ME­DIES:

Kui­er se nu­we dok­ter wil le­sers help

Kuier - - INHOUD - DEUR Na­di­ne Williams

Dr. Ge­ni­ne Jo­si­as staan reg om haar ja­re lan­ge me­die­se ken­nis met Kui­er­le­sers te deel. Haar lief­de vir die me­die­se veld en om men­se te help, kom al ja­re aan. As kind het Ge­ni­ne (50) van Pi­ne­lands in die Kaap al­tyd daar­van ge­droom om ’n dok­ter te word. Van­dag, ná meer as 25 jaar in die be­roep, be­skou sy dit as ’n se­ë­ning om ook pas­sie­vol an­der te kan help.

As ’n kli­nie­se fo­ren­sie­se prak­ti­syn by die K­haye­lit­sha-hos­pi­taal, help sy daag­liks slag­of­fers van ver­krag­ting en huis­hou­de­li­ke ge­weld.“Ver­skil­len­de men­se van jonk tot oud, mans en vroue stap daag­liks by ons deu­re in. En dan is dit my ver­ant­woor­de­lik­heid om son­der e­ni­ge oor­deel en in ui­ter­se ver­trou­lik­heid te sorg dat el­ke pa­si­ënt die beste me­die­se diens ont­vang. Ons bied ook be­ra­ding vir die slag­of­fers.”

Sy er­ken die be­roep is nie son­der uit­da­gings nie.“Ek vind dit soms moei­lik om as ’n vrou, ma en ge­meen­skaps­wer­ker al­les te jug­gle. Maar ek ma­na­ge, want ek het die beste on­der­steu­ning wat e­nig­ie­mand voor kan vra. My man, F­red, on­der­steun my 100 per­sent en my kin­ders, F­re­de­rick (14) en Vashti (12), ver­staan ook nou as ek saans laat by die huis kom, want hul­le het meer be­grip vir dit wat ek doen. Toe hul­le klei­ner was, was dit bie­tjie moei­li­ker.”

Maar maak nie saak hoe be­sig haar le­we raak nie, sy sorg al­tyd dat haar pa­si­ën­te ’n pri­o­ri­teit is.

“Ek wil nie net my pa­si­ën­te help nie, maar hul­le ook toe­rus met die beste me­die­se sorg en in­lig­ting oor hul ge­sond­heid.”

Dis moei­lik om haar pas­sie vir die be­roep mis te kyk. Hoe­wel sy al vroeg ge­weet het sy wil ’n me­die­se dok­ter word, was dit haar ou­ers se voor­beeld wat haar aan­ge­moe­dig het om vol­har­tig in die be­roep te gaan.

“Ek het groot­ge­word in ’n pre­di­kants­huis en ek kan goed ont­hou hoe baie men­se daar in­ge­stap het. Dit het al­tyd ’n warm ge­voel in my ge­laat om te sien hoe baie men­se my ou­ers help. En ek wou dit ook graag doen.

“Ek het my pa be­won­der vir hoe hy deur sy be­roep so baie men­se kon help, en ek was vas­be­slo­te om ook een­dag deur my be­roep uit te reik na an­der. Ek wou nie nood­wen­dig van die kan­sel af preek nie, maar ek het al­tyd ge­weet ek wou iets met my han­de doen om an­der te help.”

En só het Ge­ni­ne se pad in die me­die­se rig­ting be­gin. In 1988 het sy haar me­die­se graad aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad vol­tooi en met haar in­tern­skap be­gin. Daar­na het sy haar mees­ters­graad in Huis­arts­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch vol­tooi en in 2011 be­sluit om ’n di­plo­ma in kli­nie­se fo­ren­sie­se me­di­sy­ne by die Kol­le­ge van Me­di­sy­ne van Suid-A­fri­ka te volg.

“Met die hulp van my s­tu­dies en die pad wat ek vir my­self ge­kies het, het die be­geer­te om an­der te help soos twee­de na­tuur ge­word.

“Van­dag ver­ruil ek my werk vir niks an- ders in die wê­reld nie. Ek het de­fi­ni­tief my roe­ping ge­vind, want ek is nou in ’n po­si­sie om te help en ook my ken­nis met an­der te deel.

“My be­roep het my oë oop­ge­maak. Ek aan­skou daag­liks hoe min som­mi­ge men­se van hul ge­sond­heid weet. En ek het heel­te­mal be­grip hier­mee, want in ons tyd het ons mos maar nie so baie toe­gang tot in­lig­ting ge­had nie.

“En daar­om ge­niet ek dit om my ken­nis te deel. Ek glo ken­nis is mag, want so­dra jy meer weet oor jou lig­gaam en jou ge­sond­heid, hoe gou­er kan jy op­tree en ’n ver­skil aan jou ge­sond­heid maak.”

Ge­ni­ne het ook raad vir slag­of­fers van sek­su­e­le ge­weld.“Ont­hou as jy ver­krag of aan­ge­rand is, hoef jy nie eers ’n saak by die po­li­sie te maak om me­die­se hulp te kry nie. Gaan hos­pi­taal toe. Hier sal ver­skeie voor­ko­mings­toet­se vir in­fek­sies en ook MIV/vigs-toet­se ge­doen word.”

Vind uit waar hulp be­skik­baar is.“Ek on­der­vind men­se weet nie waar om hulp te kry nie. En dit is be­lang­rik om te weet, want be­hal­we die me­die­se hulp kan be­ra­ding en an­der in­lig­ting ook van hulp wees.”

Ge­ni­ne ver­dui­de­lik die be­lang­rik­heid van ’n ge­son­de leef­styl.“Ek weet weens fi­nan­si­ë­le en po­li­tie­ke re­des is dit soms moei­lik om ’n ge­son­de leef­styl te hand­haaf. Maar in die al­ge­meen sal ek voor­stel jy eet ge­sond en sorg ook dat jy ge­noeg rus. Min­der stres en goeie oe­fe­ning is ook be­lang­rik vir ’n ge­son­de leef­styl.”

As jy e­ni­ge siek­te-simp­to­me het, raai Ge­ni­ne aan jy kry me­die­se hulp.

Ge­ni­ne is self ’n ge­troue Kui­er- le­ser en sien daar­na uit om an­der le­sers te help.

“Ek is op­ge­won­de om deel te wees van ’n span wat lees­ge­not ver­skaf en ter­self­der­tyd re­le­van­te in­lig­ting met die le­sers deel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.