Qui­ches en sout­ter­te vir al­mal se smaak

Die lekkerte van ’n qui­che en ’n sout­tert is dat jy dit ewe mak­lik as ’n lig­te maal­tyd of as iet­sie sout by ’n tee­par­ty­tjie kan voor­sit. En dit wat oor­bly, bly die lek­ker­ste kos­blik-ver­ras­sing.

Kuier - - Inhoud - Deur Ka­ren Hart

SPEK-EN-UIE-MI­NI-QUICHIES

Le­wer 24 tert­jies BE­STAND­DE­LE

Vir die kors 1½ kop­pies koek­meel ’n Knip­pie sout 6 eet­le­pels bot­ter Ys­wa­ter

Vir die vul­sel ¾ kop­pie ched­dar­kaas, ge­ras­per 2 ei­ers, ge­klits ¾ kop­pie room 4 re­pies spek, in stuk­kies ge­sny en bros­ge­braai 3 eet­le­pels fyn­ge­kap­te ui ½ tee­le­pel mos­terd­poei­er

ME­TO­DE

Maak eers die kors: Sif die koek­meel en sout saam en vryf die bot­ter met jou vin­ger­pun­te in tot­dat dit soos grow­we mie­lie­meel lyk. Giet bie­tjies-bie­tjies ys­wa­ter by en meng tot­dat jy ’n sag­te han­teer­ba­re deeg het. Be­dek met kleef­plas­tiek en laat vir 30 mi­nu­te in die ys­kas rus. Rol 24 e­weg­root bol­le­tjies en druk elk­een mooi e­we­re­dig vas op die bo­dem en teen die kan­te van die ge­smeer­de hol­tes van t­wee 12-gat mi­ni-muf­fin­pan­ne­tjies om deeg­bak­kies te vorm. Maak die vul­sel: Meng al die be­stand­de­le vir die vul­sel en skep die deeg­hou­er­tjies ¾ vol met die vul­sel. Bak vir 8 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C. Ver­laag die hit­te tot 180°C en bak nog ’n ver­de­re 10 – 15 mi­nu­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.