stryd van die HUIS­HULP

Hon­der­de dui­sen­de vroue werk steeds as huis­hul­pe in SuidA­fri­ka. ’n On­dank­ba­re werk waar baie nie raak­ge­sien word nie en soms selfs mis­han­del word. Maar jy het die wet aan jou kant om op te staan vir jou­self.

Kuier - - INSPIRASIE - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Ons al­mal ken van hier­die vroue en die kan­se is goed dat jou ma, ou­ma, tan­nie, sus­ter of selfs jy eens ’n huis­hulp was of steeds is. Ten­sy jy nie self in hier­die werk­skoe­ne staan nie, be­sef jy nie wat hier­die vroue soms moet ver­duur om kos op die ta­fel en kle­re aan hul kin­ders se ly­we te sit nie.

Wat die wet be­tref, gaan dit op pa­pier goed met huis­hul­pe in Suid-A­fri­ka, want die land spog met ’n in­druk­wek­ken­de Grond­wet en ar­beids­wet­te wat al­le wer­kers in die land be­skerm. Die re­ge­ring het ook ver­le­de jaar huis­hul­pe se mi­ni­mum loon ver­hoog en werk­ge­wers moet se­dert 2003 hul huis­hul­pe re­gis­treer by die Wer­k­loos­heid­ver­se­ke­rings­fonds (UIF) so­dat hul­le iets het om op te­rug te val in­dien hul­le werk­loos sou word.

Be­hal­we dit, het Suid-A­fri­ka in Ju­nie 2013 ’n in­ter­na­si­o­na­le ver­drag on­der­te­ken, wat ten doel het om huis­hul­pe se werks­om­stan­dig­he­de vol­gens in­ter­na­si­o­na­le stan­daard te ver­be­ter, maar tal­le huis­hul­pe trek nog­steeds aan die kort­ste ent en word on­denk­baar sleg be­han­del, uit­ge­buit en selfs mis­han­del.

Hoe­wel dit ’n feit is dat nie al­le werk­ge­wers hul huis­hul­pe sleg be­han­del nie, laat die ge­val­le waar huis­hul­pe wel moet stil­bly en uit­hou of moet hoor“daar is bui­te­lan­ders wat vir min­der sal werk,”jou mond oop­hang.

’n Huis­hulp ver­tel sy was on­der meer al uit­ge­skel vir ’n k----r en in die ge­sig ge­spuug. Nog een sê sy was al soos ’n hond weg­ge­jaag en daar­van be­skul­dig dat sy ge­steel het. En werks­dae van 16 ure en meer met geen oor­tyd­be­ta­ling of af-na­we­ke nie, is ook nie ’n vreem­de ver­skyn­sel vir som­mi­ge huis­hul­pe nie. Dan is daar ook ge­val­le waar jy nog die Vry­dag ge­werk het, net om die Son­dag deur jou werk­ge­wer ge­bel te word en moet hoor“jou diens­te word nie meer be­no­dig nie”.

In ’n selfs erns­ti­ger ge­val is daar ’n plat­te­land­se fa­mi­lie wat van­dag steeds met groot hart­seer en vrae sit na­dat hul dog­ter, Ka­tri­na Jan­sen (27) van De Aar in die Noord-Kaap, ja­re ge­le­de haar le­we in die Kaap ver­loor het toe sy hier huis­hulp­werk kom doen het. Die laas­te keer wat hul­le haar le­wend ge­sien het, was d­rie jaar voor haar dood toe ’n taxi haar en nog mei­sies van om­lig­gen­de dor­pe kom op­laai het om in die Kaap te kom werk.

word UIT­GE­BUIT

As ’n plat­te­land­se mei­sie waar die geld­nood al­tyd druk, het Sie­na Dar­ries* (30) van die Oos-Kaap ge­voel sy het nie ’n an­der keu­se as om op 16 te be­gin huis­hulp­werk doen nie.

