Hal­lo Kui­er-men­se

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Hier­die is weer een van daar­die uit­ga­wes wat jou aan die bors gryp en jou nie gaan los voor jy nie deeg­lik ver­stan­de­lik en e­mo­si­o­neel ken­nis ge­neem het nie. Maar ek be­lo­we dis uit en uit die moei­te werd om aan el­ke blad­sy be­hoor­lik te her­kou, want dis voor­waar stof tot na­den­ke. Pas­toor Gra­ham kry som­mer ons aan­dag by die in­trap­slag met sy tref­fen­de bood­skap. Dit is so reg­uit en so waar. En bo­wen­al gee dit hoop, want dis wat ons in hier­die dae no­dig het. Baie dan­kie vir jou wy­se woor­de, pas­toor, want soos jy sê – jy het nie hier­die bood­skap toe­val­lig vir ons tyd­skrif ge­skryf nie. Maar daar is by my geen twy­fel dat jul­le die mees­te ge­raak gaan word deur die aan­gry­pen­de sto­rie van die se­we­ja­ri­ge Keisha Gys­man van Port Elizabeth nie (sien ook my bood­skap hier­naas). Geen mens (ver­al ou­er) kan help om ge­roer te word en saam met die ge­sin hart­seer te wees oor haar lot nie. Hier op kan­toor het dit die span ook net so swaar ge­tref na­dat Ernusta en Da­le met tra­ne in hul oë van haar ly­ding kom ver­tel het. Ek weet nie of dit din­ge er­ger maak dat sy op so ’n jong ou­der­dom op so ’n wre­de ma­nier deur kan­ker ge­tref is nie of dat nie­mand vroe­ër iets vir haar kon doen voor die groei­sel heel­te­mal haar be­staan oor­ge­neem het nie. Al wat ons weet, is dat sy on­draag­li­ke pyn ver­duur en ons nie­mand kan kry wat kan help nie. Dis wat vir my die erg­te is – die hul­pe­loos­heid, maar dan kom die ver­troos­ting: Waar die mens nie kan nie, kan God, daar­om bly ons bid­dend vir Keisha. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.