SKOEN­MA­KER:

Voor­ma­li­ge fa­briek­wer­ker maak nou pumps vir Wool­ies

Kuier - - INHOUD - DEUR amy john­son

’N­wy­se man (of vrou) het een­keer ge­sê:“If the shoe fits, buy one in e­very co­lour.”Maar pleks daar­van om skoe­ne te koop, het Ra­ch­mat Thomas (61) en haar ven­no­te be­sluit om een in el­ke kleur te maak.

Hul ge­duld was soms be­proef toe din­ge moei­lik ge­gaan het, maar deur hul vas­be­slo­ten­heid kan hul­le nou die vrug­te pluk van hul har­de werk.

By die Chic Shoes-skoen­fa­briek in Pa­row bui­te Kaap­stad is dit bu­si­ness as u­su­al. Met die in­trap­slag hoor jy die ge­dreun van ma­sjie­ne en wer­kers se han­de wat blits­vin­nig werk. Dit her­in­ner jou by­na aan ’n by­e­korf, want deur al die ge­raas en ge­we­mel weet al­mal pre­sies wat hul­le moet doen. En Ra­ch­mat is knie­diep in die mid­del van die be­dry­wig­he­de. Ra­ch­mat, wat in Dis­trik Ses groot­ge­word het, wou al­tyd ’n on­der­wy­ser word, maar weens die moei­li­ke om­stan­dig­he­de by die huis en al­bei haar ou­ers wat siek was, moes sy die skool ver­laat om geld te gaan ver­dien.

Al­bei haar ou­ers het la­ter weens hart­ver­sa­king ge­sterf. “Ek was al­tyd ’n baie nuus­kie­ri­ge mens en ek het des­tyds in die fa­briek as ’n run­ner in die de­sign af­de­ling ge­werk. En ek het al­tyd ge­vra hoe­kom word dit of dat ge­doen, en dit is waar die be­lang­stel­ling in skoe­ne vir my be­gin het.

“Ek is mal daar­oor om skoe­ne te maak, maar om­dat ek pro­ble­me het met my voe­te, dra ek nie eint­lik fan­cy skoe­ne nie. Maar dit gee my groot vreug­de om dit aan an­der men­se se voe­te sien.”

die MOEI­LI­KE TYE In 2009 het be­sig­heid dras­ties ag­ter­uit­ge­gaan weens die wê­reld­wye re­ses­sie en die d­rie ven­no­te het toe ’n des­pe­ra­te po­ging aan­ge­wend om Chic Shoes te red.

“Dit was ’n moei­li­ke tyd. Nie net vir ons nie, maar ook vir die men­se wat hier ge­werk het. Ons het 150 men­se ge­had en ons moes van hul­le laat gaan, el­ke keer so 20 op ’n slag.”

Chic Shoes het toe vir Wool­wort­hs ge­na­der om ’n reeks skoe­ne vir hul­le te

In 2004 het haar des­tyd­se werk­ge­wer, O­lym­pic Flair, sy deu­re ge­sluit en Ra­ch­mat en haar t­wee ven­no­te het ’n ge­leent­heid ge­sien om hul eie be­sig­heid te be­gin. Hul­le het toe die ver­vaar­di­gings­af­de­ling van dié fa­briek ge­koop.

Nie Ra­ch­mat of haar me­de-ei­e­naars, Da­vid A­rend­se en I­van Meyer, het er­va­ring ge­had in die be­stuur van ’n be­sig­heid nie, maar in hul ag­ter­kop het hul­le ge­weet hul­le sal van Chic Shoes ’n suk­ses moet maak.

maak, maar dit was ’n groot uit­da­ging om uit­ein­de­lik die ja-woord van dié ket­ting­win­kel te kry.

“Ek het aan Wool­ies se deur ge­klop, maar hul­le het nie on­mid­del­lik ge­re­a­geer nie,”ver­tel Ra­ch­mat.

Wool­wort­hs het uit­ein­de­lik die groen lig ge­gee vir ’n aan­vank­li­ke be­stel­ling van 5 000 pa­re leer pumps. Dié be­stel­ling het la­ter ge­groei en Chic Shoes het reeds die mil­joen­ste paar aan Wool­ies ver­skaf. Boon­op is die fa­briek se leer pumps dees­dae een van Wool­wort­hs se top­ver­ko­pers.

“In 2010 het ons pad met Wool­wort­hs be­gin toe ons by hul En­ter­pri­se De­ve­lop­ment Pro­gram­me aan­ge­sluit het. Se­dert­dien het ons maan­de­lik­se be­stel­lings met 580% ge­groei.

