Fa­ce­book

Kuier - - Kuierhoekie -

Kui­er, die Par­man­ti­ge Sa­ma­ri­taan ( 25 Maart 2015), was nou som­mer ’n lek­ker­lees-ver­haal. Ek het dit baie ge­niet!

AEESHA A­DOLF

Prag­ti­ge voor­blad op jul vo­ri­ge uit­ga­we! Ek is tans be­sig om el­ke blad­sy te ver­slind. Ons land het meer lei­ers soos Ashra (Ek leef my pas­sie, 25 Maart 2015) no­dig. Ashra, ek hoop jou skool gaan van krag tot krag. Doen so voort.

HAYLENE S­CHALK­WYK

Ek het so­pas my uit­ga­we van 25 Maart 2015 ont­vang. Za­ne Me­as met sy prag­ti­ge fa­mi­lie. Ons eie Ne­vil­le Meintjies.

A­ME­LIA HAM­MAN

Ek’s self ’n huis­hulp en werk al vir 15 jaar vir die­self­de fa­mi­lie, maar ek word met die groot­ste re­spek be­han­del (Stryd van die huis­hulp, 11 Maart 2015). Dan­kie en asseblief ont­breek nooit. Hul­le het my ge­help met my kin­ders se s­tu­dies, 21ste ver­jaar­dag­par­ty-tjies en baie meer. Ek is dank­baar vir die werk en die bo­nus aan die ein­de van die jaar en my ver­jaar­dag word nooit ver­geet nie. Vir my 10 jaar diens het ek’n Fos­sil­hor­lo­sie van R2 500 ge­kry. Ek is ’n trot­se huis­hulp.

RE­NE BAI­LEY-RO­BERT­SON

Ons het die vol­gen­de vraag op Fa­ce­book ge­vra: “Die By­bel sê jy moet jou va­der en jou moe­der eer. Hoe­kom dink jy is daar so ’n groot te­kort aan re­spek by van­dag se jeug?” Hier is van ons le­sers se ant­woor­de:

Wel, re­spek be­gin al­tyd by die huis. As jy jou ou­ers re­spek­teer, dan sal jy an­der ou­e­res ook re­spek­teer. En die ou­ers moet op­hou om van kleins af al ver­sko­ning te maak vir hul kin­ders se le­li­ke ge­drag. Hul­le lag dit af of sê, “Ag, hy is maar so,” wan­neer die kin­ders on­ge­skik is.

REBECCA RO­BYN

Op­voe­ding be­gin by die huis, cha­ri­ty be­gins at ho­me. Dis om­dat kin­ders nie meer pak kry en be­ris­pe word nie. Al­les is mos dees­dae fashi­on, le­li­ke ma­nie­re ook. Ou­ers wat nie meer om­gee wat van hul­le kin­ders word nie, want hul­le is te be­sig met hul eie din­ge. Huis­gods­diens word nie meer ge­hou nie, Son­dag­sko­le be­staan nie meer nie en kin­ders raak al hoe meer ver­waand en son­der ma­nie­re groot. En die ou­ers? Wel, hul­le dink dis cool.

SU­RI­TA RIF­FEL

Ek kan jou een ding ver­tel, ek was self ’n jong ma; ek het d­rie kin­ders ge­had toe was ek nog nie eens 21 jaar oud nie. Ek het my kin­ders streng op­ge­voed en hul­le weet ek re­spek­teer hul­le en so voed hul­le ook hul kin­ders op. So ek glo dis die ou­ers wat dit toe­laat. SU­SAN­NA KRU­GER

Dis ’n bo­se kring­loop. Die ou­ers was baie jonk toe hul­le kin­ders ge­kry het en nou wil hul­le saam met die kin­ders jonk wees. Al­les is aan­vaar­baar. Ons het die beste boek, die By­bel. Laat ons bid en nie bang wees om ons kin­ders te tug en te ver­maan as dit no­dig nie. YVONNE SWARTZ

Van­dag se kin­ders en die jeug word nie be­han­del soos ons des­tyds deur ons ou­ers be­han­del was nie. He­den­daag­se kin­ders wil hê die ou­ers moet aan hul­le on­der­da­nig wees. Ek voel dis om­dat ou­ers nie meer kan tug nie en selfs ook by die skool is die lyf­straf weg­ge­neem en nou gaan die jeug nie re­spek aan hul meer­de­re be­toon nie. Al wat ek daar­van kan sê, is dat my ko­ring nog gras­groen is en dat ek daai boom­pies sal buig soos wat my ou­ers my boom­pie ge­buig het.

CE­LES­TE ALT­HEA VAN WYK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.