GELD­SA­KE:

Is lo­ja­li­teits­kaar­te reg­tig voor­de­lig?

Kuier - - INHOUD - DEUR HEI­DI SONNEKUS

Al wat ’n win­kel is, het dees­dae lo­ja­li­teits­kaar­te waar­mee jy bo­nus­pun­te

of af­slag met jou aan­ko­pe kan ver­dien.“Re­wards”en“cash back”is die buz­z­woor­de, maar werk dit reg­tig of is dit maar net ’n be­mar­kings­foe­fie wat uit­ein­de­lik jou sak sal ruk?

Die geld­sa­ke-joer­na­lis en RSG-aan­bie­der He­len Uec­ker­man dink nie so nie. As en­kel­ma ken sy van sen­te om­draai om haar t­wee seuns deur die u­ni­ver­si­teit te kry.

“Dis nou ’n goeie tyd om al jou lo­ja­li­teits­kaar­te uit te pluk, op die ta­fel te rang­skik en ’n slag te gaan na­vor­sing doen oor wat hul­le vir jou bied,”sê He­len.

“Jy gaan gou sien wat­ter is die moei­te werd en wat­ter is net leë be­lof­tes. Laas­ge­noem­de kan snip­per­mand­jie toe gaan.”

Vol­gens He­len weet (of ont­hou!) baie men­se nie hul­le be­hoort aan ’n lo­ja­li­teits­pro­gram nie en hul­le mors jaar­liks ’n klomp pun­te én geld om­dat hul­le nie daar­aan aan­dag gee nie.

“Gaan kol­lek­teer al jou ge­sins­le­de s’n en sit kop­pe by­me­kaar. Jy gaan al­mal be­ïn­druk met hoe­veel harts­be­geer­tes en groot ga­te ewe skie­lik haal­baar raak,”voor­spel He­len.

“Daar is ver­skil­len­de lo­ja­li­teit­stel­sels: Van die ga­ra­ge of haar­kap­per op die hoek wat jou el­ke tien­de kar­was ver­niet of haar­knip teen ’n af­slag gee met ’n koe­pon­stel­sel – tot iets so ge­so­fis­ti­keerd met so­veel voor­de­le as Dis­co­ve­ry se Vi­ta­li­ty-ske­ma en FNB se eBucks. Toets­be­stuur ge­rus al­mal!”

He­len sê vol­gens na­vor­sing is Clicks se Clu­bCard en Ex­clu­si­ve Books se Fa­na­ti­cs-kaart van die ge­wild­ste lo­ja­li­teits­pro­gram­me in die land, dalk om­dat dit so een­vou­dig is om te ge­bruik. Jou ko­pies word op­ge­lui en jy kry af­slag.

My­moe­na Sa­fo­dien (43), ’n bank­klerk van We­st­bu­ry in Jo­han­nes­burg, ver­tel sy was aan­vank­lik skep­ties oor die lo­ja­li­teits­kaart wat ie­mand by Pick n Pay haar een­dag in die hand ge­stop het.

“Dit het mak­lik agt maan­de in my beur­sie ge­lê en stof ver­ga­der. Toe hoor ek een­dag van ’n kol­le­ga wat R500 se pun­te op­ge­bou het deur net haar kaart te ge­bruik. Die kaart kos jou niks en jy kan dit net­so­wel swi­pe as jy jou maand se gro­ce­ries doen,” ver­tel sy.

Vol­gens My­moe­na het die lo­ja­li­teits­kaart haar al uit ’n paar moei­li­ke oom­blik­ke ge­red.

“Hier teen die laas­te paar dae voor pay­day is dit lek­ker om son­der ’n skaam ge­sig in die win­kel te loop. Ek kon al brood en melk daar­mee koop toe ek reg­tig niks geld op my naam ge­had het nie.”

Ook Man­di Bo­tha (56), ’n ma van Ge­or­ge in die Suid-Kaap, ver­tel haar kaart werk vir haar.

“Ek en my dog­ter, Car­la (23), gaan ten min­ste t­wee keer ’n maand lek­ker fliek met ons Ed­gars Club-kaart.“Dis ’n luuk­se wat ons onssel­wers nie an­der­sins sou gun nie. Nou is dit ’n lek­ker ma-en-dog­ter-ding wat ons baie vreug­de gee.”

Die klub­fooi vir Man­di se Club-kaart is R26 per maand, en deur lid­maat­skap be­taal hul­le R48 vir t­wee fliek­kaart­jies in plaas van R100. Die Bo­tha-da­mes ge­niet dus die fliek én die feit dat hul­le ek­stra my­le uit hul lo­ja­li­teits­kaart kry.

Van my­le ge­praat, He­len sê dit was lug­re­de­rye met Fre­quent Fly­er-my­le wat die eer­ste lo­ja­li­teits­pro­gram in Suid-A­fri­ka be­kend ge­stel het. Daar­na het die Pro­tea-ho­tel­groep met sy Pro­kard ge­kom – en dees­dae moet jy koes of jou beur­sie kan nie meer al jou loy­al­ty cards han­teer nie.

HOE WERK DIe kaar­Te?

Groot sa­ke­on­der­ne­mings doen nie ’n mens gun­se nie – daar is iets in lo­ja­li­teits­pro­gram­me vir hul­le ook.

“In ruil vir al daar­die af­slae, koe­pons en e-geld, ver­sa­mel die maat­skap­py da­ta oor sy klan­te­ba­sis – jy en jou ge­sin – se koop­ge­woon­tes en span­deer­pa­tro­ne. Só kry die han­de­laar toe­gang tot ’n mag­dom in­lig­ting wat hy ge­bruik om produkte en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.