So, toe ’n taxi wat mei­sies kom soek het om in die Kaap te gaan werk, by hul dor­pie om­kom, het Sie­na saam met ’n klomp an­der mei­sies in­ge­klim. (’n An­tie op die dorp het hul­le ge­werf vir ’n do­mes­tic wor­kers a­gen­cy in Ry­lands in die Kaap).

Sie­na het eg­ter nie ge­weet wat op haar wag nie, want toe hul­le in die Kaap kom, was daar tus­sen 20 en 30 mei­sies en hul­le al­mal moes een ka­mer deel. Wan­neer po­ten­si­ë­le werk­ge­wers huis­hul­pe kom soek het, moes Sie­na-hul­le in ’n lyn staan waar­na hul­le deur­ge­kyk was; on­der­vra was en as jy ge­luk­kig was, het die werk­ge­wers ge­sê hul­le wil jou hê.

“Ek was ge­luk­kig, want ek was gou ge­kies. Die werk­ge­wer het daar­na die a­gen­cy R350 vir my be­taal en daai geld was aan die ein­de van die maand by my pay af­ge­trek. Jy kon niks sê daar­oor nie,” ver­tel Sie­na.

Haar eer­ste werk was in Ron­de­bosch in ’n vier­slaap­ka­mer­huis en sy het saam met ’n an­der mei­sie in­slaap­werk ge­doen. Wan­neer Sie­na se werk in die huis klaar was, moes sy ook in die werk­ge­wers se win­kel werk. Haar werks­dag was van 07:00 sog­gens tot 23:00 of soms twaalf­uur en sy het van Maan­dag tot Maan­dag ge­werk. Hul­le was ook nie toe­ge­laat om op hul tuis­dor­pe te gaan kui­er nie. Sie­na het t­wee jaar aan­een ge­werk voor­dat sy weer by die huis gaan kui­er het.

“Ek en die an­der mei­sie het la­ter ge­noeg ge­had en weg­ge­loop met net die kle­re aan ons lyf. Ons het te­rug na die a­gen­cy ge­gaan, maar toe het die werk­ge­wers hul­le reeds ge­bel en ge­sê ons het geld ge­steel,” ver­tel Sie­na.

Sy is te­rug Oos-Kaap toe, maar het weer te­rug­ge­keer Kaap toe en in on­der meer Lans­do­w­ne, Ry­lands, Botha­sig en Wood­stock ge­werk. In Wood­stock, waar sy nog ver­le­de jaar ge­werk het, mag nie­mand vir haar kom kui­er het nie en sy mag ook nie uit­ge­gaan het nie.

“Ek kon net een keer per maand huis toe gaan en moes van 04:00 tot 20:00 werk vir R1 600 per maand. My (Wood­stock-) werk­ge­wers was ook baie sui­nig met die kos. Toe ek swan­ger word, het hul­le ge­sê ek moet gaan,”sê Sie­na.

Sy sê sy weet die R1 600 wat sy laas ver­dien het is min, maar som­mi­ge werk­ge­wers steur hul­le nie aan die mi­ni­mum loon nie. Sy sê ook sy het nou haar eer­ste kind waar­voor sy moet sorg, so sy sal weer Kaap toe moet kom om te kom werk.

STEEDS HART­SEER

Dit lyk as­of Ka­tri­na Jan­sen (27) van De Aar in die Noord-Kaap haar­self in die vroeë 2000’s by die­self­de a­gent­skap be­vind het waar Sie­na was. Ka­tri­na kan eg­ter nie self haar sto­rie ver­tel nie, want sy is in 2004 dood aan­ge­tref by dié a­gent­skap se per­seel in Ry­lands in die Kaap.

Haar tan­nie Ri­ta Da­vids (62) ver­tel Ka­tri­na en haar sus­ter, Pien­kie, is saam uit De Aar weg met ’n taxi om in die Kaap te kom werk. Hul­le was by­na d­rie jaar weg toe Ri­ta-hul­le hoor Ka­tri­na is dood. Ri­ta en nog fa­mi­lie het Kaap toe ge­kom om Ka­tri­na se lyk te kom haal so­dat hul­le haar kan be­gra­we, maar die ei­e­naar van die a­gent­skap wou aan­vank­lik nie sê waar sy is nie.

