SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Hoe­kom het die ont­voer­der nie ’n kind uit ’n wees­huis aan­ge­neem nie? (Nog lang pad vir Zep­ha­ny, 25 Maart 2015). Dan was daar mos nie nou so­veel op­slae nie. Het haar man dan ook nie on­raad ver­moed nie? Maar die oor­deel kom ons nie toe nie. Nou het die ge­reg Sa­lo­mo se wys­heid no­dig.

KATHLEEN PAUL­SE, RA­VENS­ME­AD

(Stryd van die huis­hulp, 11 Maart 2015): My huis­hulp het voor­heen vir ’n swart sa­ke­vrou ge­werk. Sy is on­reg­ver­dig af­ge­dank en het nooit haar laas­te maand se sa­la­ris ont­vang nie. Ek het haar CCMA toe ge­neem om ’n klag te gaan lê. Dis nou al ’n vol­le 12 maan­de la­ter en daar het nog net mooi NIKS van die saak ge­kom nie. Die voom­a­li­ge werk­ge­wer duck en di­ve net. Wat my vies maak is dat die swart werk­ge­wers weg­kom met sul­ke er­ge on­bil­li­ke prak­tyk, maar daar word al­tyd ’n voor­beeld van blan­ke werk­ge­wers ge­maak. Dít is on­reg­ver­dig.

HAN­NE­TJIE GA­W­LER, OOS-LON­DEN

Wat ’n puik tyd­skrif! Ek kan nie wag vir el­ke nu­we uit­ga­we nie. Die sto­ries wat ons daar­in lees, is din­ge wat ons daag­liks deur­maak. Ek haal my hoed af vir die Kui­er- span. Hou so aan!

AN­NE­LI­ZE DON­SON, KNYS­NA

Ek wil net aan Kui­er sê: Baie dan­kie vir my Six Sen­sa­ti­o­nal-ge­skenk­pak wat ek ge­wen het. Dis reeds in ge­bruik en dis fan­tas­ties! Dis nie som­mer al­dag dat so iets na my kant toe kom nie, so ek is om­trent op­ge­won­de daar­oor.

MA­RI­TA B­RITS, GOOD­WOOD

Ek is ’n blan­ke pen­si­oe­na­ris en koop Kui­er van die be­gin af. Ek lees hom deur al die hart­seer, deur die suk­ses en deur die ge­loof. Ek het ’n bruin vrien­din en al­hoe­wel sy swaar­kry, staan sy by haar ge­loof. Dis won­der­lik hoe jul­le me­kaar on­der­steun. Mag die Va­der jul­le al­mal ryk­lik se­ën en moet nooit op­hou glo nie. Sterk­te en ek dra jul­le op in my ge­be­de. M. BOOY­SEN,WIT­BANK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.