met háár te doen. Men­se wei­er om te aan­vaar dis slegs ’n ka­rak­ter wat ek, Te­ma, speel. Ek is my eie mens as ek nie op stel is nie. Dit is vir my be­lang­rik dat men­se be­sef daar is ’n on­der­skeid.”

As ’n mens eg­ter vir ja­re lank een ka­rak­ter speel, is die uit­da­ging ook om daar­die ka­rak­ter so vars en op­win­dend moont­lik vir die ky­kers te maak. Groei moet plaas­vind soos by ge­wo­ne men­se wat deur le­wens­er­va­ring ’n ver­die­ping in hul per­soon er­vaar. Hier­oor sê Te­ma:“Ek pro­beer so hard as moont­lik om my­self nie in my ka­rak­ter te ver­loor nie. Dis die e­nig­ste ma­nier hoe ek ob­jek­tief teen­oor Lerato kan bly en ook my­self kan bly wan­neer ek nie by die werk is nie.”

En haar har­de werk werp vrug­te af, want Te­ma is be­noem vir ’n Safta as beste ak­tri­se in ’n hoof­rol in ’n se­pie.

haar SORG­VRYE JA­RE

Te­ma ont­hou haar kin­der­dae aan die voet van die Ma­ga­lies­ber­ge as sorg­vry en rus­tig. Sy het in Rus­ten­burg in Noord­wes groot­ge­word en was die jong­ste van d­rie kin­ders. Haar wy­le pa, ’n me­die­se dok­ter, het haar en haar ou­er broer en sus­ter dik­wels be­derf met uit­stap­pies Sun Ci­ty toe.

“Dis heer­li­ke tye wat ek al­tyd sal ont­hou. My ma, ’n ver­pleeg­ster, was die stren­ger een ter­wyl my pa ons so bie­tjie meer laat gaan het.”

Op 12 is sy na ’n pri­vaat­skool, die St. Andrews Mei­sies­skool in Jo­han­nes­burg, ge­stuur waar sy in 2001 ge­ma­tri­ku­leer het. Hier moes sy op haar“eie voe­te leer staan”. Maar, sê sy, dis se­ker een van die groot­ste din­ge waar­voor sy dank­baar is teen­oor haar ou­ers. Die feit dat sy deur haar ja­re in die kos­huis af­hank­lik­heid ge­leer het.

“Die kos­huis­ja­re was moei­lik vir my. Ek was al­tyd maar ’n dad­dy’s gi­rl. Ek wou graag eer­der by die huis wees saam met my ou­ers! Ek was ook baie bang vir die don­ker (ek is steeds). Ek ont­hou ek het my eer­ste aand (en ’n he­le paar aan­de daar­na!) my­self aan die slaap ge­huil in die kos­huis, alleen en weg van die huis af. Dit het my ja­re ge­neem om aan te pas.”

Haar pa is in 2001 aan kan­ker oor­le­de. Te­ma was tóé maar net 16 jaar oud en in ma­triek. Sy dood het ’n ge­wel­di­ge leem­te in haar le­we ge­laat.

Op ’n lig­ter noot, sê sy van­dat sy kan ont­hou, wou sy men­se ver­maak. Ter­loops, haar vol­le na­me is Di­te­ma­ny­a­na N­ta­o­leng. Sy is na haar wy­le ou­ma aan haar pa se kant ver­noem. Dit be­te­ken“kort hoof­stuk­ke”.

Maar el­ke kind het dro­me van een­dag en Te­ma is geen uit­son­de­ring nie.

“As k­lein dog­ter­tjie het ek daar­van ge­droom om Mi­cha­el Jack­son te ont­moet en met hom te trou! Ja, lag maar. En ek wou saam met Ja­net Jack­son dans in haar mu­siek­vi­deo’s. Maar ek het op ’n sta­di­um ook daar­van ge­droom om ’n juf­frou, bal­le­ri­na en lug­waar­din te word. Nou-ja. Dra­ma het ge­wen!”

Sy is ná ma­triek na die rol­prent­skool Af­da toe waar sy haar BA Hon­neurs-graad in film-op­tre­de ge­doen het. Se­dert­dien het sy ’n ver­skei­den­heid rol­le ge­speel en ’n paar toe­ken­nings in­ge­palm voor­dat sy die rol van Lerato aan­ge­bied is.

Te­ma sal ver­al ont­hou word vir haar rol as ’n bos­sy ho­ër­skool-t­rend­set­ter in die film Pin­ky Pin­ky waar­voor sy in 2006 die toe­ken­ning vir beste ak­tri­se by die Red Eye-film­fees ont­vang het.

Nóg ’n rol was dié van ’n na­ïe­we Mo­sam­biek­se mei­sie in die fliek Escu­do wat in ’n men­se­han­del-sin­di­kaat se han­de be­land het. Hier­voor het sy ook ’n toe­ken­ning as beste ak­tri­se in­ge­palm by Af­da in 2005.

Sy noem die paar ke­re wat sy ge­nooi is om op Noeleen Ma­hol­wa­na-Sang­qu se ge­sels­pro­gram 3Talk te ge­sels, en die keer wat sy ge­bun­gee jump het by die Mo­ses Ma­bhi­da-sta­di­on in Dur­ban, as hoog­te­pun­te in haar loop­baan.

Of dit nou laat aan­de en vroeë og­gen­de be­te­ken, Te­ma is pas­sie­vol en vas­be­slo­te om slegs haar beste te gee.“Soms kry ek die ge­voel men­se daar­bui­te dink suk­ses as ak­tri­se ge­beur som­mer oor­nag, maar dis ver van die waar­heid,”sê sy.

“Suk­ses is die pro­duk van har­de werk. Báie har­de werk. Ek is Af­da toe, waar­na ek hon­der­de ou­di­sies ge­doen het en klei­ner rol­le moes ver­tolk voor­dat ek uit­ein­de­lik in die se­pie­wê­reld be­land het. Din­ge ge­beur nie van­self nie.”

Rol­le wat sy graag nog sal wil speel, is dié van ’n ma en ’n ak­sie­hel­din. Dis ka­rak­ters bui­te haar ge­mak­so­ne en stel vol­gens haar ’n heer­li­ke, nu­we uit­da­ging.

Haar be­we­gings is vloei­end. Haar lyf sag, maar ge­spierd. Ja-nee. Geen vet­jies hiersô nie. Dié fiet­se ly­fie is te dan­ke aan haar gym­ses­sies sog­gens dou­voor­dag en die week­lik­se Zum­ba-klas­se wat sy self aan­bied.“Ek glo daar­aan om my lyf fiks en ge­sond te hou, ge­sond te eet en my Skep­per te eer vir wie Hy my ge­maak het,”sê sy.

Skie­lik kyk sy na haar hor­lo­sie.“Ek moet al­weer op stel wees,”sê sy.

Sy groet en flits weer daai breë glim­lag en jy weet: Oor ’n paar mi­nu­te word Te­ma op­sy­ge­skuif om weer die blink­leer­skoe­ne van Lerato aan te trek. Maar in haar hart is sy son­der tier­lan­tyn­tjies. ’n Mens, nes ek en jy.

Soms kry ek die ge­voel men­se dink suk­ses ge­beur som­mer oor­nag, maar dis ver van die waar­heid.

Te­ma Se­bo­pe­di

HOOF­FO­TO:

I­si­din­go se bek­ki­ge Lerato, of­te­wel Te­ma

Se­bo­pe­di, is steeds ne­de­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.