Die po­li­sie het uit­ein­de­lik uit die ei­e­naar ge­kry dat Ka­tri­na se lyk in ’n lyks­huis lê.

“Die plek waar Ka­tri­na was, het soos ’n groot ga­ra­ge ge­lyk. Daar was ’n klomp mei­sies en daar het 20 li­ter em­mers ge­staan waar­in hul­le moes was. Toe ons Ka­tri­na in die lyks­huis gaan kyk, het sy so baie kle­re aan­ge­had – on­der meer ’n go­wn, sweet­pak en slip­pers – sy moes baie koud ge­kry het,”sê Ri­ta sag.

Tot van­dag praat Pien­kie nie oor wat pre­sies ge­beur het toe hul­le des­tyds in die Kaap kom werk het nie, sê Ri­ta.

“Baie men­se se mei­sie­kin­ders is daar­die tyd weg­ge­vat. Dalk is daar­bui­te nog­steeds van hier­die mei­sies wat nog nie kon vlug nie,”sê Ri­ta, wat steeds won­der hoe Ka­tri­na se laas­te dae was.

Die des­tyd­se minister van ar­beid het la­ter in­ge­gryp en die be­trok­ke a­gent­skap ge­dwing om sy deu­re te sluit.

STAAN OP VIR JOU­SELF

Glo­ria Ken­te (50), ’n huis­hulp van K­haye­lit­sha op die Kaap­se Vlak­te het vir ja­re haar mond ge­hou toe haar voor­ma­li­ge werk­ge­wer se boyf­riend, An­dré van Deventer (37), haar her­haal­de­lik die k-woord toe­ge­snou het. Maar in 2008 het sy ’n saak van

aan­ran­ding en cri­men in­ju­ria teen hom ge­maak.

Glo­ria het ne­ge jaar vir Ma­rie­chin Pie­naar in Ta­ble­view, Kaap­stad ge­werk en sê dit het voor An­dré op die to­neel ver­skyn het, goed ge­gaan tus­sen hul­le.

“Ons het ’n goeie ver­hou­ding ge­had en my werks­om­stan­dig­he­de was goed. Ek het in­ge­slaap daar en na haar kin­ders ook ge­kyk en dit was soos my huis weg van die huis af,”be­gin Glo­ria ver­tel. “Nie al­le werk­ge­wers is sleg nie.”

Din­ge het eg­ter ver­an­der toe An­dré in Sep­tem­ber 2006 by Ma­rie­chin in­ge­trek het en skaars t­wee we­ke la­ter het hy haar die k-woord be­gin toe­snou. (Glo­ria het in dié sta­di­um reeds t­wee jaar by Ma­rie­chin ge­werk).

“Dit was die eer­ste keer wat ie­mand my só ge­noem het. Ek het met hier­die voor­val ag­ter hom aan­ge­hard­loop om hom te kon­fron­teer en hy het net weer ge­sê,‘jy’s ’n k----r, Glo­ria!’Hy het my nooit om ver­sko­ning ge­vra nie en net ge­sê hy‘kan nie in die­self­de ver­trek as ’n k----r wees nie’,”sê sy steeds in on­ge­loof.

Die ver­ba­le mis­han­de­ling het voort­ge­duur en teen 2008 was Glo­ria keel­vol en het ’n saak teen An­dré ge­maak, waar­voor hy ’n R500-skuld­er­ken­nings­boe­te be­taal het.

“Ek het nie die wet ge­ken nie en het ge­voel as­of ek in die steek ge­laat is. Ek was die brood­win­ner en het geen keu­se ge­had as om voort te gaan met my werk on­der hier­die om­stan­dig­he­de nie. An­dré het vir my ge­sê daar sal niks van my saak kom nie,” sê Glo­ria voorts.

In 2013 het An­dré sy ver­ba­le aan­val­le op Glo­ria ver­der ge­vat toe hy haar aan­ge­rand en in haar ge­sig ge­spuug het.

