KOOKKLAS:

Kleur­ry­ke man­go­slaai om jou ta­fel op te kik­ker

Kuier - - INHOUD -

CHICK­PEA-EN-MAN­GO­SLAAI

Ge­noeg vir 4

BE­STAND­DE­LE

2 eet­le­pels o­lie 1 groot ui, fyn­ge­kap 1 x 400 g blik c­hick­pe­as, ge­spoel en ge­drei­neer 1 tee­le­pel ma­ti­ge ker­rie­poei­er Sout en swart­pe­per na smaak 1 suur­le­moen, eers vir die skil en dan vir die sap 1 klei­ne­ri­ge blom­kool, in blom­me­tjies ge­breek Jong­spi­na­sie­bla­re of e­ni­ge an­der blare van jou keu­se 1 groot man­go ¼ kop­pie o­lie

ME­TO­DE

1. Ver­hit die o­lie in ’n swaar­boom­pan en braai die ui daar­in tot sag en deur­sky­nend. Voeg die c­hick­pe­as en ker­rie­poei­er by en meng goed. Geur met sout en pe­per. Braai vir on­ge­veer 2 – 3 mi­nu­te. Ras­per die skil van die suur­le­moen by en meng goed. Hou een­kant.

2. Plaas die blom­kool vir 5 mi­nu­te in ko­ken­de sout­wa­ter en drei­neer goed. Voeg by die chick­pea-meng­sel.

3. Rang­skik die blare in‘n die­pe­ri­ge slaai­bak. Skil die man­go en sny in blok­kies bo-op die blare.

4. Meng die o­lie met 3 eet­le­pels van die sap van die suur­le­moen en geur met sout en pe­per na smaak. Skep die chick­pea-meng­sel bo-op die blare en man­go­blok­kies en werk lig­gies deur met jou vin­gers of t­wee slaai­vur­ke tot­dat al die be­stand­de­le deeg­lik ge­meng is. Giet dan die slaai­sous bo-oor en be­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.