VER­HOU­DINGS:

Los die bad boy wat jou le­we ver­woes

Kuier - - INHOUD - DEUR MA­RE­THA BO­TES

Jou vrien­de het jou al ge­waar­sku en jou ou­ers sê hul­le ken jou nie meer nie, maar jy kan net nie jou ver­hou­ding met jou bad boy op­gee nie. Soos die spreek­woord lui: Daar is nie­mand so blind soos die een wat nie wil sien nie. En lief­de kan som­mer baie blind wees . . .

Wy­le W­hit­ney Hou­ston se fa­mi­lie hou van­dag nog vol die be­gin van haar ver­hou­ding met die san­ger Bobby Bro­wn was ook die be­gin van haar ein­de. Wat ge­lyk het na ’n fe­ë­ver­haal, het gou ver­an­der in ’n nag­mer­rie van ge­weld, dwelms en ’n her­haal­de kop­ge­stamp met die ge­reg vir bei­de van dié ce­lebs.

’n Mens kan nie help om te won­der wat die X-fak­tor is wat ie­mand soos W­hit­ney aan haar Bobby laat vas­klou het nie. Dalk is jy ook in ’n ver­hou­ding met ’n“Bobby”wat jy weet nie goed is vir jou nie . . .

Ju­ne Ka­rel­se* (37) is ’n ver­pleeg­ster van Jo­han­nes­burg. Sy was d­rie jaar saam met ’n man wat haar laat glo het sy kan nie son­der hom leef nie.

“Ek en An­dré* (38) het me­kaar by my beste vrien­din se 21st ont­moet. Daar was da­de­lik s­parks tus­sen ons en ons het by­na die he­le aand net met me­kaar ge­sels en ge­dans,”ont­hou sy.

“Die vol­gen­de dag het my vrien­din vir my ge­vra of ek weet die ou­tjie is nie so ‘soet’nie. Sy het ver­tel van al­ler­han­de sleg­te din­ge waar­by hy al be­trok­ke was, soos ben­de­ge­weld, dwelm­mis­bruik en sul­ke goed. Ek het ge­skrik toe ek dit hoor, want hy het glad nie voor­ge­kom as die bad guy nie. Toe hy my bel vir ’n da­te, het ek da­de­lik ja ge­sê en ons het be­gin uit­gaan.”

Pre­sies hoe An­dré geld ver­dien het, kon Ju­ne nooit vas­stel nie. Hy wou nooit vir haar sê nie.“Soms het hy ’n beur­sie vol t­wee­hon­derd rand-no­te ge­had. An­der ke­re was hy bro­ke,”sê sy.

Een aand na­dat Ju­ne saam met An­dré by ’n nag­klub uit­ge­hang het, het hy haar huis toe ge­neem. Hy het vir haar ge­sê hy wil hê sy moet iets spe­si­aals saam met hom doen. Ju­ne het ge­dink hy het ’n lek­ker vry in ge­dag­te, maar An­dré het ’n pak­kie met dag­ga uit sy baad­jie­sak ge­haal.

“Ek het my boeg­lam ge­skrik. Hy het dit se­ker ge­sien en my ge­paai en ge­sê dit sal ons na­der aan me­kaar b­ring en ons sal die beste seks ooit hê. Hy het ook ge­sê as ek reg­tig vir hom en ons ver­hou­ding om­gee, sal ek die stap neem.”

op die a­fr­draand

Ju­ne ont­hou hul­le het op die mat by die kof­fie­ta­fel ge­sit en An­dré het ne­tjie­se zol­le ge­rol.“Dit was my eer­ste keer. Daar­die aand was ook die eer­ste keer wat ek met e­nig­ie­mand bed toe is. Ek kan níks ont­hou nie, be­hal­we die v­rees­li­ke hoof­pyn die vol­gen­de og­gend.”

’n Hoof­pyn wat vir dae nog bly klou het. “Dié dag­ga­ro­ke­ry het my ge­hook en ons het la­ter by­na el­ke aand ge­rook. Ek was ’n ver­pleeg­stu­dent daar­die tyd en het be­gin klas­se mis oor ek sog­gens net nie kon op­staan nie. My vrien­din­ne was be­kom­merd oor my en het my so­ver pro­beer kry om An­dré te los, maar ek wou nie. Ek het ge­glo ek is lief vir hom.”

Een aand het An­dré huis toe ge­kom en

Ju­ne kon ruik hy het saam met sy pel­le ge­drink.“Ons het oor iets kleins be­gin stry. Skie­lik was hy só kwaad dat hy my aan my arm ge­pluk en op die bank neer­ge­gooi het. Ek het ge­skrik en be­gin huil. Dit het al hoe ge­reel­der ge­beur en op ’n aand het hy my ’n blou oog ge­gee.”

Ju­ne het vir ’n week daar­na nie haar neus by die deur uit­ge­steek nie.“Om­dat hy aan­me­kaar vir my ver­tel het hy is lief vir my en ek is die beste ding in sy le­we, het ek nie oor­weeg om te loop nie.”

’n Paar maan­de na­dat hul­le be­gin da­te het, moes Ju­ne haar s­tu­dies op­skop.“Ek het nie kans ge­sien om die jaar klaar te maak nie. Vir d­rie jaar was dit ’n bo­se si­klus. Hy paai my, ek gee in en kort voor lank sit ek weer met ’n blou oog of ge­bars­te lip.”