“Hy het vir my ge­sê,‘ek hou nie van hier­die k----r nie’en ook ge­sê Ta­ta Ma­di­ba moet som­mer sterf in die hos­pi­taal. Ek het be­sef din­ge gaan ver­der en dit gaan nie meer net oor my nie. Ek het daar­die dag my deur toe­ge­maak en in my ka­mer ge­huil,”ver­tel Glo­ria, wat die vol­gen­de dag weer ’n saak teen An­dré ge­maak het.

Glo­ria het haar hof­saak teen An­dré ge­wen. Die ge­lyks­heids­hof in Kaap­stad het hom in Ok­to­ber 2014 be­veel om vir Glo­ria R50 000 in ska­de­ver­goe­ding te be­taal. En op 6 Fe­bru­a­rie van­jaar is hy tot t­wee jaar huis­ar­res ge­von­nis waar­ty­dens hy ook 70 ure ge­meen­skaps­diens met ’n mi­ni­mum van 16 ure per maand moet doen. Sy ge­meen­skaps­werk moet met swart vroue wees.

“Ek is trots om ’n Suid-A­fri­ka­ner te wees en te weet die wet werk. Ek wil vir huis­hul­pe sê tye het ver­an­der en jy moet op­staan vir jou­self. Ek weet ons dink daar­aan dat ons brood­win­ners is, maar wat sal ge­beur as jy siek raak soos wat ek siek ge­raak het oor wat by die werk aan­gaan? Wie gaan dan na jou kin­ders kyk?”sluit Glo­ria af.

Nel­lie van Zyl (54) van Eer­ste­ri­vier bui­te Kaap­stad, is nóg ’n huis­hulp wat op­ge­staan het vir haar­self. Nel­lie het vir vyf jaar by ’n skat­ryk sa­ke­man in Ban­try Bay in die Kaap ge­werk. Sy het ook in­ge­slaap en sê dis ’n“man­si­on”plus ’n kot­huis bui­te wat sy moes skoon­maak. Sy het t­wee skof­te ge­werk, van 07:00 tot 15:00 en weer van 17:30 tot 21:00, wan­neer haar werk­ge­wer ge­woon­lik gas­te ont­haal het. Sa­ter­dag­og­gend het sy tot 11:00 ge­werk, maar was nie be­taal hier­voor nie.

“Ek het tot 195 ure per maand ge­werk, maar nooit o­ver­ti­me ge­kry nie. My groot­ste grie­we was ook dat ek vyf maan­de moes wag vir my werks­kon­trak en ook hier­in was niks o­ver­ti­me ge­noem nie. Ek was ook ge­skok dat ek nie ’n pays­lip ge­kry het nie, ter­wyl hy die baas is van ’n groot maat­skap­py!”

Nel­lie ver­tel sy het haar pays­lip no­dig ge­had so­dat sy by die re­ge­ring kon aan­soek doen vir ’n HOP-huis, maar haar ver­soek het op do­we ore ge­val.

Sy het eg­ter nie ge­dink dat sy be­hal­we dít, nog met haar werk­ge­wer se ag­gres­sie­we seun (toe 48) ook moes de­al nie.

In A­pril 2014 het dié seun, wat in Aus­tra­lië bly, vir sy pa kom kui­er. Hy het een­dag na Nel­lie in die stryk­ka­mer ge­kom en haar daar­van be­skul­dig dat sy nie werk nie en die heel­tyd TV kyk (om­dat daar ’n TV in die ka­mer is en dit aan was).

Hul­le het hier­oor ge­stry waar­na hy vir Nel­lie tot in die kom­buis ge­volg het en“op my be­gin skreeu en my per­soon­li­ke spa­ce

Ek het nie die wet ge­ken nie en het ge­voel as­of ek in die steek ge­laat is. Ek was die e­nig­ste brood­win­ner en het geen keu­se ge­had as om voort te gaan nie.

Glo­ria Ken­te

bin­ne­ge­dring het”.

