IN­SPI­RA­SIE: Vrou be­gin eie skool om Ma­nen­berg se ste­re­o­ti­pes af te breek

Kuier - - News -

Dit is eint­lik geen toe­val dat Ashra Nor­ton en Ma­nen­berg op die Kaap­se Vlak­te in die­self­de jaar (1966)“ge­bo­re”is nie, want haar hart klop vir dié plek en sy men­se.

En 30 jaar ge­le­de het sy dalk nie ge­droom om ’n skool oop te maak in die ge­meen­skap waar sy groot­ge­word het nie, maar diep bin­ne haar was daar ’n be­geer­te om ’n ver­skil te maak. En sy het.

Ashra het vyf jaar ge­le­de haar skool The Le­a­ders­hip Col­le­ge (TLC) be­gin om as­pi­rant-lei­ers in die ge­meen­skap ’n kans te gee om hul dro­me te ver­we­sen­lik. Sy wil hul­le ook leer om nooit op te gee nie, al raak dit hoe moei­lik.

Dis ’n dood­ge­wo­ne Maan­dag­og­gend by die skool in Ka­sou­ga­weg, Ma­nen­berg, bui­te Kaap­stad. Ma­nen­berg is al­tyd net in die nuus as daar ben­de­ge­weld is en TLC is een van die min sko­le in die ge­bied wat nie sluit as daar ’n skie­te­ry is nie.

Soos een man is al die leer­ders ge­klee in hul don­ker­blou bla­zers. Niks van hem­de wat uit­hang en as­vaal skool­skoe­ne son­der ve­ters nie.

Die skool het nie ’n se­ku­ri­teits­wag nie, maar die af­ge­lo­pe vyf jaar was daar nog nie een voor­val van van­da­lis­me nie. Die grond waar­op die skool van­dag staan, was eens die batt­le­field van die ge­har­de Hard Li­vings- en die A­me­ri­cans-ben­des (t­wee van die be­kend­ste en be­rug­ste ben­des op die Kaap­se Vlak­te). Van­dag is dit ’n plek waar toe­koms­ti­ge lei­ers ge­kweek en dro­me ge­bo­re word.

HOOF­FO­TO: Ashra

Nor­ton (49) het vas bly glo in haar droom om te­rug

te ploeg en ’n ver­skil te maak in Ma­nen­berg. BO: Van­dag staan sy aan die s­tuur van een van dié ge­bied se

spog­sko­le.

DEUR AMY JOHN­SON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.