Een Son­dag­aand het An­dré net ver­dwyn.“T­wee dae la­ter was die po­li­sie by die huis. Hul­le wou my on­der­vra. An­dré is ge­ar­res­teer na­dat hy dwelms aan ’n po­li­sie­man pro­beer ver­koop het. Hy het ’n paar maan­de in die tronk ge­sit, maar dié maan­de was ge­noeg om my tot my sin­ne te b­ring. Ek het my goed ge­pak en is na ’n vrien­din toe. Sy het my ge­help om weer op die been te kom. Won­der bo won­der het ek nooit weer iets van die man ge­hoor nie. Ek weet nou ek was nie my­self by hom nie. Maar hy was soos ’n mag­neet. As dit nie vir sy tronk­straf was nie, weet ek nie waar ek sou op­ein­dig nie.”

Ju­ne het ses maan­de la­ter weer haar s­tu­dies her­vat en is van­dag ’n ge­kwa­li­fi­seer­de ver­pleeg­ster by ’n pri­vaat­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg.

An­ri van den Berg en Lau­san­ne Hugo, al­bei te­ra­peu­te by die Vi­ta No­va-be­ra­ding­sen­trum in P­re­to­ria, sê hul­le kry ge­reeld met sul­ke ge­val­le te doen waar een par­ty ’n sleg­te in­vloed op die an­der het.

“Die in­vloed is soms baie doel­be­wus en an­der ke­re glad nie. Jy kry in som­mi­ge ge­val­le t­wee gre­at in­di­vi­due wat me­kaar net heel­te­mal as paar­tjie ver­keerd op­vryf of die le­lik­ste in me­kaar uit­bring. In an­der ge­val­le is dit ’n ver­hou­ding waar die een per­soon nou­keu­rig en be­re­kend op­tree en baie be­wus is van die ne­ga­tie­we in­vloed wat hy op die an­der per­soon het. Dit word ’n mag­spel en hul­le ge­niet die be­heer oor die an­der per­soon,”sê An­ri.

Lau­san­ne sê:“Wan­neer ’n mens per­so­ne kry wat al­bei swak in­ter­per­soon­li­ke ver­hou­dings het, kan hul­le ook ’n sleg­te in­vloed op me­kaar hê. So iets ver­sterk dis­funk­si­o­ne­le ge­drag (soos drankmisbruik). Jong men­se met ’n swak self­beeld kan ook mak­lik deur an­der be­heer word in ’n ver­hou­ding.”

Ons glo in men­se se ver­moë om te kan leer en ver­an­der, sê Lau­san­ne.

“Al­mal het die po­ten­si­aal, maar nie nood­wen­dig die wil nie. Te­ra­pie is nie ’n quick fix nie en men­se ver­loor soms hoop in die pro­ses. Maar as jy en jou maat be­sef jul pa­tro­ne is on­ge­sond, kan te­ra­pie help. Dit is eg­ter be­lang­rik dat al­bei ge­wil­lig is om aan hul­self te werk.”

As die ver­hou­ding nie werk nie, is dit vol­gens Lau­san­ne ook be­lang­rik om in ge­dag­te te hou dat jy steeds daar­in moet streef om jou eie strui­kel­blok­ke uit die weg te ruim an­ders kan jy die­self­de pro­ble­me na jou vol­gen­de ver­hou­ding oor­dra.

WAT SOEK JY BY HOM?

An­ri sê daar is ’n mag­dom re­des waar­om ie­mand in ’n sleg­te ver­hou­ding sal bly:

Ag­ter­grond as kind speel ’n de­fi­ni­tie­we rol. As sy groot­ge­word het in ’n huis waar hier­die ti­pe ge­drag al­le­daags was, word die mis­han­de­ling of ver­waar­lo­sing (of wat ook­al die ne­ga­tie­we ei­en­skap­pe van haar hui­di­ge ver­hou­ding is) ge­sien as nor­maal.

Sy mag dalk glo sy is fi­nan­si­eel af­hank­lik van die per­soon en sal nie op haar eie kan reg­kom nie. Daar is ook ge­val­le waar die per­soon hier­die af­hank­lik­heid ak­tief be­werk­stel­lig deur by­voor­beeld haar kar te ver­koop en uit sy eie sak uit vir haar ’n nu­we een te koop om dit teen haar te ge­bruik –“as jy loop vat ek my kar te­rug”.

Sy glo sy is e­mo­si­o­neel af­hank­lik van hom. Dít kan ook ak­tief be­werk­stel­lig word deur haar sta­dig maar se­ker van haar fa­mi­lie en vrien­de te ver­vreem. Al wat sy dan op die ein­de oor het, is hier­die ver­hou­ding.

Kin­ders of swan­ger­skap. Baie men­se bly by­me­kaar vir die kin­ders se ont­hal­we. Hul­le glo hul­le gaan die kin­ders meer ska­de aan­doen as hul­le sou skei.

Be­lof­te van ver­an­de­ring. Som­mi­ge men­se klou ver­be­te vas aan die be­lof­te dat die an­der per­soon sal ver­an­der. Hul­le plaas al hul hoop daar­op en sien nóg ’n maand en nóg ’n maand deur en so gaan dit aan.

Vrees vir alleen wees. In som­mi­ge ge­val­le is dit bloot die i­dee van alleen wees wat ie­mand in ’n sleg­te ver­hou­ding hou.

*Skuil­naam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.