“Ons was baie se­nu­wee­ag­tig. Al­mal weet as dit by Wool­wort­hs kom, is daar se­ke­re ver­wag­tin­ge; jy moet vol­doen aan hul re­ëls en stan­daar­de. Die ge­hal­te van die aan­vank­li­ke be­sen­ding was glad nie sleg nie, want ons vo­ri­ge werk­ge­wer het al saam met hul­le ge­werk. So ons het ge­weet wat van ons ver­wag word.”

Ra­ch­mat sê Chic Shoes wou ’n pro­duk maak wat uit­staan in die mark – vir hul­le en vir Wool­wort­hs.

“Die pump is ge­maak vir ’n vrou wat heel­dag op haar voe­te is en ná ’n lang dag net ge­mak wil hê. Die vroue wíl die pro­duk hê en hul­le het daar­voor ge­vra.”

Die aan­vraag was la­ter so groot dat die maat­skap­py na ’n gro­ter per­seel moes trek.

Chic Shoes ver­skaf ook jaar­liks 22 000 pa­re vrou­e­skoe­ne aan die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te, die vloot en lug­mag en die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens.

Die spro­kie het nie oor­nag ge­kom nie en Ra­ch­mat sê hul­le het dik­wels hul be­sluit om die be­sig­heid (van O­lym­pic Flair) oor te neem, be­vraag­te­ken.

“Daar is baie dae wat ons vra hoe­kom het ons die be­sig­heid oor­ge­neem. Die sa­ke­wê­reld is nie mak­lik nie, maar God weet van be­ter en Hy het Sy eie plan­ne ge­had.”

Ra­ch­mat en haar ven­no­te het saam 130 jaar er­va­ring in die be­dryf. Maar nie eens al dié ken­nis het hul­le voor­be­rei op dit wat op hul­le ge­wag het nie.“Skoen­maak is iets wat ons ge­ken het, be­sig­heid is wat ons moes leer. Die be­lang­rik­ste les­se vir ons was om se­ker te maak ons doen din­ge reg van ons kant af, want men­se se werk en le­wens is op die spel.”

Ra­ch­mat se dag be­gin sog­gens om 03:50 met haar Ko­ran en ’n ge­bed.“Dit gee my die krag, ek kry my krag van God. Ek vra Hom om my te lei in al­les wat ek deur die dag doen so­dat ek dit na die beste van my ver­moë doen. Ons het niks en ons is niks son­der God nie.”

En haar wê­reld be­staan da­rem nie net uit skoen­maak nie. Haar seun en dog­ter is nou al groot en uit die huis en dít gee haar meer tyd om op haar­self te fo­kus.

El­ke week doen Ra­ch­mat ’n 10 km­stap­tog om weg te kom van die week se ge­raas en ge­woel.“Dit is my uur. Dit is ’n uur waar my mind weg is van men­se af en ek kon­sen­treer dan net op my­self.”

En as Ra­ch­mat vir jou kan raad gee oor skoe­ne, sê sy leer­skoe­ne is die ge­mak­lik­ste en mees duur­sa­me skoe­ne wat jy kan kry. “All le­at­her shoes is ge­mak­lik. As jy op jou voe­te is, maak dit nie saak hoe ge­mak­lik die skoe­ne is nie, jou voe­te gaan seer word.”

Sy sê vroue kry dik­wels ’n baie ge­mak­li­ke skoen en be­sluit som­mer om dit dan el­ke dag te dra.“Dit is ’n groot fout. Moe­nie jou skoe­ne el­ke dag dra nie, want dit maak nie saak hoe ge­mak­lik dit is nie. Jy out we­ar die ge­mak in die skoen en la­ter sit jy met seer voe­te.”

Vir die laas­te 10 jaar het sy nê­rens an­ders as by Chic Shoes skoe­ne ge­koop nie. Van haar skoe­ne word ook spe­si­aal vir haar ge­maak.“Ek het baie skoe­ne en om­dat dit leer­skoe­ne is, kan jy dit nie op­dra nie. By die huis is daar skoe­ne wat ek al lan­ger as 10 jaar het.”

Ra­ch­mat glo ook jy kan met die reg­te skoe­ne e­nig­iets doen.“Jy ken jou­self en as jou voe­te seer is en jy is moeg, is jy on­ge­mak­lik en jy dink nie reg­uit nie. Maar as jy die reg­te skoe­ne het en jou voe­te is ge­mak­lik, kan jy eint­lik e­nig­iets ver­mag,” sê sy.

HOOF­FO­TO: Ei­e­naar van Chic Shoes Ra­ch­mat Thomas (61) staan trots in haar skoen­fa­briek. ON­DER: ’n Bly­kie van waar­de­ring wat Chic Shoes ont­vang het vir die mil­joen­ste paar pumps.

REGS (bo): Wer­kers by die fa­briek doen hul ding; (on­der) Ra­ch­mat kyk of al­les

pluis is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.