“Hy was bui­te hom­self en sy vrou moes hom kom stop. Hy het steeds aan­ge­gaan en my weg­ge­jaag. Ek het na my ka­mer ge­gaan en ge­huil. Ek het my goed ge­pak en ’n saak by die po­li­sie ge­maak. Toe ek my baas ver­tel wat ge­beur het, wou hy weet ‘hoe­kom kan my seun jou nie weg­jaag nie?’”

Nel­lie was ge­skok en het haar werk­ge­wer gaan aan­gee vir on­reg­ver­di­ge af­dan­king. Hy het haar toe d­rie maan­de se sa­la­ris be­taal. Die saak wat sy teen sy seun ge­maak het, vor­der eg­ter nie om­dat hy in Aus­tra­lië bly.

Sy het hier­na vir ’n an­der fa­mi­lie be­gin werk, maar haar nu­we werk­ge­wer het haar net een Son­dag ge­bel en ge­sê sy het my nie meer no­dig nie.

“In hier­die sta­di­um van my le­we is dit vir my hart­ver­skeu­rend en trau­ma­ties dat huis­wer­kers nie die­self­de reg­te ge­niet nie. My pa het op ’n plaas ge­werk en daar het ek ge­sien hoe men­se weg­ge­jaag word en ek kon nie glo men­se sien ons huis­wer­kers steeds nie as ’n reg­te wer­ker nie. Boon­op kry jy swaar werk in do­mes­ti­cs as jy bo 50 is,”voeg Nel­lie ont­steld by.

AN­DER WERK LEK­KER

Maar daar is ook men­se soos An­na­tjie S­tal­mees­ter* (40) van Wor­ces­ter wat se­dert sy 15 jaar ge­le­de huis­hulp­werk be­gin doen het, nog nie juis groot pro­ble­me met haar werk­ge­wers ge­had het nie.

An­na­tjie werk tans by ’n paar werk­ge­wers op ver­skil­len­de dae van die week en sê be­hal­we vir die een huis, waar haar baas haar nog wil laat voel“ek is die nôi en jy’s die wer­ker”, kan sy nie kla van haar werks­om­stan­dig­he­de nie.

Sy lag lek­ker wan­neer sy ver­tel by haar een werk­ge­wer stel dié vrou be­lang in haar as per­soon en wil al­tyd eers hê An­na­tjie moet ’n kop­pie kof­fie saam met haar ge­niet en ver­tel hoe dit gaan.

wat die KEN­NERS SÊ

Myrt­le Wit­booi, al­ge­me­ne sek­treta­ris van die South A­fri­can Do­mes­tic Ser­vi­ce and Al­lied Wor­kers’U­ni­on (Sad­sa­wu), meen die waar­de van die huis­hulp word steeds nie raak­ge­sien nie en uit hul on­kun­de bly huis­hul­pe vas­ge­vang in on­guns­ti­ge werks­om­stan­dig­he­de. “Die wet­te is won­der­lik, maar die taak wat ons het is om huis­wer­kers op te voed. Want wat be­te­ken hier­die wet­te as huis­wer­kers nie daar­van weet nie? Huis­wer­kers het van­dag ’n se­ke­re vry­heid, maar is dit ge­noeg? Daar is van­dag steeds baie van hul­le wat nie kan lees of skryf nie en nie die wet of hul reg­te ken nie,”sê Myrt­le, wat ja­re ge­le­de self ’n huis­hulp was.

Die an­der pro­ble­me is dat baie huis­hul­pe nie daar­aan glo om hul werk te“c­hop en chan­ge”nie en vas­klou daar­aan om­dat mi­gran­te van buur­lan­de baie keer die land on­wet­tig be­tree en be­reid is om vir baie min­der te werk, sê Myrt­le. Sy sê voorts daar is ook nog ge­val­le van in­ti­mi­da­sie en huis­hul­pe wat te min be­taal word.

Oor do­mes­tic a­gen­cies wat men­se kom soek vir werk, waar­sku Ka­te S­hutt­le­worth van die a­gent­skap Mar­vel­lous Maids in Kaap­stad, die ge­vaar­lig­te moet af­gaan wan­neer ’n a­gent­skap jou na­der.“Dit be­te­ken hul­le is hard-up vir men­se en dat jy dalk 24 uur per dag gaan werk en geen pri­vaat­heid gaan hê nie.”

Vol­gens die de­par­te­ment van ar­beid is daar tans on­ge­veer 750 000 ge­re­gis­treer­de huis­hul­pe in Suid-A­fri­ka, waar­van 451 000 vir UIF ge­re­gis­treer is. An­der me­di­a­be­rig­te oor huis­hul­pe dui eg­ter aan daar is on­ge­veer een mil­joen huis­wer­kers in die land.

Hoe­wel huis­hul­pe meestal des­pe­raat is vir hul werk, moet hul­le be­wus wees van hul reg­te, meen ken­ners.

S­haun Feld­man, ’n na­si­o­na­le woord­voer­der vir die de­par­te­ment van ar­beid, sê dis ver­plig­tend vir werk­ne­mers wat 24 uur of meer vir ’n werk­ge­wer werk om ’n kon­trak met die werk­ge­wer te sluit. Dit moet die vol­gen­de be­vat: aan­stel­lings­da­tum werk­plek en -tye pos­be­skry­wing en plig­te wat die werk­ne­mer gaan uit­voer

ken­nis­ge­wings­pe­ri­o­de wan­neer diens be­ëin­dig word loon­be­son­der­he­de e­tens­tye oor­tyd­be­ta­ling Son­dag­werk en be­ta­ling daar­voor o­pen­ba­re va­kan­sie­dae en be­ta­ling daar­voor jaar­lik­se en siek­ver­lof voor­sie­ning vir kraam- en ge­sins­ver­ant­woor­de­lik­heids­ver­lof e­ni­ge af­trek­kings Dan is daar ook die mi­ni­mum loon waar­aan werk­ge­wers moet vol­doen. Die minister van ar­beid het dit in No­vem­ber ver­le­de jaar ver­hoog na R2 065,47 per maand in groot me­tro­po­li­taan­se ge­bie­de en na R1 812,57 vir an­der ge­bie­de.

In­dien jy 27 ure of min­der per week werk, is die mi­ni­mum loon in groot me­tro­po­li­taan­se ge­bie­de R1 450,33 per maand en R1 284,09 in an­der ge­bie­de.

Die mi­ni­mum loon be­te­ken eg­ter nie werk­ge­wers wat hul huis­hul­pe meer as dit be­taal het, kan hul loon nou min­der maak nie, maan S­haun.

Hoe­wel daar huis­hul­pe is wat te bang is om te praat in­dien hul­le on­reg­ver­dig be­han­del word, blyk dit uit CCMA-re­kords daar is tog dui­sen­de wat hul reg­te op­eis.

Vol­gens Lau­ra M­se­me van die CCMA, het hul­le in 2014 al­te­saam 15 175 sa­ke uit die huis­werk­sek­tor ont­vang. Hier­die sa­ke sluit in on­reg­ver­di­ge ar­beids­prak­ty­ke en on­reg­ver­di­ge af­dan­kings. Van dié sa­ke was 13 910 on­reg­ver­di­ge af­dan­kings, waar­van 8 935 op­ge­los is.

Sy raai eg­ter huis­hul­pe aan om eers die saak met hul werk­ge­wer uit te sor­teer en as dit nie slaag nie om dan by die CCMA om hulp aan te klop. Co­sa­tu se To­ny Ehren­reich sê ook huis­hul­pe kan ook hul­le raad­pleeg in­dien hul­le pro­ble­me het.

Hoe­wel baie al reg­ge­kry is ten op­sig­te van huis­hul­pe se reg­te, sê Myrt­le die stryd is nog nie ver­by nie. Sy sou die mi­ni­mum loon nóg ho­ër wou hê en dat wer­kers ’n ver­goe­dings­fonds het.

In­tus­sen moet huis­hul­pe weet, daar ís reg­te wat hul­le be­skerm.

*Skuil